

Oe, lekker, lekker. Die langtafel word op Rebusfontein se dorpsmeent by die waterput en die Giggelgroenbus se pergola gedek.
Ek is opgewonde en hol op die maag tegelyk.
Opgewonde om my geliefde gas saam met my te laat aan sit, en senuagtig om die minder beminde, maar aan my bekende, gas langs my te laat sit en ‘n gesprek te moet voer. Maar, ons is mos Towerinne en net so veel kere as wat ons pret en avonture kan beleef, net so is ons sterk genoeg om moeilike of netelige situasies ook te hanteer.
Gemeensaamheid en uitreik is die doel, en op Rebusfontein en om ‘n lekker bord kos is wonderwerke moontlik.
My kossies: ‘n Reuse bord vol Ala Jan Braai skaapstertjies en Jamie Oliver se weergawe van suurlemoen Amalfi.
Trooskos, eiekos, onthoukos en oe-dis-lekker-nuwe kos.
Albei disse smak na die eenvoud en goedheid van die lewe. Gedek met net ‘n vurk, vars ciabatta met olyfolie bedruip, yskoue Spier Chardonnay en ‘n bakkie warm suurlemoen water en ‘n jammerlappie om die lekkerte wat om jou mond glim en jou vingers taai maak te kan tem!
Die resepte volg onder aan die relaas.
Nou volg die moeilike deel. My gaste. Daar is honderde mense met wie ek sal wil sit en gesels. So hierdie is ‘n taai ene. Sal dit ‘n politikus wees, ‘n skrywer, ‘n akteur, ‘n filantroop, ‘n miljarder?
Anne Frank, Vincent van Gogh, Jan Smuts, Moeder Theresa, Magdalena Retief, Tsjaka se ma, DJ Opperman, Elsa Joubert, Paul Kruger…mense wat my besiel en bekoor oor soveel jare tafereël deur my gedagtes.
Ek skop myself dat ek die windgat is wat hierdie uitdaging uitgedink het. So broei ek sedert ek die blog gepos het verlede Donderdag.

Vanmore toe ek wakker word met die nuwe dag se genadegawe besef ek wil saam met Josef, Jesus se aardse pa, wil ek eet!
Ek wil hoor hoe hy en Maria geglo het soos hulle het. Hoe hy teen sy mense se wette en gewoontes, by Maria met haar Groot Nuus bly staan het, hoe hy met God se Seun in sy arms gestaan het as die aardse aanneem pa en daardie brose baba met sy lewe beskerm het sodat Sy Vader se
koningsheerskappy kan aanbreek.
Ek wil hom vertel van sy plek in die Groot Storie. Hoe sy bloedlyn en menswees vandag nog en vir altyd ‘n impak het.
“We don’t hear a single word from him, and he only shows up in 16 verses in the New Testament,” the Rev. Adam Hamilton says of Joseph, the earthly father of Jesus. “Yet his impact on our faith, on Christ, is profound.”
Hy was eerbaar. Na hy uitvind dat Maria swanger is, besluit hy om stil van haar te skei – om haar eer te beskerm en haar lewe te red. Want destyds sou so oortreding met steniging gestraf word. Soos sy Ou Testamentiese naamgenoot word hy ook in ‘n droom deur ‘n engel besoek. Dit is God se seun, Josef. Josef sien van sy egskeiding plan af.
Hy beskerm weer vir Jesus teen mensgemaakte gevare na ‘n engel hom ‘n tweede keer kom besoek. Hulle vlug Egipte toe, en ‘n derde keer luister hy toe die engel vir hom sê om sy gesin terug te neem na die Heilige Land.
Hulle vestig in Nasaret waar Josef as “tekton” (bouer) werk. Sekerlik is dit waarmee Jesus Hom ook sou besig hou in sy onsigbare jare. Hoe wonderlik om te besef dat ‘n eerbare, hardwerkende man met ‘n gelowige en oop hart die aardse vader van Jesus was.
Dink net, wanneer Jesus na God verwys het as ‘n liefdevolle Vader, het Hy sekerlik Sy aarde pa Josef se liefde as verwysing gebruik.
Ek klink ‘n glasie op jou Josef. ‘n Voorbeeld deur alle tye van die waarde van karakter en integriteit, gehoorsaamheid, getrouheid. Die über-ouer!

Die ander gas….mmm. Eers wou ek vir Eva nooi. Ek besef toe dat ek nie ‘n lang gesprek sou kon hê nie. Want al wat ek nog sedert die dag wat die maandstonde monster en alles rondom vrouwees en “sweet van jou aanskyn”-gevolge kom aanmeld het, by haar wou weet: “Hoekom, Eva, hoekom? Was daai happie wragtig die moeite werd. Besef jy watse appelkar jy om gegooi het?”
En toe ek nou so sit en dink, kry ek arme Eva so jammer, want sy is elkeen van ons. Hoekom-goed loop saam met almal.
Toe besef ek. Dis twintigjarige-ek. Met haar moet ek sit en brood breek.
Ek wil vir haar vertel dat sy nogal moeilikheid veroorsaak het. Mense seer gemaak het, vreeslike keuses veroorsaak het en dat woede nie werk nie.
Maar ek gaan nie so aangaan met haar dat sy ‘n hormonale uitbarsting kry en ons lang tafel om-bliksem nie. Ek sal saggies met haar werk, soos wat eintlik destyds moes gebeur het. Ek gaan vir haar die voorloper wees wat destyds nie tot haar beskikking was nie, en vir haar troos en wys alles het ten goede meegewerk.
Dat God se genade onbeskryflik groot is.
Dat gister net ‘n gedagte is, more nie saak maak nie. Dis net elke nuwe dag wat werklik tel. Dat klomp elke nuwe dae se vorentoe tree in geloof en vertroue – dit maak more die moeite werd.
Ons kyk mekaar in die oë en ‘n traan van dankbaarheid rol oor my wang. Vergifnis is bevrydend, self vergifnis ‘n genadegawe.
Om my sit geliefde blogmaats en hulle gaste. ‘n Luisterryke feestafel.
Ek neem ‘n slukkie Chardonnay en hoor hoe Toortsie beduie, Hester lag saggies en Kameel sit stil luister. My oë gly so met die langtafel af, en ek vang elke Towerin se oog. Liewe Una, Sonell, Frannie, Scrapy, VirgoC, Seegogga, Trommels, Woordnoot, Bondels, Perdebytjie en Positief.
Oral praat mense dooie jakkalse aan die draf.
Hier op Rebusfontein doen ons wonderlike dinge.
Die uitdaging – om dit wat ons by mekaar leer, in die regte lewe te gaan toepas. Want wat hier oor Josef geskrywe staan, is vir almal waar:
“It’s a beautiful story that happens just exactly the right way, but it was hard to see that at the time. I think that’s true in our lives. We take journeys we don’t want to take. Then, when we look back, we go, ‘Wow! Look how God used that! Look what God did in the journey!’” –
Adam Hamilton, Faithful: Christmas through the Eyes of Joseph.
*******
Langtafel smulgoed – so maak mens:
Skaapstertjies ala Jan Braai
Jan Braai se video beduie die skaapstertjies te mooi. Lekker kyk en hou maar ‘n lappie vir die spoegkliere byderhand, mens kan jouself nie help nie.
Jamie Oliver se Ala Amalfi Suurlemoen Mozerella lekkerte
1 Suurlemoen per persoon.
Twee suurlemoenblare per suurlemoen
Sagte mozzarella kaas
Vars Basieliekruid
Roma- of kersie tamaties
Sout en swartpeper
(Olywe of ansjovis fillet kan ook bygevoeg word – ek verkies die skoon varsheid van kaas, tamatie en basilie omgewe deur suurlemoen)
Maak so:
Sny die bo- en onderkant van die suurlemoen af. Hol die suurlemoen uit en laas op suurlemoen blaar op ‘n bakplaat. Herhaal tot jy een vir elke gas het.
Met ‘n uitgeholde suurlemoen as templaat, sny mozzarella sirkels – twee per suurlemoen op jou bakplaat. Een skyf word onder in die suurlemoen holte geplaas, dan volg gehalveerde tamatie en basiliekruid blare en dan word sout en peper bygevoeg en laastens die ander stukkie kaas en sprinkel met paprika.
Bak teen 200°C (voorverhit) vir 4-5 minute of tot die kaas lekker borrel – nie brand nie!)
Op ‘n mooi bordjie plaas jy nou ‘n vars suurlemoen blaar, lig dan saggies met ‘n spaan en liefde die gebakte suurlemoen van sy oond blaar af op die bordjie – en siedaar.
Eenvoudig, mooi, mooi en hemelse geure en reuke en smake. Lekker smul.
*******
WIL JY KOM SAAM KUIER? MAAK SO:
Ons langtafel is sosiaal en gemeensaam van aard. Ons kinkel is dat elke Towerin en Blogmaat plek vir haar of homself en twee gaste aan die tafel het. Dit moet ‘n beroemde of bekende persoon wees – een wat jy bewonder en een wat jy verpes. Dis nou lewendes en die wat ons reeds vooruit is. (Broodina het ons mos geleer om selfs die van wie ons nie so baie hou nie, te aanvaar.)
Ook moet jy asseblief iets lekker bring om aan jou gaste en ons ander voor te sit. Vertel hoekom, en deel die resep as jy wil.
Kom ons kuier, begrawe strydbyle, bou brûe, smee vriendskapppe en smul lekker saam soos net Rebusfonteiners kan.
Voorbeeld Vonk
Towerin 17 Onbekend bring vir John McEnroe van tennis faam omdat hy so vreeslik kon vloermoer en dis nie sportmanskaplik nie en sy bring vir Dolly Parton omdat niks haar onderkry nie, nie eens spottery nie!
Smulgoed wat sy bring is Makataankonfyt en varsgebakte brood.
Mik om so 500 woorde te skryf dat ons lekker kan lag en lees en mense leer ken.
Onthou om jou bloginskrywing op Inlinkz te gaan haak:
https://fresh.inlinkz.com/p/f3a95533873d4e39950509a1af369d8a

Sjoe nou het jy my so lus vir daardie kos van jou!!! Nou goed eers klaar lag vir jou wat jouself wil skop oor jou eie uitdaging. Ek sal maar nie sê hoe ek daaroor voel nie. Jou skrywe is besonders…diep…en “food for thought.” Altyd gedink ek wil graag met Eva ‘n appeltjie skil wanneer ek in die hemel kom…maar ook besef dan sal alles vergewe wees. Bly ons tafel staan nog!!!
LikeLiked by 2 people
Dit was ‘n oefening dié, en ek kon nie eens vir Hester blameer nie…😉🙈🙊🙉 Die kos is rerige gunstelinge, Rots se stertjies meer sout as Jan Braai s’n.
LikeLiked by 2 people
Ek tob nog oor die gaste….ek weet wraggies nie wie ek sal nooi nie…ek hoop net teen die tyd wat ek klaar getob het, is die tafel nog gedek!! En daai skaapstertjies! Njammies. EK het vir die Oom op Heilbron die naweek ‘n skaapkop gekoop maar moet nog uitvind hoe om die ding eetbaar te kry!!
LikeLiked by 2 people
Hehe. Jy kan altyd vir Rots nooi….vir die skaapkop gaarmaak. Het iewers verlede jaar daaroor geblog.
LikeLiked by 1 person
Gaan nou daai blog soek want ek het deur google geleer afval kook….
LikeLiked by 1 person
Het nou gaan google en dink ek is reg vir die een!!
LikeLike
🤗💝🌻
LikeLike
Mmmm, dit klink heerlik. Jou gaste is ‘n baie interessante keuse.
Die kos baie lekker.
Uitstekend geskryf Vuurvliegie. Jy stel ‘n hoë standaard.
LikeLiked by 1 person
📚✏💝
LikeLiked by 1 person
Ag en nou is ek sommer tranerig oor jou tweede gas! 🙂
Ek is nogal (VERSIGTIG) nuuskierig oor jou skaapstertjies. Ek het dit nog nooit geëet nie.
LikeLiked by 1 person
Moenie tranerig wees nie, wees saam bly. Na dese kuier ek en sy lekker oor ‘n glasie wyn.😉Skaapstertjies is soos lekker uitgebraaide ribbetjie….jy moet stadig en rustig daarmee werk, die wag die moeite werd en lipleklekker.
LikeLiked by 3 people
Vuurvliegie op haar beste! Man, hierdie is nou ń uitstekende skrywe, en ek gaan heerlik met albei jou gaste gesels. Nou moet ons drietjies net eers opdaag…
LikeLiked by 2 people
Hallo Una. Hene my keel is al droog gepraat so alleen. Welkom en kinderlik bly om van jou te hoor.🌻🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Bly is ek om te hoor jy self getob hieroor, dis hel moeilik om 1 te kies, dink na die is my Kruse gemaak, maar smaak my jy kook, dit klink heeltemal te lekker daai kos, 🌻🌻
LikeLike
Nou toe nou, jy het darem maar uitgehang hier aan tafel. Kos is lippe aflek lekker! Jou keuse van persone het my diep geraak. Ek sal ook graag met Josef en Maria wou praat oor hoe hul dit reg gekry het om so ver te moes loop voordat hul in Betlehem kon kom en dan nog geen plek om te slaap op die koop toe. Jy is ook lekker hard met jouself. Ek dink egter dat jy jouself al goed aangespreek het noudat jy van beter weet. Lekker gelees. Jy maak dit swaar om kers vas te hou met jou vertelling. Ek weet mens moet nie na jou binne kritiek luister nie maar hel jong dis moelik. Steeds lief vir jou al daag jy mens so uit om wyer te dink.
LikeLiked by 1 person
Scrapy, hulle sê” ‘een vriend is een wat alles van je weet en steeds van je houd.” Opdraand en afdraand maat. Liefdegroete.💝📚✏
LikeLike
Dankie vir die woorde dis baie waar. Op en Af, dis die lewe.
LikeLiked by 1 person