‘n Jong vrou het onlangs op ‘n beter leefstyl besluit en ingespring deur met die Keto dieet begin. Sommer 9 kg en sentimeters afgeskud binne die bestek van 45 dae! Sy het rede om trots te voel oor die strewe na ‘n gesonder leefstyl en dit in die feestelikste van tye!
Sy is deel van ‘n geheime groep vroue wat op verskillende fases van die dieet is. Hulle bemoedig mekaar met foto’s van hulle lekker disse, raad, en plein rasie lei. Dis te pragtig, en daar is ongelooflike suksesverhale van mense wat letterlik wegsmelt. Moedige vroue besig om in’n nuwe uiterlike weergawe van hulself in te smelt.
Hier is die ding. Ek lei af dat in die Keto dieet, daar lyste en lyste lekkerte is om jou magie mee vol te hou. Daar is egter ‘n geheim. Die suiker en koolhidrate inname is beperk tot 5% per dag. So jy kan enigiets op die baie lyste eet, maar…
Die suksesverhale hou by die reëls en leer matigheid aan. Ek wil my verstout om te sê, dat die nuwe uiterlike net ‘n mooier tent vir die vrou se innerlike en mooi hart en siel gaan word.
Daar word egter oor haar bespiegel en gespot. Ek lag in my mou vir die kommentators en hulle oordrewe selfvoldaanheid en balk-in-die-oog kritiek en spot. Noem ook hulself christene, nogal.
Die balk-in-die-ogers mag al uiterlik oulik en mooi lyk, maar foeitog. Leë binnekante, want hulle pas nou die 5 persent reël op hulle sogenaamde christelike lewensuitkyk toe.
Daar is net sekere versies in die Bybel wat vir hulle tel. Hulle vergeet van naasteliefde, vergewensgesindheid, mededeelsaamheid, sagmoedigheid, aanmoediging. Die res van die Bybel word gerieflikheidshalwe vergeet en gif kom by die bekkies uit, want dit laat hulle beter oor hulself voel. Siestog, shame, f.. wag, ek gaan nou sonde pleeg. Vergewe my.
Hulle vergeet die groot geheim. Die hele Bybel, nie 80 of 20, is die Woord van God.
Die Jesus wat vir ons gestuur is, is al met die Skepping van ons wêreld en menswees teenwoordig. Ons mis uit in kennis en ontmoeting met Hom as ons selektief met die Woord van God voor ons, en die asem van God binne ons omgaan.
Jy mag reken daar is verskeie paaie na sukses en groei, maar slegs een stel reëls. Alles of niks.
God hou Hom nie met ons elkeen se plannetjies en opinies besig nie. Hy wil net een ding van ons hê: om deur Jesus en Jesus alleen in Hom wat ewig heers te glo, en Hom en mekaar met ons hele harte lief te hê. On-voor-waarde-lik.
Kapow!
Mens moet maar mooi na die persentasies, piramides en dinge toelaatbaar of nodig kyk, in enige situasie en liefs 100 persent mense bemoedig, aanmoedig en bemin!
Bravo op albei! Die keto en die Christenskap.
Toe ekdestyds begin Bant het, het iemand afkeirend gesê ons maak afgode van ons liggame. Ek het geantwoord dat ek ‘n swak rug het en elke ekstra kilogram maak dit vir my meer ongemaklik.
Jare later laat weet sy my dat sy die antwoord in die Bybel gekry het. In Romeine. Dat die een wat vleis eet, vir God eer. Ook die een wat dit nie eet nie, ens.
Solank ons God in alles eer wat ons doen. 😊
LikeLike
Dis waar Toorts, ek kry net balk-in-die-oog kriciti uit my hart jammer, hulle het maar nog paaie om te loop….Groete
LikeLike
❤️
LikeLike
KAPOW!!! Preach it, sister!!! Ek is al op die plek waar ek walging begin voel vir die hoogheiliges, maar daardeur sondig ek nou ook weer, want ons moet mos almal liefhê. Ek wonder of daar iewers ‘n skrif is wat sê dat ek moet liefhê, maar ek hoef nie van hulle te hou en met hulle maatjies te maak nie….oeps..wil nou nie ‘n religieuse debat laat ontstaan nie!
LikeLike
Jong, ek reken as mense jou nie wil hê soos jy is nie, en nie jou lief hê wil hê nie, dan kan jy wegloop. Die stof van jou voete afskud soos Jesus in Kapernaum en Genasaret gemaak het. So daar is nie by my ‘n debat nie. Ek het jou!
LikeLike
Ek sê altyd “forgiveness isn’t a French kiss.”
LikeLike
Sela!
LikeLike
😊
LikeLike
“Sela” is wat die skrywer uitgebeitel het as hy sy duim raakgekap het. 🤣
LikeLike
Bwahaha! Grapjas. Ek gaan dit onthou!
LikeLike
O no…..not ever..
LikeLike
Is. Sommige mense is nie maklik om lief te hê nie.
LikeLike
En dan hou ek ook nog nie van hulle nie!!
LikeLike
😀 Ek verstaan
LikeLike
Daarsy!!!!! Net so! Maklik om iemand anders te judge wat net n ander sonde as jyself pleeg. Pleks wys ons maar eers vrug voor mens preek. … mooi Vuurtjie
LikeLike
As dit vooraf preek is, kan dit hanteer word, maar dis die agteraf en neersien wat dit toffietaai maak, nè
LikeLike
Ja regtig hoor
LikeLike
Mmmm klink mos vir my dat die jaloerse duiwel op die agter-af praters se skouers sit.
LikeLike
Nė.🤔👍
LikeLike
Mooi gestel Vuurvliegie, mense moet verstaan dat hulle nie so kan aangaan nie.
LikeLike
Hoe sê die Ingelse mense is soms hulle eie ” cautionary tales”, waarsku stories.
LikeLike
Ek is vreeslik moeg vir hierdie wêreld en sy dinge. Voel soos Paules wat eerder by Jesus wou wees. Hoekom is dit so moeilik vir mense om mekaar ‘n plekkie in die son te gun. Toemaar jy hoef nie my vrae te beantwoord nie… ek dink sommer hardop. 😊
LikeLike
Ek dink saam… 😉
LikeLike