Amanda Strydom se lieflike lirieke kom dadelik by my op toe ek die tema van Scrapy se Wasdag uitdaging lees.

Ek het lankal immigreer na ‘n kamer in my kop
Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop
My kamer bied ‘n skuilte as die storms buite woed
My kamer ken geheime, my kamer ken my goed
Beskut my teen ‘n wêreld waar ek ongemaklik leef
Bevry my van bagasie en laat my rustig wees

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan

My kamer het geen meubels, geen boek of skildery
Geen spinnerak of rommel om my aandag af te lei
My kamer het groot vensters, sonder luike of gordyn
Uitsig onbelemmerd, net die son wat helder skyn

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
tot dit tyd word om te gaan

Ons ken die komplot van die drama
Elke eeu word daar flink repeteer
Net die rolverdeling en dekor verander
Maar waar is die groot regisseur, waar is die groot regisseur

Die mishandelde vrou se kamer het haar monster 24/7 saam met haar opgesluit gekry, sonder sigarette en drank vir ‘n ruk. Kan jy jou indink wat in kamers van sulke mense aangegaan het? Die man wat verlang na die kamer van sy skelmpie, vasgevang met sy vrou en gesin. Die kind wat met ‘n molesteerder ingegrendel is, was haar kamer ‘n veilige plek?

‘n Foto van ‘n bebloede mat in ‘n kamer in Welgelegen, Polokwane het my na die veiligheid van my kamer laat vlug op 11 September. Twee geliefde vroue en sakemense van ons stad is wreed aangerand in hulle huis, met messe gesteek,  vasgebind en ontvoer. Hulle  lyke is kilometers ver weg gevind. Ontsteltenis, optogte, seer volg, ook gister voor die hof en  tydens hulle roudiens.  Verslae seer  bly my borskas bons.

Ek vlug telkens na die veiligheid en bekendheid van my kamer. Daar, tussen my boeke en skilderye en die wind wat sag met die kantgordyn speel en die kransswaweltjies bokant die vensterraam kweel. Daar waar ek alleen bedags met God kan praat, daar waar my Rots se asem en warmte my  in die donker nag koester, daar waar my honde om my knus kom lê, waar ek oor eie seer en vrees my kussing kan nat huil. In my kamer, waar ek rus vind. Waar ek al van operasies en varkgriep herstel het.

Wat sal my kamer nog in my lewe deel? Ek weet nie. Ek wil nie weet nie. Want gister verdwyn en mens se lyf en hart word metterwyl weer heel al kantel die wêreld daarbuite.

Charlotte Mews se gedig oor kamers, is uiters relevant en treffend al is dit jare gelde neergepen.

I remember rooms that have had their part

In the steady slowing down of the heart.

The room in Paris, the room at Geneva,

The little damp room with the seaweed smell,

And that ceaseless maddening sound of the tide

–  Rooms where for good or for ill – things died. 

But there is the room where we (two) lie dead,

Though every morning we seem to wake

and might just as well seem to sleep again

As we shall somewhere in the other quieter, dustier bed

Out there in the sun – in the rain.