



Kyk, nog nooit was Vuurvliegie so onder uit my hart bly dat Woordnoot die Rebusrus Amfiteater tot stand gebring het nie. En dat ons kan konsert hou.
Arme Una gaan nou die oggend aan die gil. Towerinstraat is in chaos. Onder Nommer 2 se deur is ‘n foto geskuiwe. Van die paparazzi, met dreigemente oor voorbladskandes. Dis ‘n foto van Danie, Una se Rasta optel, ‘n rooibruin reun en op Danie se rug – ‘n bybie! Maar die bybie lyk nie soos Danie of soos Rondloper Rof, sy nuwe vriend nie.
Scrapy het vir Porkie en die gevogeltes van Rebusfontein gevra om ondersoek in te stel. Harpy wat nou ook by my ingetrek het, en rêrig soos Batman in vermomming lyk, het gou gaan bespied.
Dis Blondie van Hitler se baba vertel Harpy vir my. Hy wil nie sê wie die pa is nie…. dit het met die langtafelaand gebeur. Blondie is intussen vort saam met Hitler, want die pa wil niks weet nie.
Danie en sy lewensmaat Rondloper Rof het die baba op Una se stoep gekry, nou gaan hulle maar die knoop deurhaak en baba grootmaak. Dis ‘n groot ding om sommer so ‘n baba ook op die rug te tel. Bewonderenswaardig is onse Danie!
Una is bekommerd oor die toekoms van die nuwe gesin wat saam met haar in kom trek. Terwyl sy skare-befondsing (crowd funding) op Vuisboek gaan begin (al wat leef en beef doen dit, en ons kan duisende vir Danie en sy gesin insamel) gaan ek ‘n kits Saterdag konsert ten bare van die nuwe gesin reël.
Ek is seker elke graspol in Rebusrus Amfi gaan uitverkoop wees. Dink jy nie ook so nie? Kyk wie tree op. Die musiek vertel ou Danie se storie en die uiteinde van die konsert mooi! O ja, die baba se naam is Chiquitita – ‘n Chihuahua met ‘n wolfhond se hart…. 😉
As jy wil saam speel en jou eien Top Vyf konsert wil reël, kliek hier:
https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f
Ek het nou kliphard gelag vir die hondemanewales!!! Danie het voorwaar ‘n goeie hart….. en ek is seker daardie fondsinsameling geld gaan baie welkom wees. Una kan nou vrylik asem haal. Dit was ‘n heerlike konsert dankie. Jou musieksmaak is voorwaar wyd…. ek ken nie een van daardie liedjies nie.
LikeLiked by 2 people
Welkom in my deurmekaar brein😂🤗
LikeLiked by 1 person
Sjoe Towerinne, maar ons gaan groot!!! Chiquitita is die mees gepasde naam, veral omdat dit Abba se liedjie is. Ek voel nou sommer ń nuwe mens, al die hulp wat instroom!
LikeLiked by 2 people
🤗💖💝🎼🎶🎵✏📚🏡
LikeLike
Ek het GEWEET daai nuwe gevoëlte sal die antwoord hê!!! Geweet sê ek jou!! Dis gaaf. Ons nuwe bewaker van Rebusfontein , love julle musieke
LikeLiked by 2 people
🎵🎼🎶🤗
LikeLike
DJ Vuurvliegie, ek het jou musiek nou vreeslik geniet en heerlik saamgesing. Rondloper Rof 🤣 waar kom ht aan daardie naam? – hy lyk dan soos ‘n regte gentleman.
LikeLiked by 2 people
Hy het die rep gekry voor Danie se tyd en invloed.😂
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n oulike slim plan Welgedaan!
LikeLiked by 1 person
Ek lag steeds en like die rigting van jou op😀🌻😀
LikeLiked by 1 person
Daar het ons dit nou, wat n versameling van musieke. Ou Danie is n regte doring as dit by musiek kom.
LikeLike
Nou toe nou, wie sê vier been kinders kannie konsert hou nie. Mooi gedoen.
LikeLiked by 1 person
Dankie, lekker geluister. Sowaar, ons twee deel Chiquitita? Myne is minder aangename herinnering, my ou het my gelos na die vakansie wat ek op die plaas was. Maar, hy was nie die man vir my nie. Dus is dit steeds ‘n gunsteling ene.
LikeLike
Dis vir Una en Danie die konsert
LikeLiked by 1 person
Eish…ek het sowaar hierdie een gemis!!! Maar ek sê julle…ons kan konsert hou en fondse insamel en die wêreld om ons laat lag….dit wil gedoen wees!
LikeLiked by 1 person
Hallo hooforganiseerder konsert. Lekker dat jy inloer.🎶🎼🎵🍷
LikeLike
Haha..hooforganiseerder, nogal! Ek dink ons moet ‘n ghoema aand hou vir almal wat bygedra het….
LikeLiked by 1 person
Ons moet net onthou om dan die randkonserte daar van Hartebeesfontein se kant ook in te sluit. Netnou loop mense uit…..😉
LikeLike
O ja…ons wil nie hê iemand moet uitloop nie. Ons is mos nie so nie!!! Nee, hoor, almal moet ‘n toekenning kry…dalk moet ons solank ‘n nominasie lys uitstuur??? Hahahaha
LikeLike
Julle hou lekker konsert daar onder… sommer twee Beatles songs… ek wonder, as ek saam speel, kan ek op Ingels saam speel?? 😉
LikeLike
Absoluut
LikeLike