
Wie lag nie lekker vir Oubaas (Pierre van Pletzen) van 7eLaan faam se koddige praatmaniere nie. Hy pleeg malapropisme.
Malapropisme se amptelike definisie lui so:”die verkeerde en deurmekaar gebruik van lang woorde om te beïndruk. Alhoewel hierdie woorde byna reg klink, is hulle verkeerd genoeg om humoristies te wees.”
Dis ‘n vreeslike woord en klink vir my eerder na ‘n baie eina aandoening wat toegestop word. (Malaise+Prop, verstaan jy?) Ek gaan liefs praat van oubaasisme. Julle sal dan presies weet wat ek bedoel.
As Oubaas eers vertel hoe water sy lippe vir Hildatjie se kospleegsels, of hoe die polisie ‘n kondoom om die Deli getrek het en die skarminkels in ‘n lokval verlei, lag ek my uitasem.
Oubaasismes is nie tot ‘n geliefde karakter beperk nie.
Daai Trumpie van die VSA het danksy dom, vet vingers op die fountjie se qwerty ‘n nuwe woord geskep. Onthou julle sy “cofefe” twiet in 2017 wat eintlik ‘coverage’ moes lees. Wel, cofefe, aldus Viva se blogs het ‘n überwoord geword. ‘n Woord wat alles en niks tegelyk beteken. Dit pas nogal by die ekspres. Malaopropis, hy.
‘n Woordflater van ‘n studentemaat laat my vandag nog lag dat die trane krul. Dis al meer as veertig jaar gelede.
Vyf van ons is hard aan die studeer. Vier is met Bybelkunde besig en ekke het my neus in my kriminologie notas.
Die stilte word verbreek toe die kloosterkoekie onder ons klomp, sy was waarlik baie naïef, uitroep:”Julle, ek het nie geweet daar is ‘n kerk vir vrouens wat vir mekaar lief is nie!”
Ons almal vra gelyk:”Wat? Vertel, vertel.”
Sy sê baie trots:”Dis presbeteriaans.”
Ons kon nie verder swot nie.
Hoop jy is al gekalmeer, liewe leser. Kom ons gaan verder met Oubaas se oubaasismes.
Uit ‘n Sarie van so paar jaar gelede kry ek die lysie juwele:
- Die sooibrand steek my weer dwars in die krop.
- Ek is amptelik afgevaardig om die kookkompetisie te veroordeel
- Die mense het my gevleuelde woorde so waardeer, hulle het my ‘n staande ovulasie gegee.
- Ek gaan weer my lippe afkou.
Hygend, ek giggel tewyl ek skrywe.
Die beste oubaasisme vind ek in ‘n geskriffie oor Graad 5 eksamen flaters: ‘n Toekoek is ‘n voël wat nie haar eie eiers kan lê nie.
Nou ja toe. Hou op lag of jou kredietlimiet verhoog is. Haal asem.
NS. Ek het maar liefs nie my Bladsy 30 aanhaling benut nie. Dit was uit die omstrede”Boetman is die bliksem” brief .” Verkeerde tyd vir politieks. Netnou word ek met wokeisme gebliksem.
___________________________________________________________________________________________________
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laai waai en geniet dit.
Die plasing Woordwarrel: Donderdag inspirasievonk 21 Okt 2021 het eerste verskyn in die blog Lekkervurigeaffere. Gaan skakel jou #Woordwarrel in die kommentare.
Grote genade wat n woord. Jy het my nou heerlik laat ontspan met al die kostelike segoed. Daardie oubaasismes is heerlike ontspannig.
LikeLiked by 1 person
Bly as ek ‘n glimlag veroorsaak het.
LikeLiked by 1 person
Gedagtig aan ons polisie is die “kondoom trek” dalk nie ‘n oubaasisme nie.
LikeLiked by 2 people
Bwaha…
LikeLike
vuurklip is nie ‘n anony mous nie – al sê wordpress so.
LikeLiked by 1 person
Ek het so geraai, die taalgebruik het Vuurklipperig gelees.😉
LikeLike
Heerlik gelag, Erna! Ek dink ook aan die een… mennestrasie ( menstruasie) My skoonma het baie sulke woorde gehad.
‘n Engelse een wat my ma nog in haar onderwysdae in ‘n vraestel gevind het: Snoddrils vir nostrils. Ons familie praat vandag nog van ons snoddrils.
Heerlike skryfsel, soos net jy kan.
LikeLiked by 1 person
Bwaha, Snodgrass gaan my bybly soos ons gesin se bokswoord vir doof.
LikeLiked by 1 person
Snoddrils,😂😂
LikeLiked by 1 person
Ag, f….en autocorrect
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Dit was nou lekkerlees en lekkerlag, maatjie. Laat my dink aan my swotdae toe ek vir die eindeksamen ‘n stuk Latyn moes vertaal in Afrikaans. My Afrikaanse vertaling het uitgebrei oor die vrou wat geboorte geskenk het in die see; die Latynse stuk het gegaan oor die eienaarskap van ‘n eiland wat in die see ontstaan het. Natus het my laat struikel.
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣 Hester, lekker laat jý my lag. Bly ek het jou Saterdag opgekikker. Ek wag hygend….hehe
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣🤣Dis n sonde.
LikeLiked by 1 person
Wena! Bly as dit jou laat lag, sonde en al. 😉
LikeLiked by 1 person
Bhahahaaaa, Kostelik. Ek het nou geniet….. En almal se kommentaar 🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Dankie Bondels!
LikeLike
Woordflaters 😂😂😂😂
Dis soos die baie onskuldige meisietjie wat op trou gestaan het. “Waarheen gaan julle vir julle wittebrood?” vra ons. Heel onskuldig sê sy “Andermansetottie toe” Tot vandag noem ons Amanzimtoti so.
LikeLiked by 1 person
🤣🤣🤣🤣🤣🤣, laat jy my amper my tanne uitspoeg soos ek lag. Ek het vet pretty met die flaters gehad. Dankie dat jy kom kuier.
LikeLiked by 1 person
Konnie op ‘n isme woord kom wat my nie onder sy knieg…. sê mens knieg? gehad het nie. Geniet maar julle halssnoermense se woorde.
LikeLike
Jy het het elders mooi snoere vir jou Camilla se gelukkige einde geskrywe. Romantisisme.😉
LikeLiked by 1 person
Dis nou ‘n mooi woord ❤ Romantisme. Ja nou is Lorenzo en Camilla getroud en die boek word toegemaak. Ek raak sommer de vieste in as ‘n boek nïe mooi eindig nie.
LikeLiked by 1 person