In die hart van ons mooi land is ‘n spesiale dorp. Die dorp is al jare oud, in die middel van die ou dorpsplein reik die Groot Kerk se toring al meer as 200 jaar hemelwaarts. Brande en skade kon nooit sy staning keer nie. Op hierdie dorp woon my hart en siel, al is ek min daar. Dis hier waar ek kan asemhaal. Graaff-Reinet.
Elke jaar met die koms van die Kersgety, word daar liggies aangeskakel. Die hart van die feesliggies is in Akasiastraat te vind. Al vir twintig jaar. Dis nie die hoofstraat van Graaff-Reinet nie, maar na my beskeie mening is dit die hartklop van Graaff-Reinet.
Akasiastraat se mense is nie deur die lewe onaangeraak nie. Ons land se verlede het sy seer hier laat deurtrek, ook seer en siekte. Veral kanker.
Die mans en vroue van Akasiastraat het in reaksie op die vreesaanjaende impak wat die siekte, wat een uit vier mense in ons land raak op een of ander stadium, besweer deur kersliggies aan te lê. Uit dankbaarheid dat die siekte tog oorwin kan word, en dat gemeenskapsondersteuning altyd ‘n swaar las ligter maak.
So vir al die ster belaaide Karoo-aande van Desember skitter Akasiastraat as ‘n baken van hoop. Die hele dorp en besoekers kom stap aand vir aand die straat deur. Kindertjies sit met blink oë en grootmense lag vrolik.
Die mense van Akasiastraat vra nie toeggangsgeld nie, Kersvader en sy elwe stap rustig met kollekteblikkies tussen die verwonderde besoekers deur, en samel al twintig jaar getrou geld vir die plaaslike kankervereniging in. Omdat die sekte niemand ontsien nie, omdat oorlewendes en die wat die stryd verloor die weg baan vir die wat na hulle kom.
Ek het ‘n paar jaar gelede die foto’s geneem. Die sonneblom met kersliggies as agtergrond bly vir my hoop gee, ook die lemmetjiesdraad wat deur die liggies versag word. Dit vertel van ‘n stryd en standpunt wat teen vrees ingeneem word. Saam, as gemeenskap.
Geloof, hoop, liefde, en die grootste is die liefde. Seënwense.
Gaan kuier gerus by een van die oudste koerante in die land, hulle bevestig wat ek weet van die omgee in Akasiasraat, Graaff-Reinet.
Almal het soms hoop nodig, mag daar vil elkeen vollop wees
LikeLike
Wens ek kan dit sien…..
LikeLike
Die atmosfeer is so wonderlik en gemeensaam, ons kuier al om die ander aand dar as ons ‘n Desember in GRT is!
LikeLike
Kan dit glo
LikeLike
Dit is lekker om sulke goeie dinge te lees.
LikeLike
Mooi. Sulke stories maak ‘n warm holtetjie vir die siel.
LikeLike
Net so, Hester.
LikeLike
Jou hart is sekerlik nou daar. Pragtig!!!
LikeLike
Wonderlik.
LikeLike
Mooi maar amper wonder ek of jy die Noorde verlaat het!
LikeLike
Nee, suster. Die regte lewe het sy kloue te vas. Versugting tasbar is my siekte.
LikeLike
Regte lewe is darem nie te sleg nie.
LikeLike
Nee, bly lekker waar ek is, maar mens mag droom 💝😉
LikeLike
Soos jy se: mens mag maar droom. Dreams are good friends when you’re lonely. Dis mooi om te hoor en te lees van die gemeenskap se saamstaan en ondersteun in nood. Nie net nood nie maar elke dag. Die liggies gee betekenis aan die lewe as mens dit soos jy beskryf. Dankie vir die deel.
LikeLike
Pragtig. Ai maar ek hoop dit reën gou. Hulle sukkel so met water
LikeLike
Ek kommer saam oor die water.
LikeLike