Elke storie, vertel iemand onlangs op RSG het vele kante. Jou, kant, die anner ou se kant, die waarheid en ek voeg graag by: die Skepper se waar sien. In enige situasie is ieder betrokkkene se ego (ons vals-self) en ons hart, die geleier van gevoelens en emosies. So is individuele subjektiwiteit immer die monster in die mengsel.
He who pleads his cause first seems right; until another comes and questions him Pro18:17
Ons ego is soos ‘n stout kind, moet vir oorlewing altoos wen, reg wees. Om die rakker in toom te hou kos werk en nog werk. Dink aan die kinners op die speelgrond. Die een wat vir Juffrou eerste vertel wat fout gegaan het, dié voel hy of sy het gewen. Dis dikwels die boelie self wat die klikwerk doen om weg te steek dat hy of sy die sondebok is.
So kom dit dikwels dat ‘n mens maar die spit afbyt, hoe bitter ook al, en die vuurspewendes te laat wen. Want vuurwerke se fut taan metterwyl, dan lê daar net ‘n ashopie. Raak by die spel betrokke, en nie te lank of ‘n onskuldige word sonde-eter vir ander se bondeltjies frustrasies, onverwerkte woede en sommer net huidige covid-doserigheid.
Ek herinner my dikwels aan my universiteitsvriendin wat destyds op Kerkplein netjies uit haar onderrok, waarvan die rek geskiet het, getree het en weggestap het asof dit nie met haar gebeur het nie. Ons twee het net daar besluit dat ons vorentoe lewens die les gaan onthou. As iets gebeur, en dis sleg vir jou siel, of menswees, tree uit en stap weg. Soos wat jare verloop het, het onthou hiervan, my menigmaal gered.
My achilleshiel, my albatrossie om die nek is egter dat my emosies, as gevolg van trauma tussen 17 en 21 jaar, erg hormonaal en tiener van aard is. Ek moet omtrent my wange stukkend byt en bars dikwels van woede in lelike huil uit. Dis nie lekker om so op 62 te moet veg met jou humeur nie. En dan om nie terug te praat nie, daai ene….eish.
Wat lekker is van ouer word, is dat mens leer vrede maak met jouself. Ek het iewers gelees dat hierdie meer plooie en wysheid jare is wanneer jou skaduwee, wat saam met jou deur die geboortekanaal in die lig ingedruk is, jou weer inhaal. Ons skaduwee, die dood, ons sterflikheid, haal ons omtrent nou eers in. Dit klink vreeslik, maar tog. Toe ek daaroor sit en pieker, tref die my. Ons mensdom doen alles om die een ding wat met ons almal sal gebeur weg te leef! Pleks dat ons dit omhels, die feit dat ons almal gebore word, en almal sterf.
Ek onthou toe dit is die Keltiese geestelike, John O Donohue se wyse woorde en lees weer sy Anam Carah en my seer en kwaad bedaar. Daar is soveel hoop en troos in die Ier se geloof en wysheid. Hy leer my dikwels dat ons hier op die ondermaanse net deurstap, terug huistoe. Ek gaan my unieke menslikeheid en sterflikheid omarm op die reis. Kom stap saam.
“No one else has access to the world you carry around within yourself; you are its custodian and entrance. No one else can see the world the way you see it. No one else can feel your life the way you feel it. Thus it is impossible to ever compare two people because each stands on such different ground. When you compare yourself to others, you are inviting envy into your consciousness; it can be a dangerous and destructive guest.”
― Anam Cara: A Book of Celtic Wisdom
Lees lekker aan sy van O’Donohue se snoere of nog beter, lees die boek. Dis sielsverrykkend.
Maar eers, luister na sy mooie Beannacht / Blessing
For Josie, my mother
On the day when
the weight deadens
on your shoulders
and you stumble,
may the clay dance
to balance you.
And when your eyes
freeze behind
the grey window
and the ghost of loss
gets into you,
may a flock of colours,
indigo, red, green
and azure blue,
come to awaken in you
a meadow of delight.
When the canvas frays
in the currach of thought
and a stain of ocean
blackens beneath you,
may there come across the waters
a path of yellow moonlight
to bring you safely home.
May the nourishment of the earth be yours,
may the clarity of light be yours,
may the fluency of the ocean be yours,
may the protection of the ancestors be yours.
And so may a slow
wind work these words
of love around you,
an invisible cloak
to mind your life.
My gunsteling John O’ Donohue snoere:
Jy is diep, Vuurvliegie.
LikeLike
Dit moet maar so wees. Ek vind skatte is selde vlak begrawe.
LikeLike
🤩
LikeLike
Hierdie snoere van jou laat my dink aan ‘n palette vol verskillende kleure verf op. As ek met olieverf werk dan sit ek so bietjie bietjie van verskillende kleure daarop sodat ek nie kort kort buisies moet oop draai nie. Dan kan jy lekker verf aan die prent voor jou. Ek sien jou besig wees op die palette van verskillende kleure, al verfende aan jou genesing. Dis mooi vir my
LikeLike
Ek wens ek kon prente skilder of met klei werk of materiaal…meestal het ek nie eers my eie woorde nie, maar ek kan darem lees en dink…😉💐
LikeLike
Jy verf mooi met woorde
LikeLike
Jy het soveel lewenswaarhede hier aangeraak, dat ek nog ‘n paar keer moet lees om alles in te neem. Ek dink jy behoort aan die sielsgroepie wat uitgesoek is om saam met my te reis op my lewensbaan.
LikeLike
Dis nou ‘n lekker geskenk dat jy so dink.💝😇
LikeLike
Die snoer oor alleenheid lui klokke in my kop en my hart.
LikeLike
Die mens wat dit geskrywe het, was wys.
LikeLike
Diep wysheid! Ek sal meer van hom moet lees.
LikeLike
Ek hou daardie woorde… May all that is unlived in you blossom into a future graced with love.
LikeLike
Hierdie skrywe van jou het net op die regte oomblik gekom. Solitude en friendship – baie mooi gestel deur n wyse man. Snaaks genoeg met die pandemiie om my het my binnekant baie rustiger geword a g v berusting met omstandighede. Ek stem saam met Bondels oor die meng van die kleure as mens skilder. My kreatiewe self is op oomblik besig om te wil uitbars uit sy nate. Die alleen wees doen my die wêreldse goed. Eks bly jy kry soveel uit die keltiese gesegdes. Aanhou met die ontwikkeling van jou eie self.
LikeLike
Ek sal aan hou, dankie 💝💐
LikeLike
Dankie vir al die wyshede….dis soos n blik kondensmelk….jy wil alles op een slag uit drink maar dis nie moontlik nie…sulke gesteelde proetjies nou en dan….
LikeLike
Dis nou net presies hoe ek oor al sy skryfwerk voel, proe proe.💐💝
LikeLike
Daardie ouer word de vrede is hemels… ek stem so saam met die onderrok storie. As iets my siel besoedel dan stap ek weg….
LikeLike
Suster, dis Bybel waarheid ook nog. Beter om rustig voort te leef. 💝💐
LikeLike
Amen
LikeLike
Ek gaan weer en weer moet lees hier, daar is soveel waarhede dat mens omtrent ‘n dag aan elk moet lees en eers daaroor moet dink, dit laat insink voordat jy net aanbeweeg na die volgende een toe. Dankie dat jy dit deel
LikeLike
Hoop julle is al gesonder. Liefdegroete. Proe, proe aan die man se wysheid, dis sielmedisyne.💝💐
LikeLike
Sjoe, hier is baie om oor te dink! Ek hou veral van die laaste een.Wonderlike gedagtes, Erna.
LikeLike
Ek lees sy goed rerig proe, proe. Hy vertel dat hy by ‘n willewragtig se sterfbed was en het vir smdie man gebid en geolie soos dit hulle gebruik is, en hy vra toe of die man vrede het oor die dood wat naby is, tie sal die man sê: “I gave life one hell of a squeeze” met ‘n knipoog en kort daarna dood is. Ek sal nou saarvan hou dat my lewe ook murg uitsuig sal wees.
LikeLike