
Dankie aan die bloggers wat kom saam woordsnoer het. Hester, Positief, Una, Kameel, en Toorts.
Vandeesmaand het ons effe anders gespeel. Die leidrade is in vet druk in die storie aangebring. Die antwoorde iewers in die blokraai wat in die foto verskyn het. So kon almal lekker soek en raai.
Knap gedaan maats. Daar was 19 woorde in ons raaisel storie te vinde. Hester wou nie musiek maak nie en in haar kostelike vertelling het net klarinet ontbreek. Woordsnoer kudos vir jou!
Die God van liefde – Eros het vir my ander blogmaats hoofbrekens besorg. ‘Skuus Una moet ek hier bely. Sy sou ‘n ander storielyn geskrywe het as sy nie op Isis van Egipte gefokus het nie!
Positief kry die Woordsnoerbeker – sy het eers op Isis gefokus en toe kry sy vir Eros en die twee speel hoofrolle in haar kostelike storie oor die droogte op Calvinia. Lees hier.
Hier is die aanvanklike storie met die korrekte woorde in hoofletters en die raaisel tussen hakies:
By ‘n ONTSPANNINGSLOKAAL (‘n vergaderplek vir afleiding (18)) op CALVINIA (Noord Kaapse dorp (8)) het daar nou die dag ‘n ding gebeur.
Blydskap oor MIELIEOESTE (graanopbrengste (11)) het die gemeenskap so verheug dat hulle besluit het om ‘n konsert te reël. Bekend vir haar LEIERSKAP (vermoë om te lei (9)) is Tant Koba van de Woest gekies tot voorsitter van die feeskomitee. Sy het die amp soos ‘n TERRIER (soort hond (7)) beset. Baie beskermend en kwaai.
Sy stel ywerig ‘n feesprogram saam en vra haar vriendin, Lenore Labusjé om haar broer, Luit Labusjé te reël met sy KLARINET (blaasinstrument(8)) die mense te kom VERGAS (trakteer(6)).
Die man is bekend om ‘n FAT (modegek(3)) te wees. Tant Koba het egter op die man se roem en talent gefokus, nie gedink wat die ONRUSSAAIER (opstoker(11)) op die dorp, Dirk Diesel sal aanvang nie. Dirk is nie bekend vir sy finesse nie en is gewoond om enige situasie met die UITERSTE (ergste (8)), BRUTE (ruwe(5)), ONVANPASTE (onbehoorlike(10) gedrag en woorde enige byeenkoms inKOLKGAT (‘n plek waar water maal(7)) te omskep. OPROERIG (Rebels(8)) het hy al menige FEESTE (vierings(6)) op die dorp ver-sies. Die koerantfotograwe het baie FILMPIES (fotostrokies(8)) van Dirk se manewales.
Die dag van die oesfees breek aan. Die vure brand, wors word gebraai, pannekoek word gebak. Almal lag en gesels en kuier te lekker saam.
Luit Labusjé se konsert begin stiptelik om agtuur. Die gordyne gaan oop, en daar SIELIG (jammerlik (6)) alleen, in die middel van die verhoog staan Luit in ‘n skokpienk pak met stywe klokbroek en platformskoene. Sy bril met pienk vere en diamante skitter. Daar is ‘n ring aan elke vinger.
Hy trek los en die mooiste musieknote oorspoel die mense. Gou is Luit se snaakse klere vergete. Die omies en tannies is in vervoering. Die wonderlike oomblik word onderbreek toe ‘n bonkige skadu deur die saal storm. Tant Koba snak na haar asem.
O, nee. Wat gaan Dirk Diesel tog nou weer aanvang? Gaan hy nou weer die arme kunstenaar REGSIEN (op sy plek sit(7))?
Luit hou op speel en tree terug, loer eers waarheen hy sal kan vlug en bly dan botstil staan. Stom van verbasing is die hele dorp.
Dirk Diesel sak op sy knieë en gee ‘n bloedrooi roos vir Luit.
“Sal jy met my trou,” vra hy uitasem. “Ek wag al jare vir jou om terug te kom na ons dorp.
Luit gooi sy fluit neer en neem die roos.
“Ja, Dirk my darling, ja!”
Die kameras flits en die saal zoem. EROS (Griekse God (4)) het liefde laat seëvier.
———–
Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
As jy die raaiselwoorde gekry het kan jy ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op InLinkz te gaan aanhaak nie! Hierdie uitdaging sluit Donderdag 19 September 2019.
https://fresh.inlinkz.com/p/92c8b09853e5402590c33e01c6889258
Lekker snoer tot aanstaande maand!
Tsk! Daai klarinet. Ek het mos al gesê ek het nie ‘n musikale been in my lyf nie. Dankie vir al die moeite Vuurvliegie – hierdie een was ‘n uitdaging in die ware sin van die woord. Om met woorde te kan speel (in my eie taal) is so bevredigend.
LikeLiked by 1 person
Ek het aan die vertelling afgelei dat daar nie musiek sal wees nie.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die Woordsnoer. Ons moes goed kophou…. my breinselle het oortyd gewerk.
LikeLiked by 1 person
Ek is bly om breinselle besig te hou, die uitdink doen selle vir my.😉
LikeLiked by 1 person
Jy speel lekker met woorde 😂😂😂
LikeLike
Ek het dit vreeslik geniet, dankie Vliegie.
LikeLike
Ek het die publish knoppie net te laat gedruk, maar myne is darem ook nou daar
LikeLike
Ek gaan dadelik lees. Dankie mater. Ek wil net ons koppe skoon kry voor Kamerl se borkery vervolg beginne. Dankir dat jy kom woordsnoer het.
LikeLiked by 1 person
Ek het die woorde al die eerste dag gekry, het ook eers Isis gehad, maar toe ek oplees, sien ek sy is ‘n Egiptiese god, so het toe vir Eros opgespoor. Wou ‘n hygroman met die twee as hoofkarakters skryf, maar die verbeelding ontbreek natuurlik
LikeLike
Die rede vir droogte is amper hygerig.😉😂🤗
LikeLike
DAnkie Vliegie, dit was lekker uitdagend. Het drie woorde gekort en toe tref die virusse my en toe land my deelname saam met die gebruikte tissues in my snippermandjie. Dit was groot rpet, veral omdat ek ook mal is ook blokke!!
LikeLiked by 1 person
Solank jy jou geniet het. Mwah.👌🤗
LikeLike
Ek is spyt ek het dié een gemis. My muse het die pad gevat en Vader Tyd hardloop so vinnig, dat ek steeds dink dis nog Augustusmaand!
LikeLike
Rus Bytjie, ons boekery vervolgverhaal skop aans af.📚✏🌻
LikeLiked by 1 person
Sjoe! Dit is oulik!
LikeLiked by 1 person