Wat dink jy in die lewe sal gebeur as besige Henry VIII, stortkop Zumpie, twee Hitlers, Naas Botha, die spul Kardashians en karakters soos Mark Twain en Nataniël om die langtafel op Rebus fontein hande uit ruk? Want die ongaste by Rebus Fontein is ‘n handvol, die ware karakters ook so.

Ek sit al heel week en pieker, en toe kom die muse:

Op Rebusfontein – met apologie aan Pikkedel.*

Oor die matiges en mooies om ons tafel wil ek nie vertel,

wel die kuiergas situasie uit die hel

op Rebusfontein.

Was jy al ooit by ‘n langtafel ‘linedance’?

Byvoorbeeld by die Towerinne dans

op Rebusfontein?

Want ek sal jou ‘n grap vertel

van ‘n verbroude apespel

op Rebusfontein.

‘n Skare met Hilter tot die mag twee en Nataniël die minorabek

span boggie in een aand en trek.

op Rebusfontein.

Ag, gou gou is hulle algar lekker nat,

die entjie ry hul fluit-fluit plat.

op Rebusfontein.

“Naand Scrapy, Tannie Frannie, naand Kameel! Naand.

Hoe gaan dit nog met jul vanaand

op Rebusfontein?”

“Nee mense, goed maar kom dan in,

aans gaan ons met die verrigtinge begin.

op Rebusfontein.

Toorts, myn ding, skink Frangelico gou…

Porkie sal jy jou bek daar hou!”

op Rebusfontein.

Mark Twain wink vir Nataniël en Henry Vors,

en tik hy op syn bors

op Rebusfontein.


“Laat ons dan eers ‘n snapsie steek,

dis goed om vrindskap aan te kweek”

op Rebusfontein.

So praat die skrywer en in ‘n jif,

trek hy prop uit ‘n bottel gif.

op Rebusfontein.

Almal het soos ‘n perd gedrink

en Kameel het ook gehelp skink.

op Rebusfontein.

Die drank was in ‘n kits gedaan:

Hester kon jy met ‘n veer omslaan.

op Rebusfontein.

Zumpie soek sy kans om Kardashiantjie om te praat

– hy dink aan niks as kattekwaad.

op Rebusfontein.


Die Towerinne en liefmense het geselskap gehou

met Adolfie , en mense moeilik om van te hou,

op Rebusfontein.

‘n Bietjie taai, maar rats was hulle,

verduiwels skerp pak hulle die taak, vrede ter wille.

op Rebusfontein.

Die miershoopvloer was glad geskuur,

‘n vetkers brand daar teen die muur.

op Rebusfontein.

Toortsie en Frannie speel dat dit gons:

Wals, riel, satties en kottiljons.

op Rebusfontein.

Ons dans toe dat die stof staan:

Seegogga loop losvoor in die baan.

op Rebusfontein.

Een ding was darem openbaar:

Hilter een en Mark Twain boer bymekaar.

op Rebusfontein.

Adolfie sit in ‘n hoek en kook –

hy het sy hart vol haat gestook;

op Rebusfontein.

sy eweknie hang aan die rooinek se gekyf.

Dit was vir hom geen tydverdryf.

op Rebusfontein.


Dit is ‘n getrap en ‘n rumoer;

die fyn stof slaan op van die vloer.

op Rebusfontein.

Die Towerinne en maats staan drie diep opsy;

dit was ‘n muisnes glo vir my.

op Rebusfontein.

Die kerskas kraak onder Toorts,

maar sy speel vort ewe woerts

op Rebusfontein.

– al tap sweetdruppels langs haar af,

hou sy aan op ‘n hondedraf.

op Rebusfontein.


‘n Wa-wiel hier, ‘n koes-koes daar

– mense slinger hot en haar.

op Rebusfontein.

So nou en dan verdwyn tweestuk

– ek meen om vars lug te gaan sluk.

op Rebusfontein.


Henry Vors was in sy element-

hy denk nie oor sy testament.

op Rebusfontein.

‘n Trippel dan ‘n Kaapse draai, rondomtalie

. . . KimK se rok die waai.

op Rebusfontein.

“Skuus vir die polka!” steel Zumpie en dip,

hy sif vir KimK dat dit wip.

op Rebusfontein.

Op hoogste punt van die geraas,

word vetkers skielik uitgeblaas.

op Rebusfontein.

Die nôiens skree; die tyd is ryp,

om in die donker kat te knyp.

op Rebusfontein.


Ek hoor maar net vir VirgoC skrou:

“Steek op die kers, kwajongens – gou!’

op Rebusfontein.

Lig in die duisternis, maar ag!

Dit het ons nimmer geverwag;

op Rebusfontein.

Zumpie omhels vir KimK knap;

hul soen mekaar dat dit klap.

op Rebusfontein.


Die onweer het toe losgebars,

dis tyd vir ons om vreemde gaste weg te mars.

op Rebusfontein.


Drie maal was Zumpie platgeslaan;

drie maal het hy weer opgestaan.

op Rebusfontein.

Hy vlieg deur-uit, Henry Vors loop voor –

want Kanye wou altwee moor.

op Rebusfontein.


Kanye wou hulle met ‘n sanna skiet,

maar drank die skud hom soos ‘n riet.

op Rebusfontein.

Naas skuiwe na die stal se kant,

hy sien daar’s onraad in die land.

op Rebusfontein.


Toe hulle voor uitbreek – regtig, man!

Daar staan die boggie ingespan:

op Rebusfontein.


“Smeer terpentyn onder syn stert!”

“Nee, Naas, dis nie die moeite werd.”

op Rebusfontein.


“Om dit te doen, moet jy my gryp,

en dit lê nie in jou broekspyp.”

op Rebusfontein.


Al kon Zumpie verbrand grootpraat,

hy hou sy lyf bepaald kordaat.

op Rebusfontein.


Die dag het hy hul kaf geslaan

en deur die spul sy weg gebaan.

op Rebusfontein.

Zumpie skree net: “Kêrels, hou nou vas,

die duiwel sit op ons kwas!”

op Rebusfontein.

Die rieme waai; hy gryp die lat,

hy slaan die ponies waternat.

op Rebusfontein.

Sy hemp het hy daarna bespeur,

was fyn en flenters voor geskeur

op Rebusfontein.

en Toorts sy konsertina pas,

al op Zumpie se kop kalbas.

op Rebusfontein.

Voor jy kon sê “knipmes” was hulle

vêr weg van die langtafelgeskille.

op Rebusfontein.

Toe môre kom, toe ry hulle vêr;

van die dag af, bly hulle vêr

van Rebusfontein.

Opregte apologie aan Pikkedel, ek kon myself nie help nie. Vuurvliegie – die twintigjarige een. 😉

Die gedig Hartebeesfontein deur Pikkedel is in die Groot Verseboek saamgestel deur DJ Opperman, en is van die vroegste Afrikaanse vertellinge in rym.

******

As jy wil saam speel: Lees Hester se instruksies hier:

Kyk, die gaste by Ons feestafel by Rebusfontein het groot pret opgelewer en ook baie marankas voortgebring. By Rebusfontein leef ons mos in technicolour en moelikheid groei soos soetpatat aan ‘n rank.

Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om aankondigings van die nuwe onderwerpe te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.

Hierdie is deel van Las jou storie aan by hierdie InLinkz skakel: https://fresh.inlinkz.com/p/f68a9fa9110148b1ab92181b21eb7d51