This Zapiro cartoon tells of the great heart and the forgiving heart united forever. Today, on this 67 minutes for Mandela day,South Africa, already in so much pain, is poorer.
However, we can benefit from the exemplary lives of these two legends. Larger than life humanity, forgiveness, patience, wisdom. Nelson Mandela, our Madiba, and Johnny Clegg, our White Zulu, embodied this. Not to mention great leadership and artistry, respectively.
For me both men embodied the spirit of Ubuntu. Looking others and troubles in the eye, never flinching, living with dignity until the very last moment. Rest in peace, rest in peace and thank you for your lives and example.
Today is Madiba day. 67 minutes of your time making a difference is all it takes to participate. If you cannot physically participate in anything today, why don’t you donate R67 in lieu of flowers in remembrance of both these great souls. Johnny Clegg is being laid to rest in a private service today, and his family have requested donations in lieu of flowers. You can too: Friends of Johnny Clegg
_________________________________________________________________________
In die Zapiro spotprent verenig die groot hart en die vergewende hart vir ewig. Ons hier in seer Suid-Afrika is baie armer, maar ons kan soveel baat deur die twee legendes se voorbeeld. Ruim menswees, vergifnis, geduld, wysheid. Dit het Nelson Mandela, ons Madiba en Johnny Clegg, ons Wit Zoeloe vir my vergestalt. Om nie van staatsmanskap en kunstenaarskap onderskeidelik, te praat nie.
Ubuntu mense was albei die manne vir my. Mens en moeilikheid in die oë gekyk en menswaardig geleef en opgetree tot die laaste oomblik. Rus in vrede, rus in vrede en dankie vir julle lewens en voorbeeld.
NS. Dis Madibadag vandag. 67 minute word van jou gevra om ‘n verskil te maak. As jy nie fisies iets kan doen nie,skenk R67 om twee groot siele te gedenk. Johnny Clegg word vandag in ‘n private seremonie ter ruste gelê. Sy gesin het versoek dat geen blomme gestuur moet word nie,maar geld geskenk word. Skenkings kan hier gedoen word: Friends of Johnny Clegg
“It is music and dancing that makes me at peace with the world and myself” – Nelson Mandela
The Crossing deur hierdie kunstenars is met een woord awesome….ek wonder net of dit opgeneem is voor hy siek geword het? EK het nog nie tyd gehad om die storie agter die opname te lees nie.
LikeLike
Dit was toe die diagnose sleg wad, laas jaar. Kliek op sy naam luister sy lasste onderhoud. Formidabele mens.
LikeLike
Oe…ek kan nie wag dat Baaskind ry nie, dan gaan ek luister!
LikeLike
🤗💝🎶🎵
LikeLike
Dis so waar wat jy sê …pragtige eerbetoon aan twee besondere mense!
LikeLiked by 1 person
Die selfsugtige deel van my is baie sad hieroor, ek sukkel om die ander deel te kry🌻
LikeLike
Verduidelik die sukkel deel, ek is dom vanmore….
LikeLike
Die deel waar mens bly moet wees oor waar mens heengaan, die deel dat pyn en seer-wees nou weg is en jou siel is by jou Vader. Asof my brein en my hart ‘n blok in hulle konneksie het. Of dalk is my inner- child net wakker wanneer daar “verlies ” is
LikeLiked by 1 person
Oe, sussie, dis waar. Ons wroeg maar almal daaroor. Mwah!
LikeLike
🤗🌻
LikeLike
Cool post/ Gawe pos!
Twee wat op hulle dag die beste in mense uitgebring het! Nie altyd nie, maar… hulle was ook maar mens! Twee wat ons op kan trots wees!
😉 🙂
LikeLiked by 1 person
Absoluut. Lekker om van jou te hoor AJ.
LikeLike
Goed om daar by jou te kuier… sorrie ek is nie meed dikwils daar nie! Ek is sleg… dis somer hier en ek neuk met te veel ander dinge as die son skyn! 😉
LikeLiked by 1 person
Geniet die son mater. Ons gaan nêrens nie. 😉
LikeLiked by 1 person