Una, jou mooie foto uit die 80s en uitnodiging om foto’s van onsself uit die era te plaas is nie so maklik nie.

Die tyd omvou van my slegste en beste tye.

In 1984 ontmoet ek gelukkig my Rots. Trou in ‘n “Indian cotton” nagrok wat R30 gekos het! Die bruidegom se pak was tien keer duurder! Hehe!

Bab is in 1986 gebore – my een swanger foto sal ek nimmer deel, dit was nie my beste voorkoms nie – net rond, oral!

As joernalis en skakelbeampte was ek alewig agter die lens. Foto’s ‘far, few and in between’ soos die Ingelse sal vertel.

Hierdie foto is in 1989 geneem, my kind bitterlik siek toe ons die Laeveld besoek het. Og, die potdeksel haarstyl en vreeslike brille en groot oorbelle – wat het ons besiel!

Die tagtigs is waar Bloubekruip die gemoedsbekakbrak my beetgekry het. Deur genade en die liefde van my gesin alleen kan ek terugkyk en sê ek het oorwin!