
Oukersdag 2021. Bab en ek drink koffie op die stoep. Die stoute Watervalbende moet geskrop word vir die Kersfeesvieringe. Hulle baljaar so in die tuin en met hulle buurmaats, dis net spoeg en modder en klitse. My skoongeskropte matte krimp ineen as die spul deurgedraf kom. Dis net Rots en Bab en ekke saam hierdie jaar.
Hierdie jaar wat eintlik op 27 Maart 2020 begin het, en soomloos loop tot nou toe. Al vir 637 dae, 55 miljoen sekondes aanmekaar. Iewers ‘n ander Kersfees en Nuwejaar misgeloop. Meer of minder inperkings al wat verander. Dan mag jy, dan mag jy nie. Die pes het kom inloer en Bab was siek vir twee weke. Sy dra nou nog gevolge met moegheid en naels en hare wat bros is. Dis toe ook ‘n Covid-gevolg. Ons is almal ingeënt, glo dis waarom Rots en ek, met ‘n rits risikofaktore tussen ons, skotvry blues gekry het.
Ons het op ‘n stadium gewroeg omdat soveel om ons so swaar getref is. Bure wat familie verloor, naby familie in rou gedompel. Ons, ons bly steeds lekker op Waterval. Wat ons inboet is finansiële sekuriteit. Ons moet planne maak, spanning loop hoog en vir my man en kind word slaap hulle reddingsboei.
Ek het in Januarie vanjaar uit ‘n Munch-gil, zombiebestaan wakker geskrik, en ons draad kremetart krismisboom in ‘n bidboom omskep. Op 25 Januarie die eerste bidkers aangesteek. Ek het ‘n reddingsritueel vir my self en my mense geskep.
Die boom het my menigmaal gered van totale inploffing. Wat ook gebeur het is dat die brandende kers in my huis troos gebring het vir menige familielid, vriendin en selfs vreemdes, geënt of nie. Almal weet hulle word soggens met son opkom in stil prewelgebed opgedra aan ons Maker.
Ek bid vir uitkoms, veiligheid en net pleinweg moed om te oorleef. Die groot troos vir my, is dat ek niks hoef te sê nie, want daar waar vir altyd is, brand ‘n wierookbak- en al ons versugtinge, gesê en ongesê, beland daar. Blye versekering.
Ewenwel, terug by die hede. Ek sit nog so en koffie suig toe tref die mooie prentjie my. ‘n Ragfyn spinnekopdraad wat in die sonlig flonker. Mooi vas tussen twee poinsettia blare. Die sonlig reënboog oor die plant. Sommer net asemsnakkend mooi en ‘n warme vrede toe ek besef ons is so nietig en broos soos daai gereënboogde spindraad, maar wat seker is, is dat ons Skepper so teenwoordig by ons is soos die oggendson wat op dit skyn. My hart klop sommer lekker warm. Ek het op die oomblik maar ‘n stil, arms om die knieë, kop weggesteek gesprekmanier met my Pa.

In 2018 het ek ‘n Kersfees relaas oor poinsettias en ‘n liewenheerbesie neergepen.
“Poinsettias is ook bekend as die “Christmas Star” of “Christmas Flower” en is van Meksikaanse oorsprong. Daar is ‘n legende dat ‘n kindjie, met niks om te offer vir die Baba Jesus se geboortedag nie, langs die pad onkruid gepluk het. By die kerk het hy met kinderlike opregtheid by die altaar gekniel en die bossie neer gelê. Net daar, voor die verstomde gemeente se oë, vind ‘n wonderwerk plaas. Die bossie onkruid omvorm in die mooiste groen en bloedrooi blomme. Mag ons in kinderlike geloof ons bossies onkruid, ons alles wat ons het, voor God se voete neer kom lê, om die wonder van Sy liefde en Sy Raadsplan vir ons lewens, beleef. Nou hier waar die poinsettias nog vol in die blom staan en ook elke dag vorentoe.”
Die rooi en die groen van die poinsettia vertel vir my Christus is vir ons gebore om vir ons die vir altyd te kom gee. Ons groei gedoop in sy kruisbloed. Mag ons moedig voortgaan in die versekering.
So van moed gepraat. “When in doubt, do the courageous thing.” Dis een van my gunsteling Jan Smuts wyshede. Hy het ook oor Suid-Afrika gesê: “die ergste, net soos die beste gebeur nooit nie.” Ons ken van in hoekies geverf en op die krans se rand oorleef. Dit is vir my die veerkragtigheid uniek aan Suid-Afrikaans wees. Maar ai, dat ons altyd met soveel woede en stres en seer moet lewe.
My Kersfeeswens en Nuwejaar gebed is dat ons land hier onder die Afrika son begin streef na beter. Dat ons Jan Smuts se opsomming van Mzanzi kan verander. Ek bid dat ons gesondheid en vrede en groei kan beleef. Dat ons moedig sal bly in twyfel tye. Hier op dag 637 van die pestyd en die toekoms in.
Seënwense vir ieder en elk van julle wat hier kom lees en gesels.
Ek waardeer julle.
Ek is baie lief vir poinsettias, maar het jare laas een in die tuin of in ‘n pot gehad. Joune is pragtige. Dankie vir die lieflike wense, vir jou bidkers en jou vriendskap. Beste wense ook vir jou en jou gesinnetjie in hierdie feestyd en vir die Nuwe Jaar, en natuurlik ook vir die verjaardag op Oujaarsaand.
LikeLiked by 1 person
Dankie Hester. Sommer vir alles.
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n besonderse foto. Dankie vir die bid kers wat ook al vir my gebrand het. Vir jou gewilligheid om dinge ongesê ook in daai bak daarbo te gaan neerlê. Selfs in tye wat jy dit self nodig het. Jy is ‘n kosbare omgee mens wat ek bevoorreg is om te ken. Dit is ‘n hoop om eendag saam langs jou voor die bid kers te staan en saam iets in Die Bak neer te sit. Mag julle vrede en rus beleef nou en vorentoe. Dankie vir jou
LikeLiked by 1 person
Liewe Bondels, dankie vir jou omgee en by staan, en die bedes vir my uit jou hart. Lekker rus en veilig wees.
LikeLike
Vuurtjie toe lockdown destyds begin het, het jy na my uitgereik met diepe omgee wat ek nooit sal vergeet nie. Van toe af was jy gereeld met opregte omgee in my gebede in gevleg. Dit sal altyd so wees
LikeLiked by 1 person
Dankie vir al die grepies uit jou lewe wat ek deur die jaar kon geniet.
LikeLiked by 1 person
Seënwense en allesbeste. Groot dankie dat jy kom kuier.
LikeLike
Ek mis nie een lekkervurigeaffêre nie
LikeLiked by 1 person
Sjoekran. Trammakassie. Dankie.🙏
LikeLike
🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die aangrypende beeld van daardie wierookbak – jy skryf my skoon in bewoënheid in 🌲 Geseënde Kersfees vir die Watervalbende!
LikeLiked by 1 person
Liewe grasievolle Frannie. Seënwense en baie, baie dank dat jy steefs kom kuier. Ek put soveel uit jou in die oomblikke. 🌲🌲
LikeLiked by 1 person
Daardie spinnekopdraad tussen die lieflike poinsettia blomme – dis pragtig! Dankie vir jou mooi woorde – dit bring ‘n ongekende rustigheid oor my. Geseende Kersfees vir jou en jou mense … mag blydskap en vrede julle omarm 🎄.
LikeLiked by 1 person
Dankie, my avonturier blogmater. Vir julle ook daai mooi wens.🌲💝
LikeLiked by 1 person
In ‘n huis met geen ander goggas nie is dit die toonbeeld van moed en hoop en vertroue! Mag ons ook so na die nou en morê in ons lewens kyk. Beste seënwense vir my ander broer en suster en dogter!
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Gattie. Die klokkies met jou naam op hang mooi en speel vrolik in die bries. Liefdegroete en net soveel seën vir jou en jou geliefdes.
LikeLike
Jy leef met soveel mooi geloof. Mag die Here elke wierrook gebed wonderbaarlik beantwoord
LikeLiked by 1 person
Dis doringdraad seer. Die opstuur van gebede, as jy nie weet of dit saak maak nie. Die hoop beskaam nie, Seënwense vir jou en jou geliefdes
LikeLike
Ek raak toe nou sommer bewoë met die lees van die stuk. Jy is gedurig in my gedagtes en dankie vir al die ondersteuning wat jy so mildelik aan my bied. Ek doen lankal nie meer regtige Kersfees nie. Dis vir my n Heilige tyd. Tog maak dit my baie hartseer om te weet van so baie swaarkry tye en dinge om my. Ek mis my Afrikaanse kerstyd. Tog is ek bly en dankbaar vir alles waarvoor ek gespaar gebly het deur die jare. Seënwense vir julle drie en die hondebende. Nogmaals dankie vir jou omgee.
LikeLiked by 1 person
Ons is ook op Kersfees mensstyl se ligte weergawe. Dis Jesus se dag, nie ons s’n nie. Liefdegroete en dis ‘n voorreg om jou mater te wees. Jy beteken vir my net so baie. 🌲💝
LikeLiked by 1 person
Interessante skrywe en pragtige foto’s. Is dit alles joune? Dankie vir die steun met die Beatles. Aardig om te dink: dis meer as vyftig jaar gelede! – groetnis, willem
LikeLiked by 1 person
Dankie Willem. Die foto’s is deur my geneem. Wat die Beatles betref, reken ek hulle was meesters. Die tyd wat so verloop is erg nè. Groetnis
LikeLike
Pragtige woorde, pragtige gedagtes vir ‘367’. Soos ‘n balsem vir my. En dankie vir die steun met ‘Woman’. Dit is die moeite werd om dit te besit. – groetnis, willem
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die steun met “Fanatisme”. Altyd waardeer! – groetnis, willem
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die steun met ‘Verhoudings’ – groetnis, willem
LikeLiked by 1 person
👋📝👌
LikeLike