Hier is die 17de en finale hoofstuk van ‘n bloguitdaging “wat handel oor die avonture van die Towerinne met Coronamouna en haar mak spinnekoppe wat die virusballetjies oor die planeet versprei en ‘n pandemie veroorsaak het” en Broodina, hulle nemesis. 

As jy die avontuur ten volle wil beleef, kry al die hoofstukke hier:  https://fresh.inlinkz.com/party/c0342166738644c9875c54b4f5669017

Wat voorheen gebeur het:

Net toe Hester dink sy het die Towerinne in die kwarantyn kamp, gaan wip Una vir haar amper Bali toe en steek die onskuldigste van Towerinne, by name Bondels op om ʼn tent se penne te begin los wikkel.

Die tent is toegerus met ‘n ‘n helium bottel, ballonne, ander partytjie goete en al die Towerinne se geheime proviand( Witblits, Cannabis beskuit, Frangelico en Gin). Dit is ook die tent waar Woordnoot ʼn partytjie sonder Oros beplan.

Binne in die tent word helium ballonne en stembande geblaas. Gou klink almal soos Daisy en Donald Duck wat Prôtoria prôt en hulle kattekwaad word nouliks van die kamp kommandante, Hester, VirgoC en Christa, weerhou.

Perdebytjie was gelukkig die aandag afleier met haar poging om iets meer organies uit Frangelico, aka Engelepiepie, te skep….

Die vorige hoofstuk eindig Una so: “Stadig maar seker styg ons boontoe…aangesien ons mos nou daarvan hou om ons eie probleme op te los sonder inmenging van buite!”

 

Binne die tent gaan dit te jolig toe almal besef hulle is besig om op te styg. Camilla druk soene op die helium ballonne wat Woordnoot behendig opblaas en knoop, en dit vir Vuurvliegie aangee, wat die ballonne mooi langs mekaar in die tent se nok laat saamkom en hulle swewend hou. 

‘n Benewelde Hester, die laat-inskrywing tent vlugteling, sit en verkyk haar.  Sy het per abuis ʼn bottel van Perdebytjie se gedekonstueerde Engelepiepie* aangesien vir water. 

Dis na Perdeby se dekonstruksie ‘n deurskynende mengsel in ‘n waterbottel wat per abuis in Hester se hande beland het. Twee slukke en sy is uit haar bui, en saam et die kwajongens besig om te ontvlug.

VirgoC en Sonell staan vir ‘n oomblik stom en gil vir Christa om dadelik vir Scrapy te stuur om Silver en die bende op te pik en sommer vir Abrie ook. Hier moet nou planne gemaak word. Waar dink die klomp in die Vlieënde Virus Vlugtende Towerinne Tent (VVVTT)  gaan hulle heen!

Intussen het Lorenzo, Meneer Encyclopedia Britannica, gee pad na die mooi sonneblom veld wat hy aangelê het om vir Pasella kossies, en Toortsie proviand vir haar banting muffins, te kan voorsien.

Sy hart is seer dat hy beskuldig word dat hy inmeng en afluister en klik. Sy gemoed lig met die sien van die blomme, vrolik met koppe na die son gedraai en hy begin  besield uit volle bors ‘O solo mio’  sing.

Sy vreugde verander in verwarring. “What ees dat? A bird? A plane? Superman? Noooo, it is de tent from Camp Goldeelox…”

In die bloue lug trek een van die kamp tente en twee vroue hang verbete aan ʼn  wapperende tent flap… hy neem ‘n foto en WhatsApp vir Christa:

Scrapy was amper terug op Rebusfontein na sy vir Chris Chameleon gaan aflaai het in die Elonmuskmasjien, toe Christa benoud ‘n boodskap stuur: “Scrapy, draai om, gaan haal vir Silver en Abrie en die ander bikers, hulle is duskant De Aar. Die rehabilitasie Towerinne is vort in een van die tente. Hulle vlieg noord. O, aarde, nou hang daar twee aan ‘n  tent flap! O, Scrapy maak gou!”

Die Elonmuskmasjien maak ‘n U-draai. 

Wat in die tent gebeur het is dat Toorts en Seegogga, met hulle stemme goed ge-helium, graag buite wou sien. Hulle is so laf en in die oomblik, dat hulle nie hoor hoe Vuurvliegie waarsku dat die tent flap nie oop gerits moet word nie. 

Overbergse koppigheid (hulle eie bekentenis) en in die oomblik wees, maak die twee doof vir die waarskuwing. 

Voor Toorts kan keer, suig die lugstroom,wat ontstaan toe sy die tent flap oopzip, haar uit.

Net betyds gryp Seegogga haar met ‘n knyper stewig vas, maar sy vlieg ook buitentoe, haar ander knyper gryp die flapperende tent flap vas. Hester gil vir die ander Towerinne om aan die seil vas te gryp.

Die tent ruk heen en weer, heeltemal destabiliseer.

“O genade, hier kom groot moeilikheid,” huil Kameel kliphard. 

Toorts en Seegogga wapper gillend buite. Skoon vergeet dat almal  na die ontsmetting in die kamp  in agtertoeknoop jassies en passionkiller pênties geklee is. Hulle lyk soos Liewe Heksie in haar wapperende rokkie en bloemertjie sonder ‘n besem…

Christa wat in verbinding met Scrapy en Silver in die Elonmuskmasjien is, slaan die krisis spulletjie gade en vra dringend raad.

“Laat Lorenzo solank die Pofadder brandweer se groot matras leen en opblaas. Ons is besig om Kosie die robothond en die drone voor te berei. Ons sal die tent inhaal, en Kosie sal met die drone se laserstrale die helium ballonne een vir een skiet sodat die tent geleidelik kan daal. Ons sal met die Elonmuskmasjien die tent saggies stoot na waar die Matras opgeblaas is, dan kan die Towerinne uitspring na veiligheid,” kom dit bedaard en ferm van Silver.

Silver neem die stuur van die Elonmuskmasjien by Scrapy oor. Haar oë is te vol trane oor haar liewe Towerin maats se dilemma en ontsteltenis, om al die kontroles te beheer. Abrie gee instruksies:”..”bietjie links, verminder spoed.”

Kosie, die robothond is so opgewonde om uiteindelik sy waarde en kundigheid ten toon te stel, dat hy homself in sy Snoopy mondering omskakel. Voor hy begin skiet na ballonne, vlieg hy tot naby die bokspringende tent.

Oor sy luidspreker stelsel kom Christa se stem: “Toorts, Seegogga hou vas, julle ander kalmeer nou. Hier is die plan….”

Die beangste, tuimelende Towerinne loer grootogig na mekaar en luister na Christa se instruksies.

Die eerste ballonne begin bars, en die tent daal, al warrelend. Positief, wat aan bokspringheid gewoond is, organiseer almal. “Hou vas sodat ons een vir een kan spring as daai twee buite die matras tref,” neem sy leiding.

“Ek sal laaste spring, bied Vuurvliegie aan. “Sal die helium en bokse proviand probeer stabiel hou, spring net mooi.” 

Die Elonmuskmasjien en die Pofadder brandweer kom saam op Rebusfontein aan. Van Silver se bende spring uit om te help. Undertaker is eerste uit. “Ag my Toorts, my liefie, hou vas, ek is hier. Daar sal nie ‘n haar van jou kop seerkry nie,” moedig hy haar aan. Niemand kom agter dat Toorts nou eers van angs gil.

Broodina is oral in almal se pad. Tipies voorbarige nuushond met haar kamera wat net kliek-kliek-kliek om nie ‘n toneel te mis nie. Arme Toorts en Seegogga se Rehabilitasie rokkie bol so in die wind…nie te vroulik nie.

Broodina lag soos ‘n ware heks van lekkerkry:  “Nou het ek julle. Die Towerinne is nou klaar. As hierdie petalje en onverantwoordelikheid en gefuif berug word, sal hulle die swartskape van die wêreld word. Verbeel hulle mos hulle is glansganse, wat wou,” skril sy.

Gou is die tent oor die matras en oor die luidspreker word Seegogga en Toorts beveel om te laat los en te spring. Hulle land veilig in die middel van die matras. 

Toorts probeer in die teenoorgestelde kant van waar Undertaker oop arms op haar wag te klouter. Hy hou haar egter dop en toe haar voete grond raak is hy langs haar. Sy hol gillend pad af, Undertaker agterna.

Seegogga slaan haar knypers saam uit pure verligting om weer op vaste grond te wees.

Een vir een land die Towerinne…Kameel, Frannie, Hester, Una, Woordnoot, Positief, VirgoC en Sonell ondersoek hulle elkeen vir skrape en Christa deel suikerwater uit.

“Kom staan eenkant toe, die tent gaan ook nie vir ewig drywend bly nie. Kom Bondels, Vuurvliegie,” roep Sonell.

Skielik tuimel die tent na benede, en jy hoor net hoe die metaal silinder en bokse proviand kletter.

Broodina gee ‘n bloedstollende gil toe die volle gewig van die tent hoek waar alles deur swaartekrag na toe getrek is, haar tref. Dis net ‘n geklingel en geknars, tent flappe en stof waar jy kyk.

Almal storm, nader.

Vuurvliegie, Bondels het nie kans gekry om uit te spring nie!

Die bikers en brandweermanne storm op die ongelukstoneel af. Hulle kry vir Bondels, krullebol deurmekaar, haar bril skuins oor haar neus. Sy hou vir Vuurvliegie vas.

“Julle, kyk net, die Frangelico bottels en helium tenk het op Vuurvliegie geval, sy het ‘n snye op haar kop,” snik Bondels. Die bloed loop oor haar hande. Vuurvliegie is bewusteloos. Hulle help Bondels om Vuurvliegie uit die wrak te kry.

Vuurvliegie is uit soos ‘n kers. Niks blyk gebreek of af te wees nie.  VirgoC kom met vlugsout en druk dit onder Vuurvliegie se neus. Sy reageer nie.

“Julle, ek weet sommer Vuurvliegie het harsingskudding.Kom ons kry haar in die bed, en maak beurte om by haar te sit,” diagnoseer VirgoC vinnig om die ander Towerinne gerus te stel. 

Lorenzo kom stofbesmeer by die kamp aan. 

Silver hulle het ala Helen Martins van die Uilhuis die kamp met ogiesdraad toegespan, geen tent sal opstyg of towerin ontsnap nie. Wraggies gaan hulle nou hier bly en uit hulle skrik en stuitigheid rehabiliteer word. Die bikers sit voor die geslote hek. Hulle laat Lorenzo deur. Hy stap stadig na die tent waar die Towerinne oor Vuurvliegie waak.

“I have news,” kondig Lorenzo stil aan toe hy instap.

Die Towerinne, wat besorg om Vuurvliegie se bed staan, kyk vraend op.

“What news,” koor hulle.

“Ees Brood-ina. She is passed,” sê hy bedeesd. 

“Waddehel, verby waarheen,” raas Hester.

“No, Hester. Passed like dead. Flat like a pizza. We had to scrape her up with the pizza spade. Undertaker had to do it,” vertel Lorenzo in sy krom Ingels.

“Dankie tog,  Undertaker se aandag is nou nie meer op jou nie Toorts,” haak Seegogga af, en ‘n paar Towerinne grinnik in die somber oomblik.

“Haai siestog, arme Broodina,” sê Una.

“Gmf, in die middel van ons storie, soos altyd, het sy nou tot ‘n einde gekom,” kom dit van Hester.

“Ons sal vir Klem De Kaak moet laat weet. Sy hart gaan gebreek wees,” merk Perdeby op.

“Haai julle, sy is nou die voorbladnuus wat sy so gejag het, ons moet maar vir haar ‘n gedenkplaat oprig,” stel Sonell voor.

Vuurvliegie roer op haar bed en dertien Towerinne staan grootogig met hande voor die mond.

“Waar is ek? Wie is julle,” roep sy benoud uit.

Sy kyk verward rond en beduie met haar hand na Bondels.

“Gouelokkies, hoekom het jy geld in jou cleavage?  Het jy ‘n hart van goud…”

Voor sy klaar kan praat, swymel Vuurvliegie weer weg.

Sy droom van ‘n veelkleurige tent wat die wêreld vol sweef saam met die maan. 

Vreemde mense praat aanmekaar in haar oor.

Die einde

 

* Engelepiepie is na legende deur Fra Angelico eeue gelede in ʼn klooster geskep.  Perdebytjie se navorsing op Wikipedia het bevestig dat die amber, hemelse vloeistof potent is – 20% alkohol by volume, 40% proef.  Die smaak gerooster, met vanielje en wit sjokolade ondertone. Noisette(overgesetsynde van haselneut gemaak) en komplekse kruiegeure.