

My oogappeltjie-vegtertjie, M, en my hart se punt, Boeta, het verlede week my gemoed van blou bedonnerd na helderpienk,skaterlag vrolik omgeswaai.
Sien onse Boeta het toe nou sy eerste skoolkonsert. Hy en sy maters nogal in hulle Romeinse soldate uitrustings. Ons is almal verheug dat Boeta die danspassies so mooi onder die knie kry. Ons kleine kordaat. My aanneem-tannie-ouma hart bars van trots. Mamma, Ouma R en peetma Bab vertel hoe die openingsaand hulle betraand gehad het. Dit is goed so.
Boeta, mag my seuntjie tog altyd Jesus se soldaatjie wees.
Kleinsussie M, is nou ‘n ander storie. Openings aand hou sy haar besig met almal om haar se water bottels. Die word tot Bab se ontsteltenis-skaamte na haar skoot toe aangedra – want M wil tel. En haar stem- die is sterk soos haar wil en beentjies. Julle sal onthou dat ons dogtertjie vir byna vier maande in gips vasgevang was om haar heupies sterk te maak. Sy het daardeur getier en vandag sien mens net ballerina bene( of is dit rocker,wonder ek soms). Sy is besig en hardloop en dans en leef voluit luid! Liefste meisiekind.
Nodeloos om te sê, moes M toe nou na aand twee van Boeta se konsert ook gaan. Gesinne moet hulle akteurs ondersteun. Mielie stuur na die konsert vir ons ‘n WhatsApp. Sy vertel dat Boeta nog beter gevaar het as die openingsaand. “Ek het weer ‘n traan gepink,” laat sy weet.
Mielie se boodskap neem ‘n wending. Sy vertel sy het danksy M haar ma-verleë oomblik van die jaar ervaar. Hulle het nie gaan sit nie, maar so agterlangs langs die agterste stoele gestaan, so dat Boeta hulle kon sien. Reg langs hulle sit ‘n man met skouerlengte hare.
Toe dit stil raak, klap M haar ma op die skouer en wys na die man.
Luid verkondig sy: “Mamma kyk, hier is Jesus.”
Mielie vertel hoe meer sy vir M beduie sjjt…hoe meer beduie M met haar klokhelder stemmetjie:”Kyk, kyk.” Die man het botstil voor hom sit en staar, en gelukkig het die volgende item se musiek begin. Mielie sê: “I died dead.” Ek wonder of die man sy haarstyl gaan verander het, he-he.
Ons skater nog almal aanmekaar.
M, mag my dogtertjie altyd oral vir Jesus sien!
Mielie my liefie, daai dood van verleentheid oomblikke lei ons op om die harder oomblikke saam met ons kinders op die pad vorentoe te hanteer. Ons word so stil stil opgelei om die houe te kan vat my skat! Mag Jesus altyd vir jou en J ook sigbaar bly!
So met ‘n vrolike hart gaan ek Vrydag, 13 September 2019 binne. M se stemmetjie”Kyk, hier is Jesus” oral in my hart en gedagtes en my oë sien Hom en Sy genade in die vrolike viooltjies, die peperige geur van die goudgeel kappertjies, ruik dit in die natgemaakte kruie. Roosmaryn, salie, orego en basieliekruid. Kleinbekeer maak my hart warm. Heeldag.
Vrydagaand by die koms van die skemerte en terwyl Rots se braaivuur begin knetter, kyk ek op van waar ek op die stoep sit en blokraai. Die supermaan, Vrydag 13 September 2019, kom naby en groot loer oor die doringboom.
So in my enigheid hoor ek weer M se stemmetjie:”Kyk hier is Jesus.” Ek is aan M se kant. Voortaan gaan ek onthou Jesus was die dertiende Persoon om daardie laaste Aandete. Saam met Sy 12 dissipels. Ek gaan onthou dat Hy op ‘n Vrydag gekruisig is, en dat Hy opgestaan het.
Later die aand lees ek ‘n artikel oor Vrydag, die 13de. Hoe voor Christus se koms so dag ‘n viering van vroue se krag was. “Before patriarchal times, Friday the 13th was considered the day of the Goddess. It was considered a day to worship the Divine Feminine that lives in us all and to honour the cycles of creation and death and rebirth,” lui die artikel. Elke diertjie sy plesiertjie is my beleid.
TOM HARRIS skryf oor bygelowe:”… if you think about it, bad things, big and small, happen all the time. If you’re looking for bad luck on Friday the 13th, you’ll probably find it.” Sela.
“Ek is Jesus se soldaatjie, ja meneer,” sing ek luidkeels saam met Boeta. Ek gaan soldaat getrou toekomstige volmaan Vrydag die 13de as Paasfees gedenk. “Kyk, hier is Jesus,” my mantra saam met my kosbare M meisiekindjie!
Dankie Here, vir klein kindertjies van kinders van ander mammas wat my lewe ryk en vol seën maak!
Ag hierdie is nou so kosbaar, my knop in die keel gegee. Ons moet mos soos klein kindertjies word!!! Kyk hier is Jesus…. ons sien Hom oral.
LikeLiked by 1 person
Ek glo dit met my hele hart!
LikeLiked by 1 person
Wat ń pragtige skrywe, Vuirvliegie! Dit het my hart sommer nou goed gedoen.
LikeLiked by 1 person
😇💝
LikeLike
Dis pragtige, kosbare en kostelike oomblikke wat jy hier beskryf Vuurvliegie. My skoonma het altyd gesê: “As jy Jesus wil sien kyk net in ‘n klein kindjie se oë.” Ek is bly die kindertjies maak jou so gelukkig.
LikeLiked by 1 person
Dis so lekker dat ons klomp brommerige (somtyds0 grootmense die lesse by die ou kleintjies moet leer. Trotse ouma die, mens hoor sommer
LikeLiked by 1 person
Ek is hulle tannieoumaErna….hang af waarmee die tweetjies besig is. Ek is bevoorreg om deel van hulle kring te wees.
LikeLiked by 1 person
jy is hulle hart-ouma en basta
LikeLiked by 1 person
Ek vat daai dankie!
LikeLiked by 1 person
Awwww! Kyk hier is Jesus….as ons almal maar net weer Jesus oral kan raak sien…kosbaar ouma tannie Erna….
LikeLiked by 1 person
Mal oor die Romeinse uitrusting! Daar’s niks soos ‘n skoolkonsert (en bulletjie-rugby) om mens se gemoed te vervrolik nie. Het dit nou sooo baie saam met jou geniet! Ag, en die Jesus-scenario – net te dierbaar vir woorde.
LikeLiked by 2 people
Die twee kinnerkies maak my hart vol.
LikeLiked by 1 person
Ek is mal oor dinge wat sinchronisties gebeur. So skrywe ek my hart uit, en wraggies toe ek deur die blog leser blaai, sal Scrapy met haar wasdag ons nooi om te skrywe oor kinderliefde, kosbaar en spontaan. Wil jy nou meer! http://kreukels.home.blog/2019/09/16/maandagwasdag-no-11-kinderliefde/
LikeLike
Spontaan en eerlik soos net sulke kindertjies kan wees. Dis nie verniet dat Jesus die kindertjies lief gehad het soos hul is. Mooi gestel dat Vrydag die dertiende Paasfees is en Jesus die dertiende persoon aan tafel was. Dankie vir die verwysing ook na Wasdag se kosbaar en spontaan – liefde van kindertjies.
LikeLiked by 1 person
Oe, dis lekker om jou weer hier by my blog te sien draai!
LikeLike
Dankie vir die verwelkoming, ek is in n toestand van “moenie eers die emails oopmaak nie.” Sal hopelik vinnig weer oor wees.
LikeLike
Pragtig
LikeLiked by 1 person
Dankie Danie.
LikeLike
“I died dead”. Wel dit is Jesus se boodskap dat ons eie ek moet sterf. Klink vir my of Jesus regtig daar gesit het!
LikeLike
Amen, Abrie!😉
LikeLike
Ag hulle is te pragtig 💞
Pragtig geskryf.
LikeLiked by 1 person
Have you considered putting the widget for Google Translate on your blog, so we who speak English could read your posts? I would like to read this one, but cannot. Blessings to you! ❤
LikeLike
Hi, that is a brilliant idea. Will look into it. I have considered writing in English and Afrikaans, but time constraints…..🤗📚✏
LikeLike
If you look on the Right side of my widgets, you’ll see what I’m talking about–it makes things easier than translating word for word, I’m sure! Blessings to you! ❤
LikeLike
Hi, I have added Google translate. Please feel free if you need clarification – more often than not Afrikaans wording is lost in translation – really! 😉
LikeLike