
Roes rus sê die wyse mense. Ek het nou genoeg gepieker en getob oor alles, en is lus vir pret.
Ek is mal oor blokraai en speel sommer so terwyl ek raaisels voltooi, storietjies in my kop af met die woorde. Ek snoer dan so storietjies aanmekaar. Julle almal hou mos van uitdagings. Hester het my mooi geleer hoe om dit via Inlinkz sulke pret goed te orden.
So, hier is ek nou. Hoop julle kom speel en kuier saam. Dis nou vir ons klomp tuisblyers. (Vele blogland maats is in Ierland, Skotland, Israel en so.) Terwyl ons nou vir die reën wag, kom klim uit jantuisbly se kar in rusroesland en speel saam ‘seblief!
Woordsnoer uitdaging:
Oom Paul Kruger se verjaardag, rysmiere wat skielik verskyn, die Piet-My-Vrou wat roep, die Bosveld visvanger se tjiep-tjirr, ‘n legio bygelowe gaan saam met die koms van die reën. Dis lekker, sulke vertellinge or bygelowe.
Kom ons relaas oor die stories rondom die koms van die reën en die seën wat dit vir ons bring. Die knoop lê in die gebruik van die volgende woorde in jou reënsnoer:
ontwaak
sfinks
duskant
oproerig
asvaal
astrant
eteries
swembad
gazania
paria
soepele
giet
impi
akwarellis
sege
gewag
arena
glim
eensaamheid
reënbui
Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/f64779e6a80c44bfb5baa671f2d5bcdf
Die uitdaging sluit Donderdag 16 Oktober 2109 om 12h00.
Jy’s ‘n goeie student! Natuurlik het ek nou heel eerste gaan watter reënverwante bygelowe is op die internet en dis nou amper alweer ‘n uur later … Dit het so pas begin reën hier – ons kon nie rondsit en wag vir Oom Paul nie.
LikeLiked by 2 people
Julle is bederf….ons vergaaan.
LikeLiked by 1 person
Ons vergaan ook… Mag ons versugtinge, as ons die seën van reën in hierdie dorre land oordink en daaroor skryf, tog verhoor word…
LikeLiked by 1 person
Ons is op dieselfde bladsy….💝🌻⛈🌦🌧🌨🌨🌨🌨🌈
LikeLiked by 1 person
Wens ek kon bieyjie vir julle oorstuur. Hopelik gaan almal se reëndanse help om reën te bring.
LikeLiked by 1 person
Skryf vir ons die reën toe!
LikeLike
Sal moet n reen haka doen! Sal nie help nie want dit moet in SA gedoen word! Tina het n foto gestuur van hael wat tussen Potties en Naboom geval het. Het jul ook hael gehad?
LikeLike
Nee. Die wolke het na die woede darem 3mm vir ons oorgehad.
LikeLike
Ai 3mm is ook nie veel nie maar dit het hopelik darem in die grond ingetrek.
LikeLike
Ons is dankbaar vir alles.
LikeLiked by 1 person
Frannie, dankie.
LikeLike
Ons smag ook na reën. ❤️
LikeLike
Dis sekerlik ‘n landwye smagting. Ons geliefde Graaff-Reinet se woestyn dam is vir my ‘n nagmerrie.
LikeLiked by 1 person
Regtig ‘n landwye smagting. Ons het nogal so 2 weke gelede lekker reën gehad, maar ons Ladismithplaas wat veronderstel is om besproeiingsgrond te wees kry al die 4e jaar nie reën nie.
LikeLike
Rots teken reën aan en ons het nou die dag na afgelope paar jaar gekyk. Dis asof die reëntyd verskuif het. Angswekkend dat mens nie meer kan peil nie. Vir ons wat kunsmis verskaf leef ons saam met ons boerdery gemeenskap wat die weer en alle onseker betref. Sterkte vir julle.
LikeLiked by 1 person
Dankie ❤️
LikeLike
Sal beslis as ek terug is weer van jou woordsnoere probeer aanpak…
LikeLike
Hallooo! Kuier jy lekker
LikeLike
Hallo daar. Het heerlike tyd. Ongewoon. Vandag is n shabbat hier en als is toe, het op die oomblik wifi toe kom loer ek gou in..
LikeLiked by 1 person
Hoop jy maak jou hart vol sielsgoed. Liefdegroete.
LikeLike
Propvol vuurtjie, propvol
LikeLike
💝😇
LikeLike