
My kop maal vanmore. Ek gaan maar al die warreling neerskrywe, ten minste gaan ek ligter voel.
Eli en ekke en 17 672 614 mense het toe gaan stem. Net 66,05% van Suid-Afrikaners wat op die kiesersrol is. Jinne, waar was julle ander 33%?
Julle moet maar Elasoplast vir julle bekkies koop en stil bly vir die volgende paar jaar. Tjoepstil as die tou by die hospitaal kliniek te stadig is, die slaggate jou kar insluk, die spietkop meer as net dors is en jy in die algemeen soos ‘n Kardashian geld oor die palm moet stoot, al het jy dit nie.
Ek sit vanmore en bid vir daar CR man wat die parlement se warmsitplekke moet beman. Ek moet sê ek beny hom nie. Ek hoop hy maak goed huis skoon, sit al die vetkatte op dieet. Ek bid.
Ek bid die rooipakbrigade word nou mooi groot en begin werk pleks van wriemel en woel soos stout kinders in die kerk. Jou se ouma hou jou nou van die anderkant dop Julius. Gedra vir jou.
Ek sit en kyk na die verkiesinguitslae. Statistiek vertel ‘n mooi storie. In die hele Suid-Afrika het net 19 796 vir daai baie kwaad Andile outjie en sy BLF gestem. Fok. Maar die media gaan aan asof die ouens saak maak. Wragtig! Hulle en hulle eweknieë van die bleker soort moet totaal ignoreer word. Daai waarskuwing van die wyses:” Beware of the verbose few,” moet gehoor word. Waddehel makeer ons dat mense wat ooglopend geen ware steun onder Suid-Afrikaners het nie, ‘n platform gegee word dat hulle wraggies mense in angsaanvalle kan inboelie.
Wat makeer die media om so aanmekaar tyd en plak aan diesulkes af te staan. Ons samelewing in nie veel beter as die Romeine van ouds nie. Gooi mense vir die leeus, juig oor hoe hulle verskeur word. Ons is barbaars, is al wat ek kan sê.
‘n Mede-blogger sit my vanmore ook aan die dink. Ek dink nie ek gaan stilbly nie. Ek het ‘n stem. Het hom in protes uitgebring hierdie jaar, maar ek het hom gebruik. Ek betaal belasting, gehoorsaam die wet, glo in ons grondwet, met my klein besigheid dra ek by tot die ekonomie van hierdie stukkende land. Op grond daarvan sal ek nie my bek hou nie.
Ek sal vertel van onreg, ek sal die padvark aankla, ek sal die korrupte spietkop vra of hy so met sy ma sou maak. Glo my, daar is risiko’s en houdings, maar ek gee nie ‘n snars om nie.
Ek is ‘n wit Suid-Afrikaner. Afrikaans my moedertaal. Kerkloos. Braai gereeld en my man drink graag brandewyn en ek laaik Chardonnay.
Ek hou nie van Steve nie. Hy mors sy godgegewe talente uit, hy verteenwoordig my nie. Hy kan egter homself nie help nie, gene jy weet. Sy oupa Hofmeyr was destyds ook ‘n bedrywige kêrel in die land se politiek. Aan die anderkant verteenwoordig Tim du Plessis of Julius Malema my ook nie.
Elkeen van ons is geregtig op ‘n eie mening. Jy is nie noodwendig reg of verkeerd nie. Lees vanoggend ‘n meme: Wie is jy om my te oordeel. Het God ‘n vakature adverteer? Dis hoe ek voortaan oor mense se vitrioel op Vuisboek gaan reageer. Skree en skel en vloek, dit maak nie saak nie.
Ek het baie kinderjare in Swaziland gewoon, daar waar die Queen die land vir Koning Sobuza teruggegee het. Swart, Indiër, Kleurling en Wit het daar in vrede saamgeleef, skoolgegaan. Die Swazi het Swazi gebly, die Moslem sy kultuur behou en ons blekes het gebraai en met ons lewens aangegaan. Niks fout nie. Daar het ek geleer van marog, primus stowe, kerrievis, Liewe Jesus, mopaniwurms, tiekiepoeding, sokker, stamdanse, burkas, Vader Krismis en Oxford Ingels.
So my belewenis van ander volke en kulture is seker maar anders as die deursnee wit Suid-Afrikaner s’n. My pa en oupa het my geleer om respek vir mense te hê, hulle taal en kultuur en sienswyse te verstaan. So ek is eerder meer nuuskierig oor, as bang vir mense wat nie soos ek lyk nie, wat ander gebruike en lewensbeskouing het. Daar. Nou weet jy waar ek en my opinies uitval.
Hoe kry ons die afwesige kiesers by die stembus? Dit is die groot vraag. Dis hoe die politieke landskap van hierdie land sal verander. Kyk wat het pas gebeur.
Liewe DA of nee, julle is mos nou ANC-lite. Siestog, julle het julself darem lelik in die voet geskiet. Moenie die stilswye van kiesers as steun aanvaar nie. Julle is hard gepiets.
Liewe ANC, my beskeie mening is dat as dit nie vir CR was nie, het julle dit nie gemaak nie. Ek dink die opdrag aan hom is duidelik. Maak huis skoon. Ons het jou gehoor en stuur jou nou CR. Tuma Mina meneer. Jy is gestuur, doen nou. Blaas die korrupte en ander bliksems wat niks beteken nie uit die water, smyt uit. Maak skoon, maak reg.
My J, geen verwantskap aan die rooipakkie nie, sê nou die dag vir my hoe moedeloos hy is om hospitaal kliniek se apteek toe te gaan en te sien ‘n swart apteker is aan diens. Ek vra hom wat hy bedoel. Hy vertel so;” Ma, as die swarte aan diens is en dis teetyd, stop hulle om te gaan tee. Etenstyd dieselfde en dan vat hulle lang lunch, en ons moet maar wag. As jou beurt kom en dis vieruur, dan maak hy daardie deurtjie toe en jy moet maar huistoe gaan en more weer kom. Maak nie saak jy het nie geld vir twee keer se taxi nie, maak nie saak dat jy by jou werk moet gaan verlof insit nie, niks maak saak nie. Die wit apteker se ry in kliniek (verwysend na pre-1994) het nie so gewerk nie. Ek is moeg om so te sukkel.”
J het egter weer vir die ANC gestem. Dis wat hy ken en wat is sy opsies? Dit gaan nie sommer verander nie. Dit prys van bevryding is hard en vir altyd en ek neem hulle ook nie kwalik nie. Die seer en vernedering wat hulle ma en pa en ouma en oupa as gevolg van my ras se voorouers se oordrewe drang om oorlewing en reaksie op verdrukking, kan ek nie wegvat nie.
Maar, hier is ons nou. Hier in Limpopo is die mense so voos en gedaan, ons stempersentasie was maar 58.69%. Die DA se voete onder hulle uit en die EFF kraai nou op die opposisie mishoop. Ons dorpe se munisipale dienste is in hulle peetjie, onregte word in hospitale, skole oorgesien, want….omdat die lied nie verder gaan, begin ons weer van vooraf aan.
Ja, sal regses nou sê – sien dit was beter in die ou dae. Nee, fok nee. Dit was nie. Ons moet nou uit ons lamlendigheid opstaan en saam met Julius en Eli protesteer. Ons moet uitwys, raas, baklei om dinge te verander. Fok die verbale minderheid wat rassis, rassis skreeu. Skreeu terug. Wed jou hulle skrik hulle dood!
Okey-dokey. Ek kopdoek en sonbril vandag sodat die pyle en kwaad wat my na dese gaan tref, misgeloop kan word. Baai! 😉
Amen Suster! Ek voel 100% soos jy.
Ek moet sê, my twee oudste seuns het die eerste keer gestem, en ek was SUPER trots. Nee, ek weet nie vir wie hulle gestem het nie, maar ek is trots op die feit dat hulle hulle gatte gelig het en die regte ding gedoen het.
Wat egter skokkend was vir my, is dat GEEN een van hul vriende gestem het nie. Ek verstaan dit glad nie, hul ouers stem tog. Ek weet dit, want ons ken mekaar vandat die kinders in kleuterskool was. Hoe kan jy sit en kla as jy nie opstaan en iets so eenvoudig soos ‘n kruisie maak nie? (My opine, sê nie dis reg nie).
Wat ook opvallend was, is dat my seuns 2 van DALK 10 jongmense in die rye was by ons stemlokaal. Die res was almal hier in die middel en baie ou mense.
LikeLiked by 2 people
Hier by ons is dit rede tot kommer. Die militantes jaag juis die jong werkloses tot onrus en aanstigting op, en hulle stem nie eens nie. Baie kommerwekkend.
LikeLiked by 1 person
Dit maak my half vies dat hulle nie meer betrokke wil raak nie. Alhoewel ek van BAIE mense gehoor het wat sê hulle gaan nie stem nie want watst verskil gaan dit ooit maak? Of dat hulle nie wil stem nie, want hulle voel daar is nie ‘n party wat hulle verteenwoordig nie. My bediende kla aaneen oor die regering, veral met die onlangse (erge) onluste wat in ons woonbuurt was. Maar sy is ook die eerste een om my te vertel dat sy vir die ANC gestem het 🙂
LikeLiked by 1 person
Ons sal net kan vorentoe deur voort te beur. Wegblyers moet tjoepstil bly – dis maar so. Maar nou raas hulle die meeste!
LikeLiked by 2 people
Agbare lede, ek stem met u heelhartig saam, maar voel genope om asseblief ‘n punt van order te bring.
Die ding van as jy nie stem nie kan jy nie kla nie sit aan my soos oorle oom Randall se witbroek. Hy sit nie nice nie.
Ek is een van die wat vas van plan was om nie te gaan stem nie, maar het wel op die laaste nippertjie toe ook my kruisie loop trek. Ding is: as iemand, wat soos u, 70% aan belastings en heffings betaal, het tog sekerelik die reg om te kla verdien? Belasting koop jou die reg tot protes, jou stem bepaal by wie jy moet loop kla. Maar teen die prys van ‘n pakkie Jantakkie en ‘n one size fits all T-hemp, is daardie stem werklik waardevol? Is dit werklik die groot gelykmaker?
Anyhoo. Wat is daar aan hierdie jaar se verkiesing, partye of kandidate wat enigiemand, veral die youngsters, inpireer het om te gaan stem? Die politiek bly maar ‘n morsige besigheid.
Ek dank u.
LikeLike
Nota aan self: Indien jy dit wel maak tot by die fees van die ongenooides, aka parlementstraat, kry iemand om jou spietse te proeflees vir spel en taalfoute!
LikeLike
Vlytige vingers en vinnige gedagtes wag nie. 😉
LikeLike
En die wag tussen brein en mond het gedros!
LikeLike
🙉🙊🙈
LikeLike
Klong….elke diertjie sy plesiertjie is my beleid. Die dat ek die skryfsel kakkies noem. Lekker om jou hier te vind. Groetnis van huis tot huis
LikeLiked by 2 people
En dis daai einste kakkies wat veroorsaak dat babadoeke en politikroekstes gereel geruil moet word. En om politikroekstes te ruil moet jy stem. En dit beteken jy was al die tyd reg. Ek ontrek die punt van orde agbare speaker!
LikeLike
Ag nee man. Daai belasting argument is met meriete. Moenie wegraak nie. Baai for now, gaan nou met my tone in die son sit en siesta.
LikeLike
Ek sê ook AMEN suster. Stem so saam jou en dankie vir so eerlike en oop opinie, ek sit vêr, maar my siel sit in daai pragtige lank, slaggate, kwaai mense, opsweeperige media en kragloos. Dis ons land daai en net saam gaan ons haar weer regkry🌻🌻🇿🇦 ( licorice all sorts en al)
LikeLiked by 1 person
Amen op all sorts en al 🤗🌻
LikeLiked by 1 person
Geen pyle van my kant af nie. Wat jy hier skryf gel een honderd persent met wat ek voel, jy kry dit net verwoord.
LikeLiked by 2 people
Dankie Una. Soos Son ook tereg skrywe….mens is bang, maar wraggies, iewers moet alles stop.
LikeLiked by 2 people
Vuurvliegie vir president!!! Amen op alles wat jy sê. Dit verontrus my ook dat die rooi pajamas brigade soveel meer steun kry. Laat my terugdink aan die Franse rewolusie wat ook maar gebeur het omdat mense honger was. Want ons kan nie verby daai ene kom nie…daar is meer hongeres op straat as ooit…..So ek sal nie een pyl skiet nie. EK sal eerder daai wat na jou toe afgaan probeer vang….
LikeLiked by 1 person
Liewe Woordnoot, dankie. Ons land is seer en moeg, ons gewone mense moet maar mirakels in ons omtes maak, want wat en hoe anders.
LikeLike
Amen…
LikeLike
Ek het ook vroeg in die week weggespring en my gedagtes rondom die verkiesing neergepen… maar besluit ek publiseer eerder nie, heeltemal te driftig vir myself geklink. Nou sê jy darem die meeste van wat ek voel, net mooier en vriendeliker 🙂 Amen op jou opmerkings oor nie-stemmers, Steve en die verlede se dinge!
LikeLiked by 2 people
Ek is ietwat gatvol ge-pc. As ek moet, moet die ander ook. Ek is verstom hoeveel mense van alle kleure vorl soos ekke, maar ons blyk begogel te wees. Iewers sterk doepa ingekry. Ons almal.
LikeLike
Ek dink ons is almal deesdae vuivoos gepolitiek. Die moeilik om saam met mense te leef wat aldag heeldag lank kwaad is. Vir mekaar, vir die heelal en meesal hulleself. Ek vee my gat af aan die feit dat almal my blameer vir alles oor my wit vel. Ek lag vir diegene wat dink ek is bevoordeel deur my wit vel – hoe, wanneer, waar? – ek bly dan steeds nie in Nkandla nie. En tussen al die kwaad deur, het daar die afgelope eeu nog steeds nie veel verander nie – mense is nog steeds arm, siek, ongelukkig, werkloos, huisloos. Te hel met dit alles.
LikeLiked by 1 person
Dis net so. Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.
LikeLiked by 1 person
Amen! Jy slaan die spyker op sy kop.
LikeLike
Jy sal maak dat ek nou my kinders bel en vra of hulle almal gestem het! 😳
LikeLike
My mond is stewig toe…
LikeLike
Ek wens ek het al jou guts gehad. Hierdie is uitstekend gestel.
LikeLiked by 1 person
Ouderdom bring vryheid.🙈🙊🙉
LikeLike
Ek dink jy gaan verbaas wees presies hoeveel mense voel soos jy voel, Vuurvliegie.
Hierdie land is ons almal s’n, en die meerderheid mense in die land, van alle oortuigings en genetika, voel so daaroor – ek is daarvan oortuig want ek loop elke dag hierdie land se strate sonder dat iemand my n skewe kyk gee of haatlike woord toesnou. Ons is amper almal saam bly en ons is amper almal saam kwaad oor dieselfde goed. Of dit nou die Proteas se wereldbeker-hoop of die onregverdigheid oor Caster is, dis ons s’n om te deel.
Op die ou ent verstaan ek meer van die Zoeloe-oom in Mtubatuba se dink en doen as wat ek van die Fransman in Bordeaux s’n verstaan. Miskien moet mens eers op Ou Kersdag soos n seer duim uitstaan in n stampvol Shoprite op Mtubatuba om dit te kop. My mense praat elf verskillende tale. Die witmense wat hulself as “Europeans” geag het en bordjies orals opgesit het is in 1991 uitgestem in die referendum en meeste van hulle le lankal 6 voet onder die kluite. Afrika loop in my bloed soos dit in my kind en sy kinders en kleinkinders s’n sal – waar anders gaan ek inpas!?
Net daai paartjies – of hulle nou politici of has-been sangers is – wie se brood en botter van kwaad en haat afhang, sal aanhou op daai beul blaas tot ons ander genoeg gehad het en hulle gatte skop.
LikeLiked by 2 people
Amen, amen. Ons moet net leer hande vat, dan sal jy ‘n ding sien.
LikeLiked by 1 person
Ek like jou sommer n klomp kere. Vandat ek kon stem het ek gaan stem al was dit in die begin dalk “gedwonge” omdat ek nie geweet het waaroor dit gaan nie. Na die demokrasie begin het het ek steeds gestem. Noudat ek in NZ is en nog steeds n burger mag ek nie stem nie want hul stuur nie buitelandse stembriewe uit nie! Anyway. Hier stem ek ook nou. Dis belangrik om te stem! NZ is amper dieselfde as SA as dit by kleur en nie Brits kom! Ek haat dit! Ons is almal mense en elkeen mag lewe. Ek gun my bure hul plekkie en hul dinge so los my uit as dit met afdwing kom. Ha ha, only a small piece of my mind!
LikeLiked by 1 person
Jy het dit neergepen asof dit my eie gedagtes was! Ek is ook moeg vir PC en dis tyd om ‘n ding by die naam te noem.
LikeLiked by 1 person
Mmmm… ek sal nou eers ‘n bietjie moet loop dink aan alles wat jy sê… want ek wonder hoe CR hom nou gaan gedra… hy is mos nou die groot baas en het ‘n nuwe mandaat om aan te hou op die ou pad… of nie?
Ek weet nie mooi nie maar ek sal jou raat volg en my bek hou… afterall, ek bly mos nie meer daar nie en hoor gewwontlik net van al die slegte goed!
LikeLike
Onx het nou net CR se inhuldiging gekyk. Hy hou by Thuma Mina, stuur my. Ek het kwaai gelaaik dat vorige presidente Zuma uitgesluit onder sy gaste getel het. Jy sou van die mooie verbyvlugte gehou het, Hawks, Falcons. Ek het besluit om in my onmiddelike omgewing ‘n verskil te maak en dan as mense kom sukkel gaan ek thuma mina sê. 😉
LikeLiked by 1 person
Ek het so ‘n snaakse gevoel jy sal per-kapita meer reg kry met jou missie! 😉
LikeLiked by 1 person