depositphotos_57496435-stock-illustration-crows-nest-illustration

Wat in die vorige hoofstuk gebeur het:  Die Towerinne het met Kameel en Trommeltjies en spookpiepie se hulp die sleutel in die kis se slot aan die draai gekry, en met moeite die deksel gelig gekry. Op daardie oomblik is daar ‘n geweldige gerammel en skudding. Die toneel van die kelder se kant af het inmekaar getuimel. Gelukkig het hulle toegang van buite.  Almal staan botstil, stofbesmeer en tranerig van skrik.  Net Frannie is nie teenwoordig nie. Sy is dorp toe gestuur om navorsing te doen.

(As jy die storie van meet af wil lees, kliek hier

********

Die Towerinne staan ge-Pompeii voor die kis. Die deksel het met die harwar oop gevlieg.  ‘n Bloedstollende kreet verbreek die katatonie oombliklik.

“Nee! Ag, Vader, nee,” huil Kameel.

Trommels kom uit haar waas en begin ook hand oor die mond snik.

Ons ander skuifel nader. Twee geraamtes lê langs mekaar. Een met ‘n lint in  blonde hare wat om die se skedel lê. Klara. Onteenseglik. Al haar fotos is met  hare in lint getooi.

‘n Kleiner liggaampie lê met ‘n teddiebeer op die borskas. Kleine Thomas.

Vuurvliegie fluister:”Eden is allesbehawe ‘n paradys. Dis ‘n gruwelhuis. Wie sou hierdie mense so uitgewis en mishandel het?  Wil julle my sê die kinnerkies is hier aangehou, of is hulle hier kom wegsteek? Ek wil nou terug Rebusfontein toe. Hierdie is te erg vir woorde.”

Sy begin wegstap. Die ander draai ook woordeloos om en volg haar na buite. Sonskyn toe, na die hede toe.

Dis ‘n stil groep vroue wat om die waterput by die meent op Rebusfontein aankom. Die stilte word onderbreek toe  Frannie wat vervaard aangedraf kom.

“Julle, julle julle gaan nie glo wie loop ek op die dorp raak nie! Camilla is hier,” kom diet uitasem. Frannie se silwer bob in alle rigtings.

Hester kyk vir Frannie aan. “Moes jy nie vir ons by jou kontak met geboortes en sterftes goed nagaan nie?”

“Nee, wag, die antwoorde is hier by ons!  Lorenzo, kom hier,” beduie Frannie opgewonde.

Lorenzo  sit sy graaf neer, vee die sweet van sy voorkop af met die punt van sy help-my-sterk-lyk hempie en kom nader gestap. Ag mooi is darem nog nooit lelik nie. Die son blink op die bos swart hare, ag, en daai lyf. Die Towerinne swymel so oomblik.

Lorenzo, what did you and Camilla find at the fountain waterfall,” vra Frannie.

What you mean, what we find? We had de fun in die sun,” bloos Lorenzo.

“Nee,man Lorenzo.  Not…what…did…you…do. What…did…you…find,” elokeer Frannie met nadruk.

Lorenzo krap in die stof met sy skoenpunt. “Um, I find the bones, you know that…

No Lorenzo, what else. The letter, tell us about the letter,” por Frannie en stoot haar bril terug op haar neus.

Ons almal kyk Frannie verstom aan. Watse ‘letter‘ nogal. Almal praat gelyk.

“Sjuut, stil julle. Lorenzo kry die koors as julle so tekere gaan, net nou land hy weer in die hospitaal,” raas Hester.

Lorenzo, Camilla says you gave her a letter to read because you could not understand,” gaan Frannie voort.

‘n Lig gaan vir ons Italianer aan.

O, that letter,”sê hy, en wys met een vinger die lug in.

“Wat,” gil almal gelyk. “Lorenzo het die antwoorde en hy vertel ons niks!”

Die gort is gaar. Hester tree vorentoe, dit lyk of sy die man gaan verwurg.

“Hester, wag. Jy weet ons gaan niks uit hom kry met geweld nie. Kom,” sê Vuurvliegie gryp vir Hester en Lorenzo aan die elmboog. Hier moet dinge nou kalm gebeur.

So in die wegstap  sê Vuurvliegie oor haar skouer vir die verslae Towerinne: “Julle, haal asem. Spoel solank daai stof van julle gesigte af en drink van die soete water. Of nog beter bietjie frangelico. Ons is nou terug.”

Die klomp sak almal in die koelte op die gras neer. Dit gons soos ‘n swerm bye soos elkeen spekuleer oor wat de duiwel aan die ontwikkel is.

Gou is Hester, Vuurvliegie en Lorenzo op Hester se stoepie. Dis Lorenzo se veilige plek. Beskroomd sit hy op die bed met Hester se Balieend styf teen sy bors vasgedruk.

Lorenzo, why did you not bring the things you find to us,” Hester klink soos die bad cop in die poliesstories.

Vuurvliegie flusiter uit die hoek van haar mond:”Hester, saggies.”

Lorenzo, I know you told us the dead must not be disturbed. But we have stumbled onto a wrongdoing, and we want to make sure justice is served.  Please tell us what you have found,” vra Hester afgemete.

Hester Sintester, Firefly! I laff you all very much, I look out for all de ladies. I watch you hide things, I see dat Brewdina woman watch you all de time. I watch her, follow her. She up to no good…” Lorenzo kry nie sy sin voltooi nie.

“Broodina,” sis Hester. “Wat maak sy, what she do,” por sy Lorenzo aan.

Lorenzo vryf deur sy hare en beduie pure Italiaans. “Every time you bury stuff, she come to take it. So, Quasimodo and I scare her before she can dig up de things you bury. Quasimodo start looking for things, and what he find, I hide them.”

Hy buk vorentoe en skuif ‘n trommeltjie onder sy bed uit. Ons buk om beter te kan sien.

In die trommel is briewe, foto’s, die resepteboek, die juwele. Al die goed wat ons oral weggesteek het om later te ondersoek.

Daar is egter ook items wat ons nie ken nie.

Lorenzo krap tussen papiere en haal ‘n dokument uit.

“I find this but I no understand de writing. I ask Camilla. She say it is too sad, I put it back. The dead do not want disturbance,I think,” sê hy sag.

Vuurvliegie vat die dokument.  Daar is ‘n opskrif: “Die donker Wolk.” Die handskrif lyk bekend. Dis die skrywer van die hartstogtelike brief aan Leonard se handskrif dié!

Voor sy kan begin lees kom Frannie haastig aangestap, met ‘n armband in die hand.

Lorenzo, where did you find this? You gave it to Camilla,” vra sy.

It no belong to the dead, it belong to Brewdina. When I scare her away, it came loose when she run away. I pick it up to give to my Camilla. So pretty, but why you have it? Where is Camilla….” hy probeer dit by Frannie neem. Sy ruk weg.

“Waddehel,”  sê Hester. Sy vat die armband by Frannie en grou in die trommel.

“Julle, die armband is Isabella s’n. Kyk,” en sy druk ‘n foto in Frannie se hand.

Sowaar, op ‘n foto staan Isabella met die einste armband aan! Wat maak Broodina met die armband?

Hester sit die armband in die trommeltjie en begin terugstap waterput toe.

“Kom julle, ek het nou lafenis nodig,” roep sy Vuurvliegie en Frannie om te volg.

Die ander Towerinne sit grootoog orent toe Hester na ‘n groot sluk water haar teen die put gemaklik maak. Trommeltjie op die knieë.

“Die goeie nuus is al ons ontdekkings is veilig. Lorenzo het agtergekom Broodina spioeneer op ons. Danksy hom en Quasimodo is sy verjaag,” en Hester sluk nog water.

Daar is ‘n gemeenskaplike gesnak na asem.

“Dit blyk dat hier,” Hester skud die trommeltjie, ” al die antwoorde vir die geheimenisse van Eden  in opgesluit lê. Lorenzo en Quasimodo het ook goed ontdek en weggebêre.  Hy het Broodina op een van haar spioenasie togte verskrik. Die armband,” Hester hou dit in die lug, “wat hy aan Camilla gegee het, is Broodina s’n.”

Jy kan die Towerinne met ‘n veer omtik.

Vuurvliegie maak almal stil. Bang hulle word dopgehou.

“Ons kan nie hier sit en die geheime ontrafel nie. Ons moet versigtig wees, netnou het  die hemel ore. Onthou julle die grot waar die diere vir Barnum weggekruip het, daar bo in Perdeby se tuin?  Niemand sal ons daar kry nie. Oom Paul en sy spookmaats sal ons op pas. Lorenzo, you stay here. You make sure no-one follows us Capiche! Towerinne, gaan nou elkeen na julle huise toe, rus ‘n bietjie en dan as die son mooi skemer, gaan via julle agtertuine na Perdebytjie se tuin. Daar agter die gemakstroon met die uitsig verby, links sal julle die diere se wegkruip grot kry. Toorts, bring vir ons nie-ontplofbare Tiramisu, ons gaan energie nodig hê, en Frannie, bring ons mandjie met die broodjies.  Woordnoot, bring Frangelico saam. Sorg dat julle selfone vol gelaai is, ons het leeswerk om te doen. Scrapy bring vir ons die laslapkomberse en kussings. Bondels en Seegogga – sorg vir skryf en teken goed – ons gaan ‘n paar stambome moet ontrafel,” masjiengeweer dit by Vuurvliegie se mond uit.

Dis stil in die grot waar die Towerinne in ‘n kring om ‘n vuurtjie wat Quasimodo ewe lief vir hulle gemaak het. Porky en Harpy sit en hoe-hoe net buite die grot.  Die honde en katte en Pasella sit in ‘n ry by die grot se ingang, en tuur die donkerte in. Almal op wag. Buite steek oom Paul en Piet Joubert hulle pype aan.

“Woordnoot, lees vir ons dié,” en Hester druk “Die Donker Wolk” in haar hande. Woordnoot het so mooi fluweel stem. Sy begin lees:

Die Donker Wolk

Hoe sal ‘n moederhart dit tog hou om te sien hoe haar kind se siel gebreek word. Wat is die prys wat Eden van ons almal gaan eis vir ons keuses? 

My kind, so veelsydig en talentvol; my sagte en kunssinnige kind, het oornag alle belang in klavier speel, skilder en lees verloor. Haar vrolike lag is gesteel…”

Die Towerinne is gemesmeraais….

Dit is duidelik  dat wat Camilla ‘n opstel beskou het, ‘n alleenspraak van Sophia was. Dit blyk dat Sophia bekommerd was oor Klara se persoonlikheidsverandering. Dat Klara, onder aanstigting van Isabella, uitgevind het sy en Thomas is aangeneem. Dat haar ma en oom en tante nie haar biologiese familie is nie. Dat haar regte ma Charlotte in die kelder aangehou is en daar oorlede is. Haar Pa en oom Leonard verdwyn het. Dat die kwaai Butler haar bloed oupa is. Dat al die ontdekkings net te veel vir die kind was.

“‘Tjag, die sondes van die vaders wat aan die kinders besoek word,” sug Scrapy en al wat Towerin sit met trane in die oë en dis nie van die vuur nie.

Soos ‘n kraaines samel alles bymekaar. Vrae vlieg om die vuur.

Wat het Isabella alles aangevang?

Hoekom het Broodina Isabella se armband gedra toe Lorenzo haar verjaag het? Is sy deel van Eden se geheim?

Toortsie, sal jy asseblief vir ons verder vertel

*****

Hierdie blogpos is geskryf om deel te neem aan die Towerinne se bloguitdaging om ‘n vervolgverhaal te skryf oor die misterieuse herehuis naby Rebusfontein waar die vroue besig is om ‘n biblioteek te restoureer. Die mense en die plekke is fiktief. Om die ander deelnemers se bydraes te lees, volg hierdie skakel:

https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313