Hier is dit alweer #Woordwarrel dag. Bietjie na 12h00, sê dankie vir Eskom.
Vandeesweek speel ons letterkeer. Letterkeer of anagram, en soms wisselvorm verduidelik Mielistronk op Wikipedia ” is ‘n woord of sin, gevorm uit die letters van ‘n ander woord of ‘n ander sin, maar in ‘n ander volgorde. Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie. Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem gebruik.”
Voorbeelde van anagramme
Raasbek – Abaresk
Demensie- Endemies
Subtiel – Besluit
Bloemis – Simbole
Boepens – Sopbeen
Bron: Huisgenoot
Rapport se blokraaiselmakers is baie lief om anagramme as leidrade aan te bied. Hier kry jy dikwels :
leer – reel
geld – delg
deel – leed, ensovoorts.
Litnet bied op hulle webwerf vir skoliere oulike anagram raaisels aan. Hulle verduidelik anagramme se gebruik as volg:
• Om (die letters van ‘n teks) in ‘n geheime boodskap te vorm deur dit te herrangskik.
• Om (die letters van ‘n teks) te herrangskik om ‘n geheime boodskap te ontdek.
• Die opmaak van anagramme is ‘n gewilde woordspeletjie waarin die spelers woorde
bou deur letters om te skakel en dikwels by te voeg.
• Anagramme word ook dikwels as ‘n pseudoniem (skuilnaam) gebruik.
• Die rederykers (lede van ‘n diggenootskap in Nederland) het graag ‘n anagram van hul
naam as sinspreuk gebruik.
Bron: Litnet

Ons gaan tipies van #Woordwarrel nie net anagramme uit een woord saamstel nie.
Ons gaan om die rits woorde wat uit die een woord ontspring, ‘n storie skrywe.
Die woord: SWARTSKAAP
Ek help met ‘n paar woorde om jou warrel aan die gang te kry. Daar is meer as twintig moontlike woorde:
swaar
aap
arts
kwarts
Gaan jy nou verder en loop met jou #woordwarrel waar die muse jou ookal lei. Lekker skrywe en dankie vir jou deelname.
Vriendelike groete
Rare Name (Anagram vir Erna Maré, met so bietjie liksens)
———————————————–
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laai waai en geniet dit.
Die plasing Woordwarrel Inspirasievonk 18 November 2021 het eerste verskyn in die blog Lekkervurigeaffere. Gaan skakel jou #Woordwarrel in die kommentare.
Haha, ek laaik hierdie een. Ek speel graag met woorde, maar moet byvoeg dat die Afrikaanse taal my brein kan knoop met sulke verbuigings.
LikeLiked by 1 person
Lekker speel.
LikeLiked by 1 person
Sjoooooeeeeeee, hierdie is ‘n kop kapper vir my.
LikeLiked by 1 person
Nee, speel net….jy sal verbaas wees as jy swartskaap uit mekaar haal…dis klomp lekker woorde.
LikeLike
Wel jy het al klaar krapper uitmekaar gehaal deur kapper te tik. Kopkapper; alternatief vir haarkapper. Maar met my druppels Franse bloed is dit sommer ook ‘n nuutskepping vir die persoon wat die guillotine tydens die Franse Rewolusie bedryf het… Doller as kop af kan dit nie gaan nie. Ek sit my kop op ‘n blok dat jy die swartskaap sal kan dissekteer en dan weer in ‘n storie aanmekaar ryg. Jou kans om ‘n chirurg (arts) te wees. Doen ‘n kop-oorplanting! Hello Bondels
LikeLiked by 3 people
Hallo Abrie!!! Jinne di goed om van jou te hoor
LikeLike
Wena! Kom #woordwarrel jy hier soos ‘n Tasmaanse duiwel oor krapperkapperkoppery. Jy is soos ‘n welkome bries op ‘n verlate, snikhete dag. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Ek buig laag in erkentlikheid voor jou bries brose woorde.
LikeLiked by 1 person
My taak is in
LikeLiked by 2 people
Dankie Kameel. Ek kommentaar op jou blog. Lekker skryfsel. #Woordwarrel.
LikeLike
Joe, hierdie is omtrent ‘n krapkopper!
LikeLiked by 1 person
Julle sal maak dat ek loop soek na ‘n kopkapper. Julle krapkoppery laat my voel soos ‘n swartskaap genaamd Rare Name. Hehe. Gaan #woordwarrel liewe Perdebytjie…ek sien uit.
LikeLiked by 1 person
Ek wil, maar tans is my kop dodelik dof. Sal vannag in my drome skartswaap woorde rawwel en môre probeer.😁😀
LikeLiked by 1 person
Notaboek onder die kussing. O, en ‘ griffelding
LikeLiked by 1 person
https://perdebytjie.wordpress.com/2021/11/20/woordwarrelafrikaans-3/
LikeLiked by 1 person
https://lekkervurigeaffereblog.wordpress.com/2021/11/21/woordwarrel-oor-swartskaap-op-aaptwak/
LikeLike
Hier land myne ook in jou bus. https://kreuk-els.com/2021/11/22/woordwarrel-letterkeer/
LikeLike