
‘n Kosbare snoer met tien woorde is weg. Ek het al oral gesoek. Nou kan ek nie ‘n Rebusfontein storie vertel nie. Ek ontdek ‘n briefie van Willemien Winter-Woorddief, daai ene wat ons skryfmuse so kortwiek en sommer mens winter gemoedsbekakking gee. Sy vertel dat sy die snoer gegaps, en gaan wegsteek het. Sy wil hê ons moet ‘n storie of wat skryf, dan sal sy ons uitlos.
Hier is die raaisels wat Willemien Woorddief vir ons gelos het. sy sê die woorde kruip ook weg in ons verwelkoming aan nuwe intrekkers. Gaan lees en soek by hierdie skakel: https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271
Raaisels:
- Rebusfontein se nuutste vierbeen (5 letters)
- Sy praat ontydig en dan vlieg iemand vervaard uit die bed (7 letters)
- Veilig by Hester, maar onlangs verlei (7 letters)
- Hierdie ou wyse het Towerinne al uit verknorsings gered (5 letters)
- ‘n Bont banter is gek hieroor, dis nie strooi nie (23 letters)
- Wesp skerp kyk mens hierdeur en tower mooi tonele en stories sonder om ‘n woord te skryf (6 letters)
- Op ‘n ander noot sing mens na die borrels (9 letters)
- Hiervandaan sien iemand haar tangomaat al in die verte (6 letters)
- Die enigste gebrul op Rebusfontein (10 letters)
- ‘n Amfibiese blyplek waar vierbene dors mag les (6 letters)
**************************************************
So maak mens :
Kry die 10 woorde of name en skryf ‘n lekker Rebusfontein avontuur – onthou om jou antwoorde in vet letters te plaas! Daar is vier karakters en ses plekke/items.
Tower dan jou storie op. Maak seker om die 10 woorde in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Ons uitdaging strek oor twee weke, op 10 Julie 2019 sal die skakel sluit. Nooi blogmaats om saam te kom speel! En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/441ac97f21cd4d26acca046b62db5fc8
Lol. Julle ken almal my WhatsAppnommer. Kom ons ruil leidrade uit. Maar moenie vir Willemien Winter-Woorddief vertel nie. Vuurvliegie, jy het nou eers weer ons breinselle opgecrank – versoonm my, ek moet gaan woorde jag.
LikeLiked by 1 person
Kyk, kyk.
LikeLiked by 1 person
Eers ‘n blograaisel en dan ‘n storie!!! Hier gaan ons alweer 🤔
LikeLiked by 1 person
Miskien moet Camilla ingeroep word. Kyk mooi.
LikeLiked by 1 person
Ek het dit!!! Hoop ek is reg 😁
LikeLike
✏📚👍
LikeLike
Net nie seker van die nuutste viervoet inwoner nie…. daar is nou so baie….het maar Una se Danie gevat.
LikeLike
✔
LikeLiked by 1 person
Oeeee hierdie Vuurvliegie se verbeelding het geen tekortkominge nie. 🙂 ‘n Puzzle! Nou ja, laat ons kyk. 🙂
LikeLiked by 1 person
Kyk is goed….dan skryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Vuurvliegie, jy hou ons op ons tone. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ons rasielei mekaar so speel-speel.😉
LikeLiked by 1 person
Nou het ek hier in die laat nag eers n skrywers blok. Sal wraggies n dag moet af vat om die hele ding te bekyk en te ontrafel.
LikeLike
Nee man, kyk mooi en lees Hester en Toorts se bydraes en siedaar, geniet.😉
LikeLike
Het juis met Toorts begin en toe eers Hester en laaste joune sonder die leidrade. Toe puzzle ek in my binneste en wonder waaroor dit eintlik gaan. Sal nog n oplossing kry.
LikeLike
Vliegie, die is soos woordsomme, Jan koop 873 roomys se, hy gee 44% weg, wat het Jan: hy is ‘ n kompulsiewe shopper, hy is obese en’ n diabeet😵😵😵. Ek Kan nie woordsomme doen nie🤐🤐
LikeLike
Lees Hester en Toorts se skrywes en kyk na die prentjies. Jy kan enigeiets doen. Jy is ‘n Towerin.😉✏📚
LikeLike
🌻🌻
LikeLiked by 1 person