vinyl-decal-sticker-11266‘n Jong vrou het onlangs op ‘n beter leefstyl besluit en ingespring deur met die Keto dieet  begin. Sommer 9 kg en sentimeters afgeskud binne die bestek van 45 dae! Sy het rede om trots te voel oor die strewe na ‘n gesonder leefstyl  en dit in die feestelikste van tye!

Sy is deel van ‘n geheime groep vroue wat op verskillende fases van die dieet is. Hulle bemoedig mekaar met foto’s van hulle lekker disse, raad, en plein rasie lei. Dis te pragtig, en daar is ongelooflike suksesverhale van mense wat letterlik wegsmelt. Moedige vroue besig om in’n nuwe uiterlike weergawe van hulself in te smelt.

 

Hier is die ding.  Ek lei af dat in die Keto dieet, daar lyste en lyste lekkerte is om jou magie mee vol te hou. Daar is egter ‘n geheim. Die suiker en koolhidrate inname is beperk tot 5% per dag. So jy kan enigiets op die baie lyste eet, maar…

Die suksesverhale hou by die reëls en leer matigheid aan. Ek wil my verstout om te sê, dat die nuwe uiterlike net ‘n mooier tent vir die vrou se innerlike en mooi hart en siel gaan word.

Image result for keto diet

 

Daar word egter oor haar bespiegel en gespot. Ek lag in my mou vir die kommentators en hulle oordrewe selfvoldaanheid en balk-in-die-oog kritiek en spot. Noem ook hulself christene, nogal.

Die balk-in-die-ogers mag al uiterlik oulik en mooi lyk, maar foeitog. Leë binnekante, want hulle pas nou die 5 persent reël op hulle sogenaamde christelike lewensuitkyk toe.

Daar is net sekere versies in die Bybel wat vir hulle tel. Hulle vergeet van naasteliefde, vergewensgesindheid, mededeelsaamheid, sagmoedigheid, aanmoediging. Die res van die Bybel word gerieflikheidshalwe vergeet en gif kom by die bekkies uit, want dit laat hulle beter oor hulself voel. Siestog, shame, f.. wag, ek gaan nou sonde pleeg. Vergewe my.

Hulle vergeet die groot geheim. Die hele Bybel, nie 80 of 20, is die Woord van God.

Die Jesus wat vir ons gestuur is, is al met die Skepping van ons wêreld en menswees teenwoordig. Ons mis uit in kennis en ontmoeting met Hom as ons selektief met die Woord van God voor ons, en die asem van God binne ons omgaan.

Jy mag reken daar is verskeie paaie na sukses en groei, maar slegs een stel reëls. Alles of niks.

God hou Hom nie met ons elkeen se plannetjies en opinies besig nie. Hy wil net een ding van ons hê: om deur Jesus en Jesus alleen in Hom wat ewig heers te glo, en Hom en mekaar met ons hele harte lief te hê. On-voor-waarde-lik.

Kapow!

Mens moet maar mooi na die persentasies, piramides en dinge toelaatbaar of nodig kyk, in enige situasie en liefs 100 persent mense bemoedig, aanmoedig en bemin!

74597651_2400130403369528_8761619918178222080_n (1)