
Liewe Nuwe Rebusfonteiner
Saam met die pragtige koekeloer vlinder, wil ek, Vuurvliegie net inloer en jou hartlik Towerin-welkom heet hier op Rebusfontein. Ek weet sommer jy gaan heerlik saam met ons lag en kuier en leef.
Ons hou vreeslik van avonture. Ons het al twee avonture te e-boek gestel – gaan kuier by Hester as jy wil lees wat ons alles kan aanvang.
Verlede jaar het ons deur Suid-Afrika getoer – dit was epies. Lees hier oor ons toer in die giggelgroenbus.
Ons is effe uitgeput na al die reis pret, en die regte lewe is so ietwat van ‘n demper op ons avontuurlus. Toe besluit ons om stilte en rus te kom opsoek op Rebusfontein.
Die naam Rebusfontein is tweeledig… Raaiselfontein na die woord Rebus of ReBus – dis nou ter ere van ons giggelgroenbus wat onder die pergola op die dorpsmeent neffens die waterpomp staan. Die water is van die lekkerste wat jy ooit geproe het – Hester het hierop aangedring – sy doen net vars water, jy weet.
Die Towerinne is ‘n prettige, pittige klomp. Die span slaap wraggies gereeld in die messelaai. Ons is almal baie lief vir onse mooi taal en vandaar ook my maandelikse Woordsnoer-uitdaging. Ek is net gereeld in die moeilikheid omdat ek te goed by Hester geleer het van breinrek en -buig!
My huisie by Nommer 14 is vol woorde – teen die mure, in boeke, oral. So as jy lief is vir lees en Afrikaans en ‘n glasie wyn op my stoepie wil kom drink is jy welkom.
In die regte lewe is ek die stil vennoot van Lekker fireplaces, braais and décor, Polokwane in Limpopo. Die stad wat vir julle vrot polonie, Malema en Zuma gegee het. Jammer, hoor!
Ek is te wipperig en ongeduldig om met kliënte te werk. My gesin is die mense wat liefs publiek. Ek sorg weer dat hulle blyplek en magies goed versorg is. My dae vol huishou, skryfwerk, liefde uitdeel en so nou en dan dorp toe.
Ambivert is die woord wat my die beste beskrywe. Winkels en gedruis ontstem my geheel en al. Ek is na jare in mensgerigte en bestuurposte werklik uitgebrand aan mense. Die dat Blogland en Rebusfontein ‘n veilige hawe is. Dis ‘n groot genade dat ek van die huis af, eenkant, my ekonomie kan bedryf.
Dis ‘n dankbare Vuurvliegie wat hier skrywe.
Trek nou gou in, en kom loer in. My huisie lag oopmond en wag vir jou!

Kom trek klaar in en vertel ook meer van jouself. Onthou om jou skrywe hier aan te haak sodat ons almal lekker kan kuier en klets:
https://fresh.inlinkz.com/party/4d37c70b99244affaf04d8ea985b9271
Almal welkom – hoe meer siele hoe meer vreugde!
Ons warmhartige Vuurvliegie, skies ek doen nie gereeld jou uitdagings nie maar dit vra baie dink werk en met die dat ek alleen opi plaas en tussen die sjofare is, is my tyd effe min vir brein knopers….dan is daar ook paar breinselle wat vas gevries is in hierdie koue….een van die dae probeer ek weer…
LikeLiked by 1 person
😉🤗
LikeLike
Ai hoor…jy laat my ook sommer van voor af welkom voel!!!! Is SOOOO flippin bly ek het julle raakgeloop…
LikeLiked by 3 people
Ek gaan nooit daardie val van jou uit die vliegtuig vergeet nie… dis vasgevries in my brein. Toe jy van ons toer vertel laat die prentjie my weer lag. Dat julle nou vir ons Malema en Zuma gegee het 😂😂😃 Nie ‘n goeie getuigskrif nie!!!
LikeLiked by 1 person
🙉🙈🙊😉
LikeLike
Die stl vennoot seg sy 😏 en Hester het haar geleer breinknoop seg sy 🙄 Nee wat Vuurvliegie, jy en joulewendige verbeelding doen baie goed op julle eie, op ‘n unieke manier.
LikeLiked by 1 person
🙊🙈🙉🤗😉
LikeLike
Vuurvliegie, jou prentjies maak my bang. Ek hou nie van apies nie. So dalk moet ek iets sê wat jou gaan kry om my anders te antwoord… Mmmm. Christa, sy lees graag Mills en Boons. Skokkend!!!
LikeLike
Bwahaha! Hier is ek….my muse is soek, ek kry koud, en Christa ek pes Mills en Boon.
LikeLike
Flippit Vuurvliegie, ek en Bertus kry glad nie die koue gehanteer nie! Dit moet wees omdat ons ouer word, ons kry regtig swaar.
LikeLike
Ek kan kaggel aflewer en installeer😉
LikeLike
Klink na ń wonderlike idee. Ek het Muskadel en Jeripico al die pad van Kakamas af gereed.
LikeLike
Ek is aan die pak.
LikeLike
Bwahahaaa, ek dink Christa kry ‘n oorval as sy hierdie stelling van jou lees!
LikeLiked by 1 person
😂😂😂
LikeLiked by 1 person
Oe, nuwe intrekkers. Ek het skoon vergeet. Quasimodo bly hoog in ‘n boom op my erfie na sy Notre Dame afgebrand het. Hy kerf vir ons beeldjies en sluip in die skadus rond. Moenie vir hom skrik nie. O, ja my vierpoot se naam is Ringo hy kan praat. Hehe!
LikeLike
Vuurvliegie is die vrou van gedagtes wat sy op ‘n besondere manier in woorde kan omskep…ons vurige maat van warmte, vuur en vlam!
LikeLike
Jy is dierbaar, die vlammetjie fladder al te veel.🤗😉
LikeLiked by 1 person
Ma sê sy is baie bly om te hoor daar is nog iemand soos sy wat so wipperig en ongeduldig is. Sy sê sy sal nooit goed kan verkoop aan ander want sy sal hul sommer gou-gou jaag as hul nie weet wat hul wil hê nie. Ek sal haar beslis help. 😂
Ek en ma gaan ook glad nie winkels toe nie en klomp mense om ons maak ons omgekrap, so ons bly weg van mense af. Ma sê nes jy is dit ook al die jare se gewerk met baie mense. Sy sê ons het baie om voor dankbaar te wees, want as sy nou moes werk het sy in die tronk gaan sit. Dis ook maar goed, want sy sal my dan nie kan saamvat nie. 😀
Lekker aandjie vir julle en baie drukke en soentjie vir die kinders. 😘😘😘💕💕💕
LikeLiked by 1 person
Liefdegroete van die Watervalbende. Ons bak voor die kaggel wat ons ma al van vroeg stook. Mooi bly😍🤗
LikeLiked by 1 person
Baie dankie. Geniet daai kaggel. Ma sê dis die lekkerste op ‘n koue aand. Julle moet ook mooi bly. 😘
LikeLike
Liewe Vuurvliegie ek is so spyt ek kan jou nie in lewende lywe ontmoet nie. Daai Malema mannetjie maak my ook steeds briesend. Sy een familielid het saam my in Bib in Potties gewerk en hy is presies dieselfde. Ek word ge-demote om plek te maak vir die bogger!
Ek verstaan jou gevoel van eerder sonder mense as met mense. Jy is egter n besonderse kreatiewe persoon. Moenie verander nie hoor! Ons like jou baie.
LikeLiked by 1 person
Haai Scrapy, gee jy my nou ‘n knop in my keel. Dankie dat jy my aanvaar, voetstoots en ongesiens.🤗
LikeLike
Voetstoots is n pragtige woord. Ek vermoed ons sal mekaar nogal kan aanvul. Jy is beslis n besonderse mens.
LikeLiked by 1 person
Amper klaar, dankie vir alles! ❤️❤️
LikeLiked by 1 person
Dit is gedoen en gedeel, het ek dit reg gedeel? Ek is doodmoeg, gaan slaap, dit is amper eenuur in die nag, maar dit is klaar …
LikeLiked by 1 person
Julle is baie oulik, ek is dankbaar ek het julle opgespoor.
LikeLiked by 1 person
Dankbare Vuurvligie!
Ek bly ook dankbaar vir al jou kuiers by my Ingelse-land!
Ek gaan binnekort ‘n pos doen vir al my Afrikaanse blog-pêlle – belowe!!
Ek sal net hier gou-gou bylas… ek sukkel my hele lewe lank met lees… en my “Afrikaanse oog” werk nie reg nie… dus, ek sukkel om met al julle manewales by te hou! Dis die eenigste rede hoekom ek nie meer dikwils kuier nie… 😉
LikeLike
Ons is sltyd kinnerlik bly om van jou te hoor. Viorstel. Mail jou Afrikaand ns my dan sub ek vir jou. So kan jy regstel of spel sien en dan skerp bly. Eknis vies, wou Vrydagaand inloer by jou program, toe meng die regre lewe in. Baie groete hier van Waterval. Die wind waai Augustus en dis nou eers begin Julie. Iemand het die weer memo weggesmyt. 😉
LikeLiked by 1 person
Ma Natuur speel nie met ons memos nie… sy maak soos sy wil! 😉
Dankie… ek laaik daai voorstel… maar, my probleem bly by die lees! My lisdexia werk nie saam met Afrikaans nie… ek sukkel sterk!!
LikeLike
Ag jinne mater. Hou maar aan probeer. Baie groete.
LikeLiked by 1 person
Ek sal… soos hulle ons op skool probeer leer het… aanhouer wen! 😉
LikeLiked by 1 person
Ek sal baie graag by jou in jou huisie op Rebusfontein wil kuier en al jou woorde geniet. In my moeilike tye raak my woorde op, dan luister ek graag.
LikeLiked by 1 person