Aan die leser:Hierdie is sommer ‘n blogland spelery van die Towerinne, as jy die hele saga wil lees, kom kuier hier, en las ‘n stertjie by as jy wil.

https://fresh.inlinkz.com/p/556868f82eae403d9143258e74ee97b1

Hier is die storie na die sirkustent afgebrand het:

Ek kom gisteraand stil,stil net na middernag op Rebusfontein aan. Dis spookstil. GelieUnaBaliPositiefTowerin tjoepstil, sit styf onder my arm.

Ons het ‘n noodberig ontvang via Perdeby se Neelsie, Frankie en Tienkie. Hulle het my laat weet van drama op Rebusfontein.

Van ‘n beangste Quasimodo, Ringo, Trompie, Karolus,Pasella, Porky, Harpie, Danie en Rof en Kieter, Lelik, Floki en al die ander kat en honde kinders van Rebusfontein, wat iewers skuiling loop soek het na Barnum se sirkus ontplof het…

Ek roep en soek en fluit, maar daar is nie ‘n roering nie. Ek begin soek. Niemand by my huisie nie. Waar sou ons gediertes nou wees, wonder ek.

‘n Sagte geruis kom nader. Dis Porky. Net agter hom twee skimme. Dis Oom Paul en Genl Piet Joubert. “Kom Vuurvliegie,” fluister Die Generaal. Sy spook oë twee pierings! ‘n Bang spook het ek nog nooit beleef nie!

Hy fluister:”Die afgelope dae was malligheid op Rebusfontein. Vreemdelinge met kameras oral aan die loer. Media sirkus. Die Towerinne is vort Carnival City toe vir hulle optrede saam met Una by Barnum se Sirkusvertoning. “

“Hoekom fluister ons,” vra ek maar saggies, en begin sommer ook oor my skouer loer. “Sjjt, netnou is hier weer drama, kom net saam dan praat ons verder,” por Oom Paul.

Saggies sluip ons straat af, draai in by Perdeby se huisie. Ek hoor die Towerinne daar binne. Dit klink nie goed nie. Groot ontsteltenis. Ek wil aanklop, maar word gekeer.

“Nee, ons gaan berg toe. Maak die hekkie saggies toe, niemand moet weet waar ons is nie,” sweef die Generaal voort.

Genade, ek begin soos ‘n superspioen voel. GelieUnaBaliPositiefTowerin is tjoepstil – dit wil gedoen word.

Ons loop suutjies deur Perdebytjie se tuin, bergop, verby die troon met ‘n uitsig. ‘n Liggie flikker in ‘n grot wat ek nog nie gesien het nie. Ons word begroet deur ‘n bewende Quasimodo, beangste Danie, Pasella – stemloos.

“Wat gaan aan,” vra ek en Ringo spring in my arms.

“Vuurvliegie, dit het alles met Una en die beenhare begin. Die kon ons dierasies en gediertes hanteer. Ons het gedink Bondels en Kameel en Woordnoot sal die situasie hanteer. Maar nee. Die soustrein siekte het hulle betower. Toe ons ons oë uitvee, is daar met daai ou wat snaaksies bymekaarmaak vir sy sirkus gekontak, al wat ‘n koerant en Vuisboek en Kwetser sak hier op ons Rebusfontein toe. Wat van ons? Al die gedruis en gevaar vir vyf-minute van roem,” kef hy hortend uit.

“Ringo, Ringo, bedaar,” raas ek. “Die Towerinne kry van tyd tot tyd so ‘n avontuur jeuk. Hulle sal julle nooit versaak nie. Wees maar net geduldig met hulle. Dit sal oorwaai, dan kan ons weer woordsnoer en konsert en rustiger lewe. Broodjies bak, op toer gaan, Ons sal, as alles bedaar het en Una se harige been geskeer is, ‘n spesiale avontuur bedink wat julle almal van hou en insluit,” belowe ek kalmte ter wille.

“Is nie, hulle was so besig met hare en naels en rokke en lyndans, ons is nie eers genooi nie. Toorts, Frannie, Seegogga,Trommeltjies, Scrapy, Hester, Christa, Positief, die hele spul aan die opdollie en daar gaan hulle. Tot vir Lorenzo saamgesleep. En toe, en toe kom hulle met Silver hulle op die motorfietse hier aan en is hier skielik ‘n sirkus tent opgeslaan en die olifante het ontplof en dis net maroelas. Kyk hoe verskrik is Pasella, kyk die vere hang aan daai lyfie. Harpie is so wiegerig – hy het van die maroelas ingekry. Jammer Jamie Uys kan dit nie opgeneem het vir sy snaaksies nie. Danie het sy hande vol met Cheeky en ou Rof wil net waai. Wat as Barnum agterkom daar is pratende en skaars gediertes tuis op Rebusfontein? Wat as hy ons kaap en wegvoer om geld uit ons te maak, want sy sirkus is daarmee heen. Tot as verbrand” snik Quasimodo.

‘n Gehuil en snik breek los. Dit eggo deur die grot. Die katte pernjou en kerm, die honde huil dat wolwe sal weghol. Die uile hoe-hoe. Billy Bok sukkel met ‘n stuk seil en tentpaal. Genade tog.

Ek dink, en dink en troos, maar niks deug nie.

“Ek wil vir julle iets laat hoor,” paai ek en ruk my tablet uit. Google kry gou Dr Doolittle se “If I could talk to the animals.” Almal begin bedaar. Een, twee, drie, skuifel al die beangste gediertes en honde en katte nader en sit stil en luister.

Toe ek weer kyk, sit Oom Paul en Piet Joubert en pyp stop, Pasella wieg heen en weer en die katte spin, Harpie sit en luister met sy kop so skeef. Rof hou te mooi ritme met sy stert. Kalmte en vrede kom oor almal.

Pasella kyk my aan. “Mooi, mooi. Julle Towerinne is soos die dokter wat sing. Julle kan ons hoor en verstaan.”

“Maar natuurlik, liewe Pasella. Dis mos hoekom Rebusfontein spesiaal is,” glimlag ek. Ons sit en lag en kekkel en knor en miaauw en kwetter.

Nou moet ons net vir Barnum en sy trawante wegkry. Ek onthou Hester het vertel van die soustrein wat die Towerinne na hulle vyf minute van roem vervoer het. Mmm. Ek het ‘n plan. Ek sit die Dr Doolittle video op herhaal, en laat al Rebusfontein se gediertes belowe dat hulle rustig, rustig in die grot sal bly, tot ons hulle self kom haal. Oom Paul en Piet Joubert sal wagstaan en enige vreemdeling wat naby kom verjaag.

Ek sluip bergaf na Perdebytjie se huis. Daar sit al die Towerinne, bedremmeld en in trane.

“Die Sirkus was om ons gediertes ook te laat beleef wat ons het,” huil Una en Scrapy toe ek by die deur instap.

“Ons het nooit verwag dat Barnum se olifante in die ryp maroelas by jou huisie sal invaar nie. Waar sal ons nou begin soek na ons diere kinders, en Quasimodo? Rebusfontein sal mos nou nie dieselfde wees as hulle weg is nie,” sê Frannie.

“Ek het hulle gekry, maar hulle wil nie terugkom solank Barnum en sy mense hier is nie,” rapporteer ek.

“Maar sy Sirkus is daarmee heen, waar sal hy nou heen,” vra Hester.

“Ek reken as ons hom iets meer aanloklik as Una se beenhare aanbied, sal hy een twee drie op daai soustrein klim en ons sal hom nie weer sien nie,” sê Perdebytjie.

“Hoe gaan ons dit regkry,” koor die towerinne.

“Vuurvliegie gaan hom en sy fortuinsoekers vertel van Isququmadevu wat in die Ilulange rivier in Kwazulu Natal woon. Sy is legendaries. Haar baardhare kan praat,” se Perdebytjie. Die Towerinne se oë rek.

Ek voeg by:”Ons kan hom na kruiekoningin,Antoinette Pienaar toe stuur. Sy het ‘n bergkat genaam Arvo Pärt. (Die man na wie hy vernoem is, maak moie musiek, kliek op die naam en geniet) Hy het na ‘n onderonsie met die windhonde op die plaas, opgeswel soos ‘n blaasoppie, en die veearts het aanbeveel dat Antoinette hom met twee spuitnaalde by sy skouers afblaas. Sy het vanoggend oor die radio vertel hoe hy so fluit-fluit afgeblaas het. Of nog beter. Ons kan hom parlement toe stuur – daai is nou ‘n bron van sirkusmense. Hy sal alles kry waarna hy soek – spekskieters, narre en so meer.”

Ons klomp skater van die lag.

Omdat Woordnoot en Kameel so goed bevriend met Meneer Barnum is, word hulle afgevaardig om die voorstel om deur Suid-Afrika te reis met die soustrein en so nuwe attraksies vir sy sirkus te kry, aan die man voor te hou.

Ons sit in spanning en wag. Sowaar, Kameel en Woordnoot kom aangedrafstap. Uitasem.

“Hy is mal oor die idee, het nie geweet van al die moontlikhede in Suid-Afrika nie. Hy het egter een voorwaarde, Una moet saam,” hyg Kameel.

“Nooit, nee,” sê Una. “wat nou!”

“Dis eenvoudig liewe Una – skeer daai beenhare,” koor die Towerinnne.

Een, twee, drie word skêre uitgehaal en skeerroom en skeermesse. Una sit rustig agteroor en laat haar vriendinne begaan. Vyf minute van faam was genoeg. Dis tyd dat Rebusfontein weer rustig raak, vreemdelinge en fortuinsoekers die wyk neem. Sy verlang hoeka na Kieter en Danie en Rof en Cheeky…..

“Wat gaan hier aan,” gil Meneer Barnum. Sy hoof attraksie sit glad geskeer, geen lang beenhare meer. Toorts skink vir hom frangelico, en ons bring die man tot bedaring.

Ons bied aan om hulle te help oppak en bymekaar maak aan dit wat van die sirkus oor is. Die babelas olifante en grommende leeus word op die agterste wa gelaai.

Die baard vrou en harige man en al die ander klim in die voorste wa. Meneer Barnum klim laaste op. Hy draai om en groet met teatrale gebare, blaas soentjies. “Totsiens, adieu. Tyd om te bemark,” roep hy en die trein trek weg. Eerste stop Kaapstad. Die parlement wag.

Die trein verdwyn om die draai en in die verte hoor ons die mense op die trein sing:

“Wag vir ons, wag vir ons,”‘n klomp mense storm agter die trein aan.

Dis die media mense. Hulle moet hardloop om die soustrein te haal. Rebusfontein en die Towerinne vergete. Nuwe sensasie wag.

Die Towerine draai om, en tot almal se verligting kom oor die meent na hulle toe aangestap:

  • Kieter
  • Lelik
  • Floki
  • Daan
  • Rof
  • Cheeky
  • Billy Bok
  • Ringo
  • Karolus
  • Trompie
  • BB
  • Sobek
  • Shilo
  • Quasimodo, met pik en graaf oor die skouer
  • Pasella en Harpy en Porky vlieg ook nader.
  • Lorenzo en Silver en sy maters kom ook aangestap met pikke en grawe.

“Waarvoor al die grawe, tog net nie vir ‘n bouery nie,” vra Positief

“Ja, wat gaan aan julle,” vra Toorts onthuts.

“Daai spoorlyn, dit moet nou weg, Rebusfontein het nie verder onverwagse besoekers nodig nie. Die sirkus is verby…,” sê ilver en maak sy hare met ‘n rekbandjie vas en knipoog vir Frannie.

“Kom ons gaan bak broodjies en kook banting boerekos. As die klomp die treinspoor gaan opgrawe, gaan hier klomp honger mense en diere wees,” sê Frannie en glimlag.

“Kom ons gaan drink eers heuningbostee daar by Nommer 14,” nooi ek. Toe ons lekker langbeen in die sonnetjie sit lees ek vir hulle die oulike woorsnoere wat Ingels en Afrikaans is: