Kyk, nog nooit was Vuurvliegie so onder uit my hart bly dat Woordnoot die Rebusrus Amfiteater tot stand gebring het nie. En dat ons kan konsert hou.

Arme Una gaan nou die oggend aan die gil. Towerinstraat is in chaos. Onder Nommer 2 se deur is ‘n foto geskuiwe. Van die paparazzi, met dreigemente oor voorbladskandes. Dis ‘n foto van Danie, Una se Rasta optel, ‘n rooibruin reun en op Danie se rug – ‘n bybie! Maar die bybie lyk nie soos Danie of soos Rondloper Rof, sy nuwe vriend nie.

Scrapy het vir Porkie en die gevogeltes van Rebusfontein gevra om ondersoek in te stel. Harpy wat nou ook by my ingetrek het, en rêrig soos Batman in vermomming lyk, het gou gaan bespied.

Dis Blondie van Hitler se baba vertel Harpy vir my. Hy wil nie sê wie die pa is nie…. dit het met die langtafelaand gebeur. Blondie is intussen vort saam met Hitler, want die pa wil niks weet nie.

Danie en sy lewensmaat Rondloper Rof het die baba op Una se stoep gekry, nou gaan hulle maar die knoop deurhaak en baba grootmaak. Dis ‘n groot ding om sommer so ‘n baba ook op die rug te tel. Bewonderenswaardig is onse Danie!

Una is bekommerd oor die toekoms van die nuwe gesin wat saam met haar in kom trek. Terwyl sy skare-befondsing (crowd funding) op Vuisboek gaan begin (al wat leef en beef doen dit, en ons kan duisende vir Danie en sy gesin insamel) gaan ek ‘n kits Saterdag konsert ten bare van die nuwe gesin reël.

Ek is seker elke graspol in Rebusrus Amfi gaan uitverkoop wees.  Dink jy nie ook so nie? Kyk wie tree op. Die musiek vertel ou Danie se storie en die uiteinde van die konsert mooi! O ja, die baba se naam is Chiquitita – ‘n Chihuahua met ‘n wolfhond se hart…. 😉


As jy wil saam speel en jou eien Top Vyf konsert wil reël, kliek hier:

https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f