20190502_0745384122567742364075296.jpgWoordsnoer, woordsnoer.

Kom nader vir ‘n lekker ‘waar-die-muse-jou-lei’ woordsnoer. Enigste kinkel: dit moet humoristies wees. So dat ons kan vuisies bal, tone krul en kan skater van die lag. Skryf ‘n staaltjie, fantasie, gedig, net wat jy wil.

Hier is twintig woorde om jou te help woorde ryg.

Lekker skrywe.

kanniedood

oorveeg

sleutel

doepa

blertse

snoek

klug

essens

egalig

eweso

groeipyn

adoons

wegja

sorge

tikseltjie

smoor

ekkerig

lomerige

fossiele

links

Wil jy saam woordsnoer?

So maak mens :

Jy kan  ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/b4994a70bde246a8aca2b9b45ddb2193