
Kom, Rebusfonteiners en maats. Warm klere aan, serpe en jasse en dik wolsokkies, dit is koud daarbuite. Loop stil na Rebusrus Amfiteater. Julle sal ‘n vuurtjie daar kry en ‘n mandjie met flesse vol hartlike Minestrone sop, skink vir jou ‘n kommetjie, wikkel jou in ‘n laslappiebers en kussing met liefde van Scrapy en Toorts daar neergesit.
Moenie praat nie, kom sit langbeen onder ‘n snoeskombers met warm sop in jou hand geskulp, kom ons wees stil saam voor die sielkos konsert. Hierdie is my über-maak-my-siel-en-hart-skoon en stil keuse.
Kom ons gaan kuier in Koning Salomo se Tempel, Zadok was die priester. Lof vir Agnus Dei uit Handel se pen.
Die Misa Criolla is Argenteins van oorsprong. Dis ‘n stuk in vyf dele meesterlik gekomponeer deur Ariel Ramirez. Hierdie opname is in Pole gedoen en die komponis speel self klavier. Ewig dankbaar vir Oom Fanie van RSG se Loof die Here wat ons hieraan voorgestel het. Lieflik, loflik. ( onthou om na die advertensie in die middel aan te kyk. Die stuk is 20 minute – so maak tyd om dit stil deur te luister.)
Pie Jesu is immergroen. Hierdie een is spesiaal want dis onse eie Coenie de Villiers, Chris Chameleon en Jannie du Toit wat lof besing.
So met die sak van die son elke Sondagaand neurie ek hierdie lied. My gebed vir almal, julle ingesluit wat my hart se rakke volsit. My Afrikaans, my land, my menswees en geloof leef in hierdie lied. Ek hou van die weergawe, want ek kan saamsing 😉
Hier is my wiegelied gunsteling. Ek is al sestig, en mis vir jare der jare my ma en ouma se warm toemaak en vasdruk saans. Hierdie laat die gemis stil word.
Vrede vir ons almal, is my bede.
**********
As jy aan ons Top Vyf by Rebusrus Amfiteater wil deelneem, haak jou blog aan die skakel en onthou om al die bydraes tot dusver te lees en te luister – lekker!
https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f
DIe Magaliesburg se aandlied is vir my nuut! Dankie vir die mooi musiek…dit het vrede in my hart gebring.
LikeLiked by 2 people
Vredige Sondag en week vir jou.
LikeLiked by 1 person
Lyk so lekker. Is dit op ons planeet?
LikeLike
Rebusfontein is ons klomp Towerinbloggers se verbeelplek waar geen moeilikheid is nie. Ons ontvlug, lag en leef saam met karakters soos Lorenzo, Quasimodo, pratende honde en katte en so. Daars hope plek as jy wil kom ontvlug🏡📚✏🎵
LikeLiked by 2 people
Vandag ń emosionele dag vir my. Dankie vir die mooi musiek. Ek is mal oor die a
Magaliesberg se aandlied. Het jy al Nianel se opname gehoor, my gunsteling. Hoendervel mooi
LikeLiked by 2 people
Ag ek is bly as hierdie jou siel se seer gesalf is. Sterkte. Haar opname is ook mooi, maar my nuwe hees stem maak die akoestiese weergawe meer saam singbaar vir my 😉
LikeLiked by 2 people
Mooi!
LikeLiked by 1 person
Aaaa, Vuurvliegie, na so ‘n Sondagaand sal Maandag ook mos mooi wees!
LikeLiked by 2 people
Amen.🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Pragtig…. bring rus vir die siel. Dankie vir die lekker atmosfeer van komberse en sop wat jy geskep het!!!
LikeLiked by 2 people
My plesier. Groetnis.
LikeLiked by 1 person
Pragtige musiek en bring sommer vrede in mens se hart🙏🌻
LikeLiked by 1 person
🤗🌻🎼🎶
LikeLike
Ek ken ‘n paar nie, maar het lekker geluister! Dankie.
LikeLiked by 1 person
So leer ons saam, saam nuwe musiek. 🤗
LikeLiked by 1 person