

Op ‘n somersdag, lank voor inperking en al die nuwe maniere wat ons nou moet besig, jaag ek vroeg winkels toe om die hitte te fnuik. Ek drafstap deur die rakke by my gunsteling kruidenier.
By die swembadtoebehore rak stap ‘n bejaarde egpaar by my verby. Die statige gryskop vrou met haar inkooplysie in die hand en leesbril op haar liggies gepoeierde neus, sê vir niemand in besonder:”Vrugtesap, vrugtesap. Daar agter dink ek,” en stap haar man vooruit.
Hy, met ‘n silwergryskuifie so oor die voorkop gevitalis en benerige skouers krom in sy groot rooi oorhanghemp, weifel ‘n sekond by die bottels chloor en vra: “Moet ons chloor kry?”
Sy vrou stap aan en sê so oor haar skouer:”Skat, ons het nie meer ‘n swembad nie.”
Vanmore word die herinnering weer opgeroep danksy Vuisboek. Ek wonder wat het van hulle geword. Het hulle die Covid-19 aanslag op ons lewens oorleef? Het sy demensie die oorhand oor hom gekry?
Met Boekevat op Waterval vanmore tel ons seëninge dat ons met God kan leef, dat ons diep onder die indruk is dat ons niks kan doen om Sy goedheid te verdien nie, dat ons net hoef te glo Hy is by ons, om ons, in ons.
‘n Asemteug se haarbreedte skei ons nie eens van ons Pa nie. Abba, Rabboeni, Yeshua, Adonai, Elohim. Wat jy nodig het, ons God vergestalt midde-in jou nood presies wat jy nodig het, jy hoef nie eens te vra nie, want daar word, nog voor ons vra, vir ons intree.
Ek lees in ‘n WhatsApp boodskap hoe mooi skrywe Helen Steiner Rice oor Psalm 68:19 : “Blessed be the Lord, who daily loadeth us with benefits..”

20.Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela. (Afr 53
20.Prys die Here wat ons dag na dag in sy arms dra.Hy is die God van ons verlossing.Sela(NLV)
20. Loof die Here! Hy dra ons elke dag!God help ons. (Die Boodskap)
Die Afrikaans vertel nie alles soos die oorspronklike Hebreeus nie. Daelik na Bible Hub toe, ‘n ware sandput om in te spit en speel. (Liewe Bondels, dankie dat jy my regtig na die sandput van ontdekking gelei het, en daagliks doen!)
Blessed | בָּ֤ר֣וּךְ (ba·ruch) | 1288: to kneel, bless | a prim. root |
be the Lord, | אֲדֹנָי֮ (a·do·nai) | 136: Lord | an emphatic form of adon |
who daily | יֹ֤ום (yo·vm) | 3117: day | a prim. root |
bears our burden, | יַֽעֲמָס־ (ya·’a·mas-) | 6006: to load, carry a load | a prim. root |
The God | הָ֘אֵ֤ל (ha·’el) | 410: God, in pl. gods | a prim. root |
[who] is our salvation. | יְֽשׁוּעָתֵ֬נוּ (ye·shu·’a·te·nu) | 3444: salvation | from yasha |
Selah. | סֶֽלָה׃ (se·lah.) | 5542: to lift up, exalt | from salal |
Ek leer dat baruch beteken om te kniel en by implikasie God te seën in die daad van aanbidding, en dan omgekeerd die voordeel van die God (Adonai) se seën te ontvang!
Verder lees ek raak dat daagliks (yovm) beteken in die warm ure van die dag, en dat Hy ons belaai én dra (ya’amas) Ons het die voordeel van die sorg van die Almagtige, ons redding. Daarom kan ons weet: deur elke dag onder die warm son, in sorge en sleur het ons uitkoms, hulp, redding en word ons welsyn vooropgestel.
Dit kan kom in die dankbare besef dat ek kan inkopies doen, die swembad het om te versorg, dat my huis ‘n veilige plek is, dat my gesin en ander geliefdes in hierdie tyd gespaar is en Covid-19 net ons bewegings en roetinies affekteer, dat ons gesond is, kan planne maak. Dat ons vir ander kan sorg en sekerheid bied.
Deur elke dag se kommer en sleur kom kuier Faith en Hope, die neushoringvoëls, elke dag en eet saam met die wewers, lysters, mossies en kransduiwe uit die voëltjiekosbakke by my kamervenster. Die amarilla en poinsettia en antirium groet vrolik op die stoep. Dis bewolk, miskin kom dit reën. Loflik mooi, uit God se hand.
My Eli is gespaar en gesond en ons kan ons geloof en verwondering oor Modimo met mekaar deel en vir mekaar vertel van ons belewenisse en saam huil oor die wêreld se seer en swaar. God in ons en in die spasie tussen ons.
My dankare hart is verheug oor familie en maats wat my kontak en dinge met my deel. Dat ek kon leer dis beter om te laat los en laat gaan, te vergewe, vergifnis te vra, om almal lief te hê, nie te oordeel nie.
Wat wou, warm somer dae, kommer en sleur, dis deur kinderlik klein en gestroop aan ego te sien en volkome in die sekerheid God se liefde en seën te leef. Michael Leunig se prentjie hierbo illustreer dit vir my so mooi.
Ek vertaal Psalm 68:19* en bid so:
My God (Adonai) wat ons ewig en oorvloedig seën, ek kniel in aanbidding voor U, U wat daagliks ons oorlaai met seëninge én ons laste dra en ons Redder is. Al kom dae van ouer, broser word en vergeet, al kom wat, U is ons Vader, Redder Jesus, en inwonende Gees.
(*Ek merk in die Afrikaanse vertalings dis Psalm68:20! Wonder hoe dit gebeur?)
Wat ‘n wonderlike seen om te kan kom Sandput met jou!! Dis pragtig, pragtig, pragtig! My hart juig
LikeLiked by 1 person
😇🤗
LikeLike
So mooi geskrywe en daar bring jy ook dankbaarheid na my hart vandag!
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom kuier en my hart klop warm dat my woorde vir jou betekenis bring.💝
LikeLiked by 1 person
Ek het jou skrywe baie geniet. Dankbaarheid vir klein dingetjies is vir my ‘n bron van geluk. Dankie vir die insig 💖
LikeLiked by 1 person
Dankie dat jy kom saam spit.
LikeLike
Natuurlik sal ek jou wyshede opsoek! 💖
httpafrikaansegedigte.wordpress.com
LikeLike