Op die Skedelberg,
arms wyd gesper en vasgenael,
hang Hy vir ons sondes.
Sien Hy wyd en ver en vir ewig,
deur dors, pyn, alleen?
Alleen.
Tussen hemel en aarde.
Sy Vader wenend, met Sy rug weggekeer,
en die mens starend na die kruis.
Alleen.
Niemand hoor die laaste sug.
In die tempel skeur die afskorting oop.
Steeds is daar vrees en onbegrip.
Selfs drie dae later,
by die graf,
oopgeruk.
Ongeloof.
Thomas moet eers sien
Voor hy glo.
Uit verlatenheid,
uit die dood,
kom belowe
Jesus, Seun van God,
ons sal nooit alleen,
verstote,
vol sonde bly.
Hy het alles, vir ewig
reeds betaal.
Vir jou en my.
Jesus.
Al Een.
Hosanna!
Pragtig en spreek van liefde en hoop.
LikeLiked by 1 person
Amen!
LikeLike
Spesiaal Dankie
LikeLiked by 1 person
Hosannah!!😘
LikeLike