
Genugtig. Wat ‘n verassing is Hester se olel oor spelreëls. Ek dag ons gaan warrel oor krismis en hoop of ‘n interessante woord of twee. Daar haal sy my kinderlike verwagting van ‘n hoë plek af en plak my grondlangs neer. Soos ‘n pornoster wie se rakleeftyd verspeel is. Ek laaik om moerby te speel met my Afrikaans. Jy weet, sommer lukraak en spontaan eie skeppinge aanmekaar (of is dit nou aan mekaar) te flans.
Grappies op ‘n stokkie. Hierdie is nie kremasie praatjies nie, en nee, ‘n pornoster is nie familie van ‘n renoster nie!
Kom ek begin oor.
Genugtig! Wat ‘n verrassing is Hester se tirade oor spelreëls. Ek het gedink ons gaan vandeesweek #woordwarrel oor die feestyd en miskien oor die toekoms hoop, of vir oulaas ‘n interessante woord as inspirasievonk kry. Maar nee, vriendin Hester toets weer grense soos altyd. Sy sukkel nie met spookasem sakies nie. (Haal asem Hester, ek terg net, want ek mag.)
Ek wou net illustreer dat spelreëls en ‘n vorm van standaardisering noodsaaklik is, sodat ons mekaar duidelik kan verstaan. Wat ek wou sê is dat Hester se spelreël woordwarrel my verras het. Sy het my hoë verwagtinge oor vrolike warrels grond toe gebring. Sy het my kinderlike hoë verwagtinge grondwaarts gekeer. Net soos ‘n ou porno-ster sypaadjie langs gesmyt.
Ek gooi graag (moer +by) woorde saam, dis hoe ek Afrikaans praat, en uiteraard slaan my praat deur in my skryfwerk, maar korrekte spelling is noodsaaklik. Koppelteken op die regte plek, korrekte hoeveelheid klinkers, korrekte medeklinkers nog meer so.
Spelery met woorde, en die invloed van mens se omtes gee kleur en dinamika aan taal. Ek is dol op annerlike Afrikaans, streektaal en ook nuutskeppinge. Ek dink dit is hoe ‘n taal geliefd, lewend en altyd vernuwend bly.
Hier in Polokwane omgewing is daar woordgebruik wat kostelik is. Die mense hier rond het nogal ‘n Savannah-droë sin vir humor:
- Daai manne met die über-laag oopgeknoopte hemde wat die borshare en tepels skaars bedek, sal hier so beskrywe word: “Tag, Hannes gaan vandag weer die katjies laat drink.”
- ‘n Spandabele vrou word ‘n deursleep genoem. Nie ‘n deurtrekker nie, sies man!
- Daai lang, slungerige outjies wat so in die straat rond flenter met hulle broeke om die knieë word hier ‘n lenter genoem. Lekker woord.
- Dan my gunsteling: Ouers wat om die beurt by hulle kinders inwoon en geen huis van hulle eie meer besit nie, kuierwoon.
Maar dis nie waaroor ons moet warrel nie, malmaak spelling en al die triljoen reëls, dis wat op die brein moet wees. Laat ek op die spoor terugkom voor Hester en ander maats my agter die oor bykom. Dit kan net almiskie seerder wees as daai blessitse pyn waardeur mense my sit met waardeer se verkragting. Ek raak ook heel skuins as mense, veral nuuslesers, nie moeite doen om hulle voor die nuus lees sessie te vergewis van die korrekte uitspraak van woorde, veral dorpe en lande, nie.
Daar is oulike hulpbronne oral beskikbaar. My vriendin Google-Ina het die Byl van Viva, Sophia Kapp se oulike blog aanbeveel. Tik in die soek blokkie op Google: Afrikaanse spelfoute.
Die AWS is en bly die bron om enige vertwyfeling uit die weg te ruim. Ek is bevoorreg om deur Pharos-aanlyn toegang tot talle taalhulpbronne te hê, maar mens bly maar mens en foutjies glip deur, veral as mens na die qwertybord kyk en nie so nou en dan die oge oor die skerm gly voor jy die stuurknoppie druk nie!
Arrie-warrie. My spelling woordwarrel is uit. Hoop nie ek het te veel reëls oortree nie!
Onthou asseblief om nie 2022 as jou jaar te eis nie. Jy het mos nou gesien wat hoopvolheid oor 2021 ons in die sak gebring het. Bokkerôl en verdrietigheid. Loop die nuwe jaar handjies agter die rug soos ‘n soet kind, tjoepstil en waaksaam binne , en moet tog aan niks raak nie! Onthou om reg te spel my pêl.
Groetnis en allesbeste.
Hierdie uitdaging is die laaste aflewering in hierdie reeks vir 2021. Ons gaan ‘n blaaskansie vat oor die feesdae en sal weer hervat in die 2de week van Januarie 2022.
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laat waai en geniet dit.
The post Woordwarrel: 10 Des 2021-spelreëls wat my mal maak appeared first on Dis Ekke.
🤣 daai pornoster gooi my elke keer, maar eintlik giggel ek nou oor Hannes se oopgeknoopte hemp – ek het ‘n broertjie dood aan harige borskaste wat versier is met ‘n goue ketting en dan so blootgestel word in die openbaar. Kyk, ek hou nogal van borshare, maar so ‘n bietjie “manscaping” won’t go amiss. Dankie vir die verwysing na Sophia se blog
LikeLiked by 2 people
Dis ‘n grilspul sulke borskaste…
LikeLiked by 1 person
Is dit pornóster of pornostêr? Ek is totaal uit wans uit met dié een!🤣🤣
LikeLiked by 3 people
Die koppelteken makeer….dis porno-ster. Jou opsies sal afhang of mens Káápstad of Prôtoria praat.🤣🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Og ek is nader aan Pretôria!😄
LikeLiked by 1 person
Sien jy hoe spelling en praat maak. Bwahaha!
LikeLiked by 1 person
porno-stêr
LikeLiked by 2 people
Djy is outentiek Noordkaaps. Stêr, stêrre, porno-stêr.😉
LikeLiked by 1 person
En dan is daar stêre wat nie lig maak nie 😁
LikeLiked by 1 person
Soos kleiosse se gatte.🤣🤣
LikeLiked by 2 people
Kleiosse onder meer, ja. Ek en Karen het nou West Side Story gesit en kyk op Netflix (of Showmax) en haar enigste kommentaar – “hier is ‘n paar mooi stêre wat hier ronddans”.
LikeLiked by 1 person
Bruce Springsteen se stêrre op die ‘Born in the USA’ album is die mooiste ooit.
LikeLike
Nee man, daai buns sit dan nie eens die jeans vol nie.
LikeLike
Jinne, wanneer laas het jy na daai omslag gekyk? Ek moet bely, ek het die mooiste foto van Pierre de Charmoy se stêrre, by Bethal skou geneem. Mooi boudjies is net mooi. Dis in die wegstap Sug.😉
LikeLiked by 1 person
Mmm, dis die enigste rede hoekom ek ooit krieket gekyk het 🤣
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Ek het gedink dis een of ander renostertipe!!😜
LikeLiked by 2 people
Grapjas. 🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Nee regtig! Wys julle hoe ver heen ek is!! Ek het nie eers aan porno gedink nie… ek het nie ‘n natuurlike “evil mind” nie. … sê sy wat baie stout kan wees.🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Jy laat my skater. Hier by my is net sulke stouters.
LikeLiked by 1 person
Por- noster
LikeLike
Eish! Dit wys jou net watter misverstande kan ontstaan as jy die standaardspelreël om woorde vas te skryf konsekwent volg. Daar is altyd uitsonderings op die reël.
LikeLiked by 2 people
Hierdie een het my regtig gegooi, want ek het regtig gedink daar is ‘n tipe renoster wat por… wat dit ookal kan beteken.😂😂Nee nou ruk ek heeltemal die por onder die noster uit!!
LikeLiked by 2 people
🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
🤣😂
LikeLiked by 1 person
Wow, ek double like die post. Ek het voorheen ‘n blog gehad, maar toe was my tyd te min en ek het dit gelos. Nou het besluit om weer die stokperdjie aan te pak, ek het darem op skool heel goed gevaar met my skryfstukke en erkennings gekry. Soms het gedigte in koerantjie en briewe in tydskrifte verskyn. Wat, ek wel agterkom, is dat waar ek eenmaal op skool 100% vir Afrikaans gekry het, ek nou na al die lange jare van nie meer in die skool wees nie, sukkel met plasings van leestekens, 1 of 2 woorde ens. Wel, ek mix ook my taal en maak my eie lekkerklink woorde op. Kyk maar in bekende skrywers se boeke wat hulle aanvang, dit werk tog, want hulle verkoop baie boeke. Ek lees tans weer Riana Scheepers se boek, “Katriena, vertel!” en sy praat mix tale ens soos wat haar karakter se taal is. Ek dink dit lees dalk lekkerder en makliker soms as die hoogdrawende woorde. Daar is ook blyk vir hoogdrawende tale, maar gun elke diertjie sy plesiertjie. Skryf voort, suster, skryf voort.
LikeLiked by 2 people
Dankie Daisy. Ek het deur so doldrum gegaan, maar ek reken so ook meeste mense danksy die blerrie virus. Back at you ala Ellen de G. Skrywe fluks. Groetnis. Dankie vir die inloer en gesels
LikeLiked by 1 person
Ek sien jy het daar by my blog ook gekuier. Ek gaan jou volg. Sal lekker wees om iemand nuut te lees.
LikeLiked by 2 people
Dankie perdebytjie, vlieg gerus verby. Jy is baie welkom.
LikeLiked by 1 person
Ek waardeur jou skrywe, liewe Erna!😂😂
LikeLiked by 1 person
Eina, daai gaan dwarsdeur.
LikeLiked by 1 person
Hehe, wou bietjie jou been trek🤣🤣Pragtig gewarrel soos net jy kan!
LikeLiked by 1 person
Dankie, terggees.. Ons mag gelukkig mekaar terg. Hester het met ‘n raakboor warrel ons jaar tot ‘n end gebring.
LikeLiked by 1 person
Ek is net jammer my kop is so suf dat ek nie wil saamwarrel nie. My kinders se stories het my so lam gemaak, dat ek nou aan woordeloosheid ly.
LikeLiked by 1 person
Vat ‘n blaaskans mater. Soek mooi foto’s uit en maak vir ons ‘n gunsteling kieke krismisblog. 💖🌻
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie plan. Hou hierdie spasie dop( anglisisme??!!)
LikeLike
🤣🤣🤣👆
LikeLiked by 1 person
😉😂😂😂🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Lekker vurige en gesellige skryfsel waarmee jy afgesluit het. Ek het myne geskryf voordat ek hier gelees het en dink dis te hoogdrawend en droog om te plaas. Tog hoekom nie? Mens mag mos maar. Jy moet ‘n lekker “ruskansie” hê. Volgende jaar bring weer nuwe dinge.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, wat is ‘n wêreld nou sonder verskeidenheid. Natuurlik is jou invalshoek van belang. Jy verryk my lewe. Ons neem almal ‘n warrelvakansie. Sal seker nog gewone blog relase plaas en kuier. Liefdegroete.
LikeLike
Het toe maar my stoute skoene aangetrek en geplaas. Lekker bly, my Sondag lê al op sy rug.
LikeLiked by 1 person
My Sondag het pas met roospienk lig begin, en kankoffie.
LikeLike
Heerlik, ruik omtrent die koffie hier. Ons het net reën en reën en nogmaals reën. Ongewoon vir hierdie tyd van die jaar. Die appelkose begin mooi wangetjies kry maar nou met al die nattigheid en wind weet ek nie of daar veel van gaan kom nie. Geniet jou koffie.
LikeLiked by 1 person
Sjoe sjoe, jy skitter alweer!! Ek moet sê alhoewel julle mens inspireer om te wil beter Afrikaans skryf, voel dit soms of alle spel en taal reëls my brein verlaat het…
LikeLiked by 1 person
Bondels, dankie. ‘n Goeie speltoetser en bronne via Google-Ina is vir my van baie waarde. My haastige gekrabbel moet immer nagegaan word. Jy is nie so alleen as wat jy dink nie.📝😘
LikeLike
Die aanmerkings hier het my nou so lekker laat lag. Dankie julle het my dag opgekikker!🐸🐸Paddaprentjies, want kikvors is padda in Nederlands… so hy kik… skop… kikker my dag op. Ek is seker julle weet dit reeds. Net ingeval nie, gee ek nou hierdie ellelange uitleg.
LikeLiked by 2 people
Kikvorse, pornosters…klink of ons ‘n Narnia fantasie kan skrywe….📝🤣🙃
LikeLiked by 1 person
Nee, wag Narnia is nie die ene nie, eerder woes soos GOT…🤣🤣🤣
LikeLike
Ken ook kivors. Moet nou eers vertel. My skooldae is versuur deur ‘n seuntjie wat gevloek en geskel. Eendag skree ek vir hom: Jy’s n Poelpetater. Hy was tjoepstil want dit was n vloekwoord wat hy nie geken het nie, haha. Is naam vir tarrentaal in Nedrelands.
LikeLiked by 2 people
Kostelik. En hier begin ‘n storie…Eendag was daar ‘n kikvors, poelpetater, pornoster en ‘n nimmersat…🤣🤣🤣
LikeLike
Nou toe dis beslis n storie wat moet gebeur
LikeLiked by 1 person
Dis kostelik en klink soos ‘n vloekwoord!
LikeLike
Dis hoekom ek sê dit tref ook vol soos ‘n vloekwoord. Ou het ons toe uitgelos.
LikeLiked by 2 people