Frannie oorhandig Charlotte se dagboek aan Vuurvliegie. “Frannie, dis toe gesluit! Waar sal ons die sleutel kry,” sê Vuurvliegie.

Voor iemand iets kan sê vlieg Vuurvliegie se vinger die lug in. Dit lyk of sy ‘n visioen sien. Sy vra opgewonde: “Hester, Positief, waar het julle net nou ge-gumboot?”

Sy verbeel haar dat dit hol geklink het toe haar maters so uitspattig soos Johnny Clegg en duisende Zoeloe myners hulle gumboot voete hoog opgelig en dawerend neer gestamp het op die biblioteek se stowwerige matbedekte vloer.

Vuurvliegie was nog besig om die kante van die mat los te woel en kon nog nie kyk of die vloer gered kan word nie. In haar hart het sy gewens dat daar lieflike hout onder die mat sal wees. Dit sal beter wees as kamma hout teëls wat opsie een is om skoonmaak maklik te maak.

Hester en Positief word nie twee keer genooi nie, en summier gumboot hulle. “Hoor, julle dit,” vra Kameel. “Wraggies, dit klink hol daar waar julle spring. “Vuurvliegie, bring daai matsnyer. Kameel en Vuurvliegie hurk saam en Vuurvliegie sny ‘n vierkant uit die ou mat los.

“Atisjoe,” nies die twee in koor. Kameel druk op die planke. Die verstomde Towerinne, wat in ‘n kring om hulle maats staan, sien hoe lig een plank op. ‘n Spinnekop kom langbeen uit geskarrel. Woordnoot en Toorts gil dat oormôre kan hoor. “Doom, waar is die Doom,” koor hulle.

“Nee,” raas Perdebytjie, “ek sal hom buitetoe vat.” Die Towerinne lyk soos ‘n erewag toe Perdebytjie met die spinnekop aan haar vadoek uitstap.

“Toortsie, leen bietjie jou flits asseblief,” vra Vuurvliegie. Toorts haal haar selfoon uit haar rooi voorskoot se sak. Sy is so mooi gekleurkoördineer – rooi voorskoot en kopdoek en gumbootse.

Vuurvliegie sit die flitslig aan en tuur onder die plank in. Daar lê ‘n koevert. Genade, maar die mense van Eden is lief vir versteekte goed.

Opgewonde maak Frannie plek op die lessenaar wat vol boeke en dokumente lê. Die Towerinne staan met opgehoue asems toe Vuurvliegie die koevert oopmaak. ‘n kettinkie met ‘n sleutel en ‘n pak foto’s gly op die lessenaar uit.

“Haai kyk net hoe mooi. ‘n Vrou met ‘n ligte hoed en donker stola en sambreel kyk glimlaggend oor haar skouer. Charlotte,” sê Kameel en wys vir die Towerinne.

“Kyk Hier is Leonard,” sê Hester en wys na ‘n kordaat kêrel wat saam met twee ander op ‘n foto verskyn. ‘Pappa Joseph, Tannie Isabelle en Oom Leonard Angelwood’ staan agterop geskrywe.

“Oe. Kyk julle,” sê Christa. “‘n Foto in die einste biblioteek geneem. Klara Angelwood en Mevrou Marx en Mamma Sophia Angelwood is agterop geskrywe.

Kameel ril. “G’n wonder Klara is bang vir die butler nie! Kyk, hier is Meneer Hardy,” sê sy en gee die foto vir Scrapy.

“Hy lyk befoeterd,” Scrapy en gee die foto haastig aan Trommeltjies.

“Ag, hoe fraai. Kyk julle, hier is kleine Thomas. Ag kyk die katte,” kraai Una en wys vir Frannie. Hulle ouma harte sommer week oor die stoutgesig seuntjie en die katte wat by hom sit.

Vuurvliegie probeer die sleutel in die dagboek se slotjie pas. Hy pas wraggies. Wat sal binne die blaaie van Charlotte se dagboek versteek wees, wonder sy stil.

Hester sit op die lessenaar se hoek, haar gumbootse swaai heen en weer en sy blaai weer deur die pakkie foto’s.

“Nou weet ons darem Josef, Leonard en Isabelle is sibbe. Josef is met Sophia getroud en hulle het twee kinders, Klara en Thomas. Hulle huishouding word bestuur deur Mnr Hardy en Mevrou Marks. Waar is Josef en Leonard heen? Hoekom is Meneer Hardy so befoeterd. Dit lyk of ons Klara se wegsteekplek gekry het. Maar hoekom sal sy Charlotte dagboek sleutel en foto’s versteek? Hoekom apart van die dagboek? Het sy gehoop niemand vind dit ooit nie? Wie is Charlotte? Is sy miskien die skrywer van die brief aan Leonard,” ” mymer Hester hardop.

Vuuurvliegie onderbreek Hester se vrae. “Die sleutel pas. En sy blaai die dagboek oop. Dis leeg. Die bladsye is blanko!

“Raaisels los hulself nie sommer so op nie! Dit sou darem te maklik gewees het as Charlotte se dagboek nou die hele misterie verduidelik het,” lag Woordnoot.

Bondels kou aan haar verfkwas. “Vuurlvliegie, skud daai boek, net miskien….” Summier skud Viervliegie die boek aan sy buite blaaie dat die bladsye so oopwaaier. Sowaar, ‘n opgevoude papier fladder vloerwaarts.

Bondels tel dit op en vou dit oop. Dis ‘n geboorte sertifikaat. Charlotte Hardy. Bondels snak na haar asem. “Charlotte is Meneer Hardy se dogter,” gil sy.

“Bondels, wat staan daar agterop die sertifikaat geskrywe,” vra Virgo

Bondels draai die papier om. Sy lees, “Nottingham Road Hotel.”

Vuurvliegie vryf oor haar gesig en begin senuagtig lag. Julle, ek ken ‘n storie van ‘n Charlotte en die Nottingham Road Hotel in Kwazulu-Natal. Dis legendaries! Daar is ‘n spook wat blykbaar die is van ‘n dame van die nag genaamd Charlotte wat kamer 10 van die hotel beset. Sy was blykbaar op ‘n Engelse soldaat verlief, en een storie lui dat sy na daar, verkeerdelik aan haar vertel is dat haar minnaar dood is, van die balkon na haar dood gespring het. Ek kan nou nie die ander storie onthou nie. Menige gas wat die hotel besoek sweer hulle sien Charlotte. Sy herrangskik ook blomme en skuif spieëls rond!

Die Towerinne begin almal gelyk spekuleer. Net meer en meer vrae ontstaan oor verlate Eden, sy inwoners en die briewe:

  • Is Charlotte die briefskrywer?
  • Is sy die spook wat hier by Eden kom moles maak het?
  • Is Leonard haar minnaar? Het hy Joseph laat verdwyn?
  • Sou Joseph uit jaloesie vir Charlotte ‘n leun vertel het wat tot haar dood gelei het en het hy vir Sophia van sy daad vertel.
  • Is dit hoekom Klara skrywe dat haar ma so huil?
  • Het Klara iets met haar pa se verdwyning te doen?
  • Het Mnr Hardy kom wraak neem deur vir die Angelwoods te kom werk?
  • Is hy verantwoordelik vir Joseph se verdwyning?
  • Waar pas Mev Marks in? Wat weet sy?

Perdebytjie, jy sal moet kom help en hierdie Gordiaanse knoop vir ons deur te hak soos Aleksander die Grote destyds.

Waar sal hierdie storie heen lei? Sal die verhaal die gom word wat die Towerinne vir altyd aan Eden en Rebusfontein sal laat vasklou?

So lyk Klara se foto’s:

Eden se inwoners: Van bo links na regs onder: Josef (Pappa), Tannie Isabelle en Leonard Angelwood. Charlotte Hardy. Klara Angelwood, Mevrou Marks en Sophia (Mamma) Anglewood, Meneer Hardy, kleine Thomas Angelwood.

———–

Ons InLinkz skakel vir hierdie uitdaging is https://fresh.inlinkz.com/p/3f26291088494dc99c7aa4554a66a313

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.