20190829_151755

 

Die kommer regiment knars in gelid deur my lewe die afgelope weke. Janoworrie word Febroworrie plus een dag ekstra.

Kontantvloei, vrees, verlies aan sekuriteit, vrees oor ‘n onsekere toekoms. Nee, nee, nee is die antwoord alle versoeke om die gemarsjeer deur ons lewens te stop.

Ek moet bely dat die aanskoue van die gemarsjeer my lukraak laat gryp na my klokkie vriend Bells en die klingel van ys in die glas.

Dit is ‘n fout want laataand huil ek saam met twee Kose.  Koos Kombuis sing “onder in my whiskey glas” en Koos Doep vertel so mooi ‘deur die glasie se steel lyk ons wêreld verdeel.”

My ongeloof groei en my kalmte wyk. Die onrus en bang springmielie in my binneste. Bloubekruip is tot bang.

Maar, soos immer en altyd in goeie en slegte tye, toe gebeur dit. #ToeValLig.  

Met die biep van die debietorder kennisgewings wat van ons skrale bankrekening verhaal word in ons ore, vat ons boeke. My Bab wil meer leer oor stilte in geloof, en ons kom  af op die werk van Vader Thomas Keating. ‘n Wyse man wat mens leer dat stilte en wag op God baie beter oplossings bied as ons eie mensgemaakte vergrype op soek na kommervry leef.

Hierdie is in ‘n boek op 1 Maart  se skrywe: The kingdom of God is at hand. Repent.… Mark 1:15 NAB Jesus comes proclaiming, “Repent, for the reign of God is at hand.” “Repent” means “change the direction in which you are looking for happiness.”The call to repentance is the invitation to take stock of our emotional programs for happiness based on instinctual needs and to change them. This is the fundamental program of Lent. Year by year, as the spiritual journey evolves, the destructive influences of these unevaluated programs for happiness become more obvious and, in proportionate manner, the urgency to change them increases. Thus the process of conversion is initiated and carried on. The term of this process is the experience of inner resurrection celebrated in the Easter-Ascension Mystery. (MC, 37)” ( Uit: The Daily Reader for Contemplative Living. Excerpts from the work of Father Thomas Keating. Text copyright © S. Stephanie Iachetta 2012)

So uur later biep my selfoon. Ag, klingel maar weg geld vertel ek vir die foon en die hol kol op my maag. Dis  my daaglikse BibleWhereYouAre toep: Lukas 15:10Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”

En toe, na ons lekker Tasty Wheat melkpap geniet het, koerant gelees het en sommer net Sondag, blaai ek deur Facebook. Contemplative Monk pos:

Screenshot 2020-03-01 14.22.36

Bekeer jou. Keer weg. Keer om. In Engels: repent. Verander van rigting, kom, lê jou sondes, kommer, foute, sorge neer en draai om in ons gulhartige Vader se arms. Niks verder nodig nie.

Met vreugde luister ek die kerkdiens op RSG. Prof. Shai Mulder van Back to the Bible Mission in Baberton, preek. Hy vertel van Moses, en Noag en Abraham wat jare moes deurleef voor God hulle hul wense en roepings onthul het.

Wat maak my nou spesiaal dat alles nou al vir my duidelik moet wees? My storie is nie klaar geskrywe nie, daar is nog dinge wat ek moet doen tref dit my terwyl ek luister en die reënbogies in die seepbelle van die skottelgoedwater flonker.

Die Mission-koor sing in vier tale, waaronder Afrikaans, “Die liefde van Jesus is wonderbaar,  Kom ons verheerlik Sy naam, die mense verander, maar Jesus nooit, kom ons verheerlik Sy naam…..”

Ek repent net daar. Draai weg van my mensgemaakte pogings en vergrype. Dit is wat ek hierdie Lent tyd van afstand gaan doen. Omdraai. In my Pa se arms in.

Kom maar wêreld, ek is reg vir jou opdraand en draaie. My rigting is reg gedraai en die engele sing saam met my!

Gaan die nuwe maand met vrede in.

 

 

Ns. Die Jesus prent hierbo het ek as sestienjarige dogter by ‘n tannie wat my smiddae na skool by haar laat tuisgaan het tot my Ouma klaar gewerk het, afgebedel. Dit was in ‘n Women’s Weekly. Die skilder was ‘n Italianer kan ek onthou. Hy het geglo Jesus was nie blond met blou oë nie. Dit was so met my ook.

Ek het die prent vir jare in ‘n koevert gebêre en in my twintigerjare dit geblok. My Jesus hang sedertdien in my slaapkamer, saam met ander glo-goed. Dit gee my vreugde, en ek het vanmore besef my oë moet weer sien, en my ore moet hoor, want dan sal vrede ook weer kom.