
Tyd warrel soos sand in die wind. Dis reeds sewe dae na liewe Hester ons uit ons skryfkwyn kom red het met die eerste #Woordwarrel uitdaging. Dankie aan Kameel, Perdebytjie en Kreukels en plooie aka Scrapy wat saam met ons kom warrel het. Scrapy het al te mooi gedig oor ons taal.
Ons vertrou dat sommer klomp van ons blogmaats en kennisse metterwyl ook opgewonde sal raak in die woordwarrel gedagtestroom sal inspring.
Verlede week se uitdaging oor nuutskeppings het vandeesweek se vonk verskaf. Nuutskeppings in die voorjare is neologismes genoem en woordsnobisme het al te dikwels anglisismes gepleeg en as neologismes voorgehou. Dit het soms tot grillerige woorde se geboorte gelei. Ek is maar te bly vir die benaming nuutskeppings, dit klink vir my mooi, soos onse taal is.
Vandag is meeste -ismes maar ‘n negatiewe, seermaak spul: narsisme, egoïsme, negativisme, kommunisme, populisme, kannibalisme, seksisme, rassisme, snobisme. Ek tel 368 -ismes in die rymwoordeboek. Bykans ‘n -isme vir elke dag van die jaar! Genoeg om mens geite te gee. Dan wonder ons nog oor die moderne mens se sensitivisme.
Daar is ‘n ware verhaal wat opgeneem is in die annale en besonder oulik deur Riette Hugo in Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 neergepen. Dit gaan oor seksisme en rassisme en ‘n nobel prys wat verkoop is… gaan lees gerus.
As die -isme vonk sinisme by jou veroorsaak, en jy steeds wil warrel, maak so: Kies enige Afrikaanse boek in jou huis. Blaai na bladsy 30. Soek die eerste sin in die tweede paragraaf. Onthou om die sin aan te haal en ook die boektitel en skrywer te siteer.
Toe, spring in en #woordwarrel gebruik jou -isme en die sin saam en bou ‘n woorwarrelcollage. Wees ‘n woordwarrelvraatjie. Kom ons vier #Afrikaans. Lekker skrywe.
Nou toe, ek het nou meer as genoeg vonkies geskribbel. Kies jou -isme of sin en #woordwarrel jou hart uit.
Hierdie bloguitdaging word gesamentlik aangebied deur https://hesterleynel.co.za en https://lekkervurigeaffere.blog/.
Hoe dit werk:
Die aanbieders sal om die beurt elke Donderdag voor twaalfuur ‘n inspirasievonk in die vorm van ʼn spreuk, spreekwoord, gesegde, vreemde woord, of nuutskepping op haar blog plaas om die uitdaging af te skop.
Deelnemers word genooi om die vonk te gebruik en net eenvoudig te laat waai – gaan net daar waar die woordmuse en jou gedagtestrome jou lei in ’n malse maalkolk, in stroomversnellings, in stil waters of in ruisende valle, vlak of diep.
Daar is geen beperkinge op die tipe skryfsel wat jy wil pleeg nie. Skryf min woorde of baie, ‘n haikoe of enkelreël, opstel, gedig, resep of wat ook al die inspirasievonk losgeskop het in jou skrywersbrein.
Oopbek en loshande is die enigste reël.
- Publiseer jou bydrae voor of op die Sondag wat volg op die datum van die uitnodiging.
- Plaas die skakel van jou bydrae in die kommentaarblokkie (“comments section”) onderaan die blog waarin die inspirasievonk verskaf word om te verseker dat daar ‘n terugskakeling (“pingback”) na jou inskrywing sal wees wat deur ander lesers gevolg kan word.
- Jy mag dit makliker vind om die twee aanbieders se blogs te volg om te verseker dat jy nie die inspirasievonk vir die week misloop nie.
- Plaas gerus ‘n kopie van ons Woordwarrel-logo bo-aan of binne-in jou blog, sodat ander skrywers weet dat jou bydrae deel vorm van hierdie uitdaging.
- Gebruik die hutsmerke #Woordwarrel #Afrikaans
Laai waai en geniet dit.
Die plasing Woordwarrel: Donderdag inspirasievonk 21 Okt 2021 het eerste verskyn in die blog Lekkervurigeaffere. Gaan skakel jou #Woordwarrel in die kommentare.
Ek moet nou eers daaroor slaap voordat ek gaan kommentaar lewer. Dis n hele mond vol wat jy hier geskryf het. Nie besef daar is so baie – ismes nie.
LikeLiked by 1 person
Laat die muse die warrel lei, en onthou as die ismes jou frustreer, trek ‘n boek nader en blaai na bladsy 30…. 😉
LikeLike
Hehe, ek het te gou gepraat. Ek lees mos op oomblik Antoinette Pienaar se. Toe besluit ek om die hardeband wat ek saamgebring het op bl 30 oop te maak en daar spring die gedagtes en skryf weer uit sy kassie uit.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, klink na ‘n oulike kopkrap onderwerp. Sal ook eers moet slaap daaroor.😀
LikeLiked by 1 person
Langenhoven was wys om ons die slaap raad te gee. Hou die notaboek en potlood onder jou kussing.😉
LikeLiked by 1 person
Ek het klaar idees… in my boekargiewe gaan rondkrap.
LikeLiked by 1 person
Geniet die woordwarrel avontuur.
LikeLiked by 1 person
Moet ek ‘n isme soek wat pas by my aangehaalde sin?Verstaan ek dit reg?
LikeLike
As jy wil. Keuse is joune.
LikeLiked by 1 person
2 ure later – dit was seker ‘n power nap. Gaats nou vervul ek julle met sinisme a.g.v my Engelsisme. ‘n Krag slapie van ‘n fotograaf apie…
LikeLiked by 3 people
Hahaaa, Abrie! Ek het toe nie gaan slaap nie, maar nou voel ek dis nodig. Ek is gedreineerd van al die dink.😜😵💫
Ek hou ook van kragslapie van ‘n fotograafapie!😂😂
Waarvan ek die meeste hou is dat ek jou weer hier sien.👍👍
LikeLiked by 3 people
Haha, weer in die minora houer gespeel.
LikeLike
Dankie, dit klink na ‘n lekker uitdaging. -isme. bladsy 30 van my nuwe hygroman … ek bedoel liefdesverhaal. Jip, optimisme is my -isme.
LikeLiked by 1 person
Hester! Hygende optimisme…😄
LikeLiked by 1 person
https://wp.me/p4DN1n-3lw
LikeLiked by 1 person
https://kreuk-els.com/2021/10/23/woordwarrel-ismes/ daar is hy, het toe lekker geskryf.
LikeLiked by 1 person
https://lekkervurigeaffere.blog/2021/10/23/woordwarrel-21-oktober-2021-oubaasisme/
LikeLike
Dankie Hester!
LikeLike