Sjoe. Ons moes darem die laaste tyd opkrul en hiberneer soos bere in ons huise. Saam met die sorrel (suringblommetjies) toedraai en koes teen die koue. Die Augustuswind is vir my besonder erg. Ek wonder of dit die gegrendel is en dat mens se ore bietjie oper is om te luister?

Op Vrouedag, nou verlede Sondag stap ek uit om douvoordag die voëltjiekos te gaan uitstrooi. Iets swiep voor my neus verby. Die verkenner swaeltjie is hier! My hart galop sommer.

My man en kind en die honde slaap te lekker in op die ekstra rusdag. Dankie Vroue dat julle gevier word met ‘n vakansiedag. Beker koffie in die hand gaan sit ek op die stoep. Dit is windstil. Lekker.

Ek stap later in om lank-kook-Jungle (dis nou die blouboks Jungle Oats se naam in ons huis want hy kook vir 25 minute) te gaan maak. Dit ruik so lekker en aards en eenvoudig en bring soveel onthou van kleintyd.

Met ‘n tweede koppie koffie in die hand is ek weer uit en kan my geluk nie glo nie! Die wind waai nie, die sonnetjie is lekker warm. Daar sit die Bosveldvisvanger ook wrintie in sy broei boom. Wat gaan aan?
Ek rol saam met die vrolike Sorrel blommetjies oop en draai my gesig na die son. Beter tye kom, alles gaan oukei wees fluister my hart. Ek lag, dis sowaar ‘n opslagsomer dag! Jy weet, so onverwags. Lekker.

Ek sou natuurlik dit eerder ‘n opslaan somerdag wou noem, jy weet, soos daai “pop-up” restaurante en konserte wat so onverwagse lekker verrassing kan wees. Want dis pure stoutigheid van die weer om so tussen die wind en ysigheid sulke lieflike dae te bring en dan summier te laat verdwyn. So ‘n rakker.

Ek het die benaming ‘Indian summer‘ om so lekkerte van ‘n warm dag in die laat winter te beskrywe, as kind leer ken by my pa. Dit is die milde herfs dae wat in streke van Amerika ervaar word. Die Kwien se Ingelse noem dit nou weer ‘n St Martin’s Summer.

Maar dit lyk my die Ingelse is verward waar die benaming vandaan kom. Volgens Maroela Media het dit te doen met ‘n asiel kerk waar allerlei skaduagtige karakters heenkome gesoek het, en ook met smokkelgoed daar handel gedrywe het. So baie valsheid het daar aangegaan.

Wikepedia vertel:“It was dissolved by King Henry VIII and demolished in 1548. It retained certain rights of sanctuary until 1697 and, as such, was a notorious haven for malefactors. One who sought sanctuary here was Miles Forrest, one of the reputed murderers of the Princes in the Tower.”

So hier lees ons St Martin’s Summer is om te dui op ‘n vals alarm seisoen
Die London Telegraph het weer ‘n baie meer sentimentele benadering tot die dag se orsprong. Hulle berig so:

St Martin’s first noted Christian act was to cut his cloak in half, donating one portion to a beggar shivering with cold. He was ridiculed, but Martin was only warming up. Throughout a long life blighted by military service and vicious bishops, Martin refused to draw his sword or wear armour. He specialised in giving up his bed to guests, freeing prisoners and changing the minds of torturers. There may be a moral in this. Britain, perched on islands between the ocean and the continent, is world-famous for its weather. It makes us and others laugh but we occupy a fascinating position at a confluence of systems.

The land masses to our east and south and the ocean to our west ply us with mighty and competing forces. It is not uncommon to hear talk of Polar blasts, freezing winds from the Urals, warm air from Africa, the remnants of tropical storms, Atlantic lows, highs from the Mediterranean and the Gulf Stream.

From exile in Italy Byron wrote how he loathed the English, their chilly weather and chillier women. Few read Byron now, but Keats, with his mighty and gentle ode ”To Autumn” must strike a note in the soul of every inhabitant of these isles. Our certain slants of light, the way the weather marches in from the high west, the way seasons overlap, the way hail, sun, lightning and rainbows somehow manage to share the same day: in this is something of us.

I do not propose that we dump Indian Summer – it is too lovely a phrase – but I would ask you, next time something beautiful and unexpected about the day causes you to stop or stare, to remember its former name.

Called after a brave, good man who could be the patron saint of anyone who has made a mistake, it contains the ingredients for a wonderful season. Summer has not spurned us, merely divided its bright cloak, saving some of itself for later – for the Summer of Saint Martin.”

Dis nou interessant.

Ek laaik St Martin bloot omdat hy moontlik vir mense soos ekke heilig gemaak kan wees, foutemaker van formaat, maar ontvang steeds baie, baie genade.

Wat ook al jy dit wil noem – dit was lekker verby om die paar dae kaalvoet plante nat te spuit, ‘n katoenbloes aan te hê en die son se sag op mens se vel te voel. Ek het net eenvoudig die minimum tyd binnenshuis spandeer. Spookasem spinnerakke en stof is uit my siel ge-sonskyn danksy die milde opslaan somerdae.
Ek dink ek gaan maar my eie woordsnoere maak soos kits-somer of opslaansomer. Opslag klink vir my soos ongewens, al vertel boere dat opslag, soos naoes, ‘n bonus is. Dit klink net vir my te veel na iets wat jy met die skoffel of pik moet wegmaak, en onverwagte somer genade is alles behalwe, of hoe?
Ek kan nie wag vir die regte somer om ons na buite te lok nie. Die weerberig vertel vanmore van koue wat ons weer gaan tref.

Ringo siesta lekker in die sonnetjie vanmore, die windjie reeds aan die yl kant.

Mag jou naweek geseënd wees.

Bly veilig.