Kyk gedaan is ek en so ook my Towerinmaats na ons epiese skryf avontuur by Eden ‘n verlate plaas naby Rebusfontein na Pofadder se kant toe. Genade soveel van wellus, moord en haat en gierigheid. Daai Eden het vir ons besig gehou. Kliek op die naam as jy ons storie volledig wil lees. Gruverhaal Towerinstyl.

Ek het maar ‘n Vuurvliegie noodliggie uitgestuur en by ‘n wondermaker gaan kers opsteek om vir ons iets baie mooi op Rebusfontein te gaan installeer. Oral by die huisies in Towerinstraat en die dorpsmeent. Dat ons net aan mooi kan dink.

Ek kan nie wag as ons klompie wat wegbreek in Una se Meermin kombi daar aankom nie. My maats gaan verras wees en ek weet die wat nie op die kombi gespring het nie gaan weldra verskyn om die mooi op Rebusfontein te geniet.

Op ‘n rêrige noot. Robin Wight, aka FantasyWire,  is die skepper van die mooie kuns. Is die man se kuns nie fraai nie! Gaan lees meer oor hom hier.

Mwah! Lekker verjaar liefste Bondels. Dis vir jou ook, en dat jy in jou storie jou feëtjies gehou het!

NS. My #NaNoWriMo2019 vorder mooi -21294 en ek is nog aan die gang vir vandag.