


Ons spreektaal leer ons dat as iets of iemand met ‘n ompad kom, jy maar wakker moet wees. Alle ompaaie is nie altyd die beste paaie nie.
Die luisterryke panoramiese fotos hieronder in die Sanral advertensies in Rapport die afgelope drie weke is ompad bluffery – die ware toedrag van sake is die foto’s hierbo.
Ja, as en waneer die projek ooit voltooi gaan word, dan sal die verkeersvloei in en om Polokwane dramaties verbeter. Sal Paasnaweke as almal optrek Moria toe om vir Biskop Lekganyane te kom luister en in te boet vir sondes, nie so nagmerrie wees nie.
Die Polokwane verbypad projek is al in 2016 afgeskop. Paaie om die suidelike en oostelike deel van die stad toegemaak en na ompaaie herlei. En so pendel ons nou vir drie jaar
Ongelukke daagliks. Boerderye wat oor die besige N1 snelweg moet arbeid en vrag aanry sukkel om oor die 120 km per uur perk pad te kom. Verkeersknope en toue voertuie elke Vrydag, maandeinde en vakansiedae.
Basil Read, die hoof kontrakteur onder andere vanweë swak betaling van Sanral, daarmee heen. Uit op hulle voete. In ‘n sogenaamde ‘debt rescue’-proses. Sien skakel hieronder vir meer inligting.
Genade, ek gil sommer. Dis een groot leuen, die koerant behoort dit te ondersoek, maar nee, salarisse moet betaal word, kom ons plaas die liegstorie advertensie want inkomste is inkomste.
Hierdie land se manier van dink en doen maak my gat lam. Op pad na ‘n beter Suid-Afrika my voet. Dis soos t-hemde om vigs en kanker te voorkom en geboortebeperking met kondome aan papier vasgekram. Nutteloos en grond dom.
Ek hoop die agbare president se Tuma Mina kantoor kry die bliksems beet wat vir Sanral bemark aan nie-bestaande goed, ek hoop die koerant se geldwolwe kry skaam.
Die mense by Sanral dra water in mandjies aan! Hulle advertensies gaan nie vir ons die pad klaarkry nie!
Perdedrolle is nie vye nie.
Pfft.
Lees hier hoe stil staan die padbou projek waaroor Sanral so spog: https://www.businessinsider.co.za/group-five-basil-read-highways-2019-3
Hier is nog ‘n paar statistieke. Van al die nuwe werk wat die regering sedert 1994 uitgesit het op tender, is dit gemiddeld die 3de kontrakteur wat die projek voltooi en die gemiddelde voltooide koste is 349% meer as die bedrag waarop die oorspronklike tender toegeken is.
Suid Afrika het in 2007 oor 7 groot konstruksiemaatskappye beskik wat hierdie tipe van werk kon doen. Vandag is daar 2 bankrot en 3 in besigheidsredding, wat kortweg beteken dat ons voortaan maatskappye uit die buitland sal moet kontrakteer vir groot infrastruktuur projekte.
En dit beteken ook dat daar geen korttermyn vooruitsigte is vir enige van die huidige projekte om voltooi te raak nie.
LikeLike
Klong, as ons eers gaan statistiek uitruil gaan ons sweerlik op ‘n miershoop in Wes Transvaal beland met ‘n bottel brannewyn…. Hier is ander goggas ook – een voorbeeld knoffel invoere byvoorbeeld. !8 knoffelboere in die land – van 65ha aanplanting en gemiddeld 100 werkers in diens. AGV invoere het helfte ophou plant, ander afgeskaal na 6ha! Werkers in die pad moes steek. Dis angswekkend.
LikeLike