

God ons Skepper Vader, Seun met ons en Gees in ons. Dis ‘n enorme liefde wat Hy vir ons het. Daar is biljoene unieke skepsels op die aarde. Die aarde en alles daar op, God s’n. Ons bestaan op aarde as Sy kinders, met Sy inwonende Gees voltyds binne ons, saam met ons. Sjoe.
Op ‘n gunsteling blad, Kissing Fish van Roger Wolsley, lees ek: Ons buig die knie voor God, ons noem Hom Adonai – “my gekose leier.” Ons bid “laat U wil geskied” ons bid om leiding, vergifnis, aanvaarding, pleit vir genade. Wolsley deel ook dié aanhaling hierbo van Thomas Keating, uit Fruits and gifts of the Spirit . (Die skakel is na ‘n wonderlike artikel – gaan lees. Daar is ook ‘n boek op Amazon, Goodreads, en so)
Ek wil in my Afrikaans en kleinbegrip dit verwoord: Ons stem (met ‘n genade uitnodiging) in, en laat God se teenwoordigheid in ons lewe toe om oor ons lot te beskik. Laat Hom besluit wat Hy wil hê ons moet doen. God, deur Sy inwonende Gees, wil uitvind wat dit is om God in sy skepsel te wees, en elkeen van ons is die enigste mens wat aan Hom daardie vreugde kan gee. Ons elkeen se mensheid onvergelykbaar sê Keating. Ons word kans gegee om God die geleentheid te bied om ons menswees, ons moeilikhede, swakhede, verslawings, ons sondes, te ervaar. Jesus het gekies om deel van almal se belewenis, wat dit ook al is, te wees, om ons op te hef na goddelike eenheid met God – Vader, Seun en Heilige Gees. Sy liefde so oneindig dat ons swak en seer en sleg Hom nie afskrik en laat wegdraai nie, inteendeel.
Hierdie aanhaling en die artikel het my hart aan die galop oor my verhouding met God, die wonder van my unieke menswees, my persoonlikheid, wat ek ervaar, sien en beleef.
My talente, my intelligensie, my lyf, my keuses, my vermoë om lief te hê, my voor- en afkeure. Net ek is ek. Net ek leef só met God se Gees binne my. Verstaan mooi. Ek en God leef binne hierdie liggaam en siel. So leef Hy net so enig saam met jou in jou liggaam en siel. Leef Hy net so enig saam met almal, liggaam en siel. Kapow !
God is so lief vir ons, dat sy alomteenwoordige Gees uniek saam met elkeen van ons hier op aarde wandel. Sjoe. Terwyl ek hier skrywe, is dit ek en God deur Sy Gees wat die stoel onder my bas voel, die koel wind van die winderige, droë winterdag in Covid grendeltyd, hier op Waterval voel. Die honde sien wat in die wintersonnetjie luier, die sabels rustend in die kamp aan die siesta, die ponsettia se bloedrooi en die japonika se sagte snesie pienk raaksien. Saam verwonder aan die wewer nessie wat nes ‘n hart lyk en my Bab gisteraand vir my ingebring het, die blink van die son wat kets op die lievenheerbesie. Lekker, warme samesyn.
“Kyk, Here, die stoute suikerbekkie. Hy reken die suikerstroop is net syne!”
Ons moet pasop vir ekkigheid en vraatsug, daar is genoeg vir almal. Dit alles my besef, as ons, God en ek saam, na die suikerbekkie kyk.
“Ek sal voorsien in almal se behoeftes,” die influistering.
Hier is die uitnodiging: Stap deur jou lewe met God in jou, Sy asem in jou klein, klei in Sy hande lewe, Sy liefde vir jou hele menswees, Sy genade nuut en vars elke nuwe dag.
Ek sê vanmiddag vir Hom dankie dat ons hier saam kan wees. Dat hy vir elkeen van sy skepsels lief het, oneindig.
Mag dit so vir jou ook wees.
Ek sê amen daarop, Erna, dis net Hy en Sy genade wat maak dat ons sekerheid van Sy liefde kan hê.
LikeLike
Kapow!!! HaleluYah
LikeLike
Dis die lig wat jy vir my skyn.. .💝📚✏
LikeLike
💐🥰
LikeLike
Dis ‘n treffende boodskap wat selfs ‘n twyfelmoedige gemoed aanraak, Lekkervurig.
LikeLike
Nuwe oë, opgebreekte siel gee wye uitkyk..dis wat et my gebeur. Jou woord maak my hart warm, Hester
LikeLike
Dis goed so,Erna ,laat jou liggie sommer helder oordag op hierdie Vrydagmiddag skyn.
LikeLike
Hierdie skrywe van jou het soet op my hart geval.☘️☘️☘️
LikeLike
Sou graag wou weet wie Someone is, maar dankie
LikeLike
DAnkie dat jy dit gedeel het….dis so wonderlik hoe daar elke dag met elkeen van ons so spesiale iets gedeel word wat ons weer kan uitdeel
LikeLike
Dis vir my lekker as belewenisse vir ander ook besiel.💐
LikeLike