
Ja, toe. Trek julle grootdogtertjie pênties aan, hier gaat ons alweer met ‘n wending! Julle moet nou mooi alles stadig lees, en dan maak soos Towerinne maak.
Ons gaan voortaan so woordsnoer-woordsnoer op ‘n keer, een maal per maand in Rebusfontein kuier en avonture beleef net soos Towerinne kan!
Ek sal die woordsnoere soos altyd , in vet druk in my bydrae hieronder gebruik. Skryf die snoere neer so terwyl jy lees, en vertel dan in jou eie bydrae van jou eerste oggend op Rebusfontein en hoe jou huisie lyk en wat ookal jy reken op Rebusfontein aangaan. Haal asem – ek vertel nou meer!
Die scenario
Die Towerinne het pas hulle intrek in Towerinstraat, Rebusfontein, #MiddelMzanzi geneem. Die magiese plek is waar die veertien Towerinne en medereisigers van die giggelgroenbus elkeen haar unieke huisie bewoon en op Rebusfontein towerin kraai.
Met die dat Game of Thrones ook nou hulle laaste seisoen beleef, reken ek Rebusfontein se Towerinne is die volgende reeks wat die wêreld kan aangryp.
Aanstaande maand sal ons dan begin Towerin-avontuur met behulp van bepaalde snoere en gebeure.
Hoop julle gaan almal – die towerinne en mede-bloggers wat ons avonture geniet – sommer lekker saamspeel.
Die hemel weet ek het ‘n sonskyndag, lekker lag, liefdevolle Towerin-geselskap en -pret broodnodig!
Die Inlinkz skakel vir jou bydrae is onderaan my relaas.
Welkom op Rebusfontein

Vroeg vanjaar, in die middel van Suid-Afrika, by Emmaus, het die giggelgroenbus tot stilstand gekom. Die Towerinne van Blogland het na ‘n epiese toer daar hulle avonture begraaf, weggebêre. Skaars vier maande later blyk dit ‘n gruwelike fout te gewees het. So, waddehel, ons het nie ‘n diatribe of gestry nodig nie. Ons gaan eenvoudig terug na die afgeleë plek! Die wiele draai nog voor ons die bal aan die rol sit!
Dis pas 24-uur na die ElonMusk vliegmasjien arriveer by die eindpunt van die Towerinne se epiese giggelgroenbustoer deur Suid-Afrika.
Wat ‘n wonderlike verrassing het hier op die veertien meestal lewenslustige, maar huidiglik baie ongeïnspireerde spulletjie Towerinne gewag.
Uit hulle vergane drome het Rebusfontein verrys! ‘n Plek net vir hulle, in die magiese #MiddelMzanzi.Ja, daai dreinpyp waar ons almal in afgesuig is, is toe ‘n pad na verdere reise.
Jinne, dit was darem lekker toe ons van die vliegmasjien se staanplek per blomversierde ossewa Rebusfontein se hoofstraat af is! Ai, en om vir Lorenzo, Silwer en die bende, Abrie, Lewies, Storie(Klong)(Mal)Jan, Sonell, en Broodina, man en muis in die skare op te merk. Daar, onder ‘n pergola staan die giggelgroenbus! Die straatkiosk is die Toweropstal se Bali container.
Elke babbelkous op die ossewa raak tjoepstil toe die optog in Towerinstraat opdraai. Daar staan veertien huisies. Nuut en fraai. Vlinders speel oral rond. In ons are bruis innige blydskap. Die les vir elkeen dat sigeuners ook kan ophou reis en hulself vestig. Om darem nou elke dag jou maats te kan dagsê. Dis nou luuks en rede om nie die blues te wil sing nie.
Op elke huisie se stoep by die voordeur staan ‘n vriendelike Bali-eend. Ja, elke Towerin se liefie persent van Una en Positief, het ook op Rebusfontein hulle staan gekry. Elke tuintjie het ‘n lieflike spekboom heining.
So word die Towerinne by hulle adresse afgelaai . Towerinstraat 1 tot 14 word so in volgorde betrek:
- Hester (Sintester), leier en breinbreier (Nommer 1 Towerinstraat)
- Una Bali, ons groot omgee maat en reisiger van formaat (Nommer 2 Towerinstraat)
- Scrapy, ons ver-vriendin, ouma van formaat, skeppende siel (Nommer 3 Towerinstraat)
- Kameel, ons lesende maat met baie talente veral as Camilla ons harte steel (Nommer 4 Towerinstraat)
- Toortsie, warrelwindbesige banter, singer, skrywer en eintlik alles
- (Nommer 5 Towerinstraat)
- Perdebytjie wat mooi met haar kameralens zoem en lief is vir die natuur (Nommer 6 Towerinstraat)
- Tannie Frannie mooi en vol grasie, lief vir boeke en broodjies met spasie (Nommer 7 Towerinstraat)
- Positief met haar minoraskerpte het ons almal baie lief (Nommer 8 Towerinstraat)
- VirgoC, doen graag voluit en laggend mee al die pad van oorsee (Nommer 9 Towerinstraat)
- Seegogga van min maar skerp woorde, verras ons uit alle oorde (Nommer 10 Towerinstraat)
- Bondels vol mooi en pretgedagtes en ook nuut op ons (bus) boot (Nommer 11 Towerinstraat)
- Trommeltjies ons stil vriendin, maar maak net eers daai kissie oop (Nommer 12 Towerinstraat)
- Woordnoot, sprak nie vir haar man ‘n woord van haar reis en wat sy ons laat beleef nie (Nommer 13 Towerinstraat)
- En ekke, as Lekkervurig begin, nou bekend as Vuurvliegie bly in Nommer 14 Towerinstraat
- Die huisies van nommer 15 verder, wag geduldig vir intrekkers. Sonell, en al die ander Bloglanders – ons wag om te hoor wie trek waar in!
Dis ‘n lieflike herfsoggend. In Towerinstraat nommer 14 is ek, Vuurvliegie saam met my towerhond, Ringo, wat my met woordsnoere help, glad nie vadsig nie. Daar is baie om te doen, dis die reine waarheid. . My huisie is vol boeke, om elke hoek en draai. Oral lê blokraaie en woordeboeke rond. Die navors, dors-na-inligting, ewige student binne my is opgewonde.
Die eerste dag ingeburger as een van Rebusfontein, se honorêre inwoners begin met ‘n gelag en gegiggel buite.
Ek stap uit.
Sowaar, daar sit al die Towerinne in hulle pajamas op my stoep.
“Is hier nie koffie nie,” koor hulle.
“Maar natuurlik,” woef Ringo. “Beskuit en banting muffins en kaas sonder muisvalle.”
Ons gaan sommer lekker hier bly.
**************************
Wil jy saam woordsnoer en Towerinavontuur op Rebusfontein? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/c79e46273dd84a68bceb38fb23d1f7c5
Lekker snoer.
Jaaaaa!! Net wat ek nodig het!! ñ Lawwe, mal Towerin avontuur. Dankie, dankie Vuurvliegie.
LikeLiked by 2 people
😉🤗
LikeLike
Ringo, ek drink NIE koffie nie. Gaan skep vir my vars water uit die put op die plein, asseblief. Ek hou ook nie van kraanwater nie. Vuurvliegie, vir hierdie avontuur is jy eintlik die leier, maar dankie vir no. 1. Ek sien Lorenzo het in my stoepkamer ingetrek. Dis oukei, no warries, hy is klaar besig om in my tuin te werskaf.
LikeLiked by 3 people
Maar jy is kwaai. Ringo is skoonveld, kampkommsndant. Orde, orde soos dit was sal dit wees. Jy die voorhoede en ek die agterhoede. Moes geweet het jy het vir Lorenzo gegaps. Wat maak jy as Carlos opdaag? Mmm, smaak my Rebusfontein gaan toweragtig raak.
LikeLiked by 2 people
Oe, die komplikasies. Dit kan ‘n goeie storie word.
LikeLike
😉📚✏
LikeLiked by 1 person
Ag vaderland Hester en daar gaps jy Lorenzo voor ons op….dis neusie verby met ons. 😁😁😁😁
LikeLiked by 2 people
If you snooze, you lose! En wat van Marco, as ek mag vra.
LikeLiked by 2 people
En Ben…
LikeLiked by 2 people
Ek wonder of Camilla ook daar gaan woon?
LikeLiked by 1 person
Ons sal ons oë moet oophou.😉🤗
LikeLiked by 1 person
Marco is Camilla se liefde. Kameel soek iemand om in haar tuin te werk 🤗
LikeLiked by 1 person
Jy kan vir Rots leen as dit net tuinwerk is…alhoewel sy arm is alweer baie seer en hy doen nie help my sterkies nie.🙈😉 Hester, moet ons nie maar dertien van Lorenzo se neefs van Sicilië laat kom nie?
LikeLike
Ag laat jy my lag. Veertien Lorenzo’s gaan amok (spelling) veroorsaak. As Hester hom nie weer aan haar gaan vasketting nie nie kan ek hom sekerlik een keer ‘n week kry vir my tuin. Ek giggel nou nog dat sy hom sommer haar stoepkamer gegee het.
LikeLiked by 2 people
Ek was ook verbaas, want ons huisies het stoepies vir on stoele en Bali eende. Shame, hy moes seker self aanbou om rusplek te kry. 😂
LikeLiked by 2 people
As Hester gepraat het, het Hester gepraat!!! Sal kyk wat ek kan doen om hom te help.
LikeLiked by 1 person
Ek dog Camilla en Ben … newwermaaind, hou net jou hande van Lorenzo af. Hy gaan besig wees met my roostuin en kruietuin.
LikeLiked by 1 person
O ja, Hester het die groot erf gekry. Daar is baie werk. Hester, onthou dis vir gemeenskaplike genieting…..ons is mos nie hoeke piepierig nie of hoe?Bwahaha
LikeLiked by 2 people
Ek deel my tuin met graagte. Daar is mos ‘n lekker tuinbankie.
LikeLike
Dan kyk ons saam hoe Lorenzo spit, so oor ‘n glas putwater.😉
LikeLiked by 1 person
Ja, as hy nie sy hemp wil uittrek nie, koop ons vir hom help-my-sterk-lyk-hempies. Niks fout met spiere wat span nie.
LikeLiked by 2 people
Oh my thunder…. dis al wat ek nou kan sê…
LikeLiked by 1 person
Jou ou wenner! 🤪😁🥂😂 Hier gaan ons al wéér! 🥂
LikeLiked by 2 people
Dis tyd, ons is besig om te roes.😉 Geniet.
LikeLike
My kop werk oortyd. Ek droom behoorlik! Ek is mál oor my nr 5 huisie, jy kon nie ‘n beter een gekies het nie.
LikeLiked by 1 person
🏡🏠🏘
LikeLiked by 1 person
Dis ‘n goeie een…ek sal nou eers ‘n bietjie gaan kopkrap!
LikeLike
Geniet, maak daai blyplekkie mooi met al jou mooi foto’s en hou Broodina dop.😉
LikeLiked by 1 person
Vuurvliegie my lyf voel kroes maar my hart is bly….het nodig om weer saam met die Towerinne avonture te beleef. Dankie vir my huis van drome!!!
LikeLiked by 2 people
Maak mooi en vertel. Geniet ond gaan pret hê.Mwah. Kug,kug. Ek trek by week vier en my alt is nou breekstembas. 🙈
LikeLiked by 1 person
Jô so lank!!! Ek stoom en smeer vicks (tot onder my voete op my dogter se aanbeveling) spuit en drink pille en hoop elke dag vir ‘n oornag genesing. Sterkte vir jou!!!
LikeLiked by 1 person
Dankie. Daar by jou ook. Ek het vandag ouma se hoesstroop met turlington, borsdruppels, pepermentdruppels, heuning, kaneel en gemmerbrandewyn aangemaak. Verbeel my daar is beterskap, of dis die brandewyn. Hehe, kug,kug.
LikeLiked by 2 people
Briljante raad🌻
LikeLike
Aaah, my eie plekkie waar ek met julle almal kan kuier! Mal oor my bure – dankie, Vuurvliegie!
LikeLike
UItstekend, dit sal ons weer in rat bring. Sal nog n keer moet lees om tussen die lyne raak te lees. Gelukkig is dit naweek en hopelik gaan ek n tydjie van my eie kry.
LikeLiked by 1 person
Agterossie van Nr 13 het ingewaai…..na die week se “af vat” het ek nou eers weer die wonderlike idee gesien en jippie!!!! Vuurvliegie, EK SOEN SOMMER JOU VOETE!!
LikeLike
Buurvrou, dra seblief gemmerbrandewyn en vicks aan. Dit gaan rof met my.
LikeLike
Ek het 2 potte vicks op special by Clicks gekoop….en het die kas geloot met al die KWV 10 jaar oud…is oppad!!
LikeLiked by 1 person
😂🤗
LikeLike
Wonderlike raad en glo haar.
LikeLike
Dit klink awesome en baie dankie vir my huisie, ooooooo, ek is so excited. Sal diebike saggies ry in die dorp, nie raas nie🤞. My huisie sowaar ‘n Airstream, en die groentetuin plekkie is perfek. Dankie Vuurvliegie, 🌻🌻🌻🌻🌻whohoooo
LikeLiked by 1 person
Nou toe, wys en vertel.
LikeLike
Heerlik ♥
Bloggers Rock!
LikeLiked by 1 person
Kom trek in No 16 is oop. Dan kan jy vir ons huisies mooi kunstige werke skep
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die nooi Erna, ek dink julle huisies is al klaar perfek, maar dit sal wonderlik wees om julle te ontmoet en lekker te gesels. 💕
LikeLiked by 1 person
Nou toe. Daar is altyd tyd vir gesels.
LikeLike