As jy fyn van nerf is moenie lees nie.

Vroegmore skrik ek natgesweet wakker. Rots lag oor ek so vervaard opvlieg. “Jy sal nie glo wat ek nou gedroom het nie.”

Hy sit my beker koffie op die bedkassie neer. “Vertel,” sê hy.

Ek vertel:

Dis ‘n klein donker kroegie in ‘n vreemde dorp. Dis rokerig, en raserig. Ek sit by die toonbank en drie ouens sit koppe omlaag na my en luister. Regtig luister, soos goeie net kroegvlieë kan.

“Die Towerinne is sedert die Groenbus Safari roete deur Suid-Afrika soos mense sonder plan. Jeremieer oor skryf aas wat vir hulle uitnooi om pret te hê. ‘Dis taai, skerts hulle. ‘Ons skryfgawes is nietig, vertel hulle. Hulle dryf my na roemers vol whiskey, newwermaaind Shandy.”

Ek sit en troetel my hartseer en vrees oor die afwesigheid van my noeste blog causeurs op my blog, nie net met die Woorsnoer-uitdaging nie, by Jacky Chan, Jamie Oliver en Christain Bale.

“Nee wat, drank is nie die oplossing nie” sê Jackie. “Gee hulle net een veeg streepsuiker. Spaar hulle niks, so met jou eie styl.”

“Nee, Jackie, mens skop, skiet en donder nie sommer net onder jou maats nie. Jy moet hulle met lof en aansien versigtig benader. Verhoudings is nietig en broos soos Cloete-se-oor. Mense verstaan so maklik verkeerd. Van die fynste vesel is ons aan mekaar verbind, soos ‘n dun spinnedraad,” waarsku kos-towenaar, Jamie.

Christian Bale sit en knik sy kop. ‘n Man van min woorde. ‘n Chimera wat jou oortuig hy is die rol wat hy vertolk. Beste Batman in my boek. Hy skroom nie om moeilike rolle aan te pak nie. Het sy lyf aan kos en slaap ontneem om ‘n rol werklik te laat lyk! Dis toewyding. As jy besluit om iets te doen, doen dit voluit.

Ek huil in my roemer. Die drie manne is geen roemers nie. Hulle is opreg, maar wys. Dis seker die lewe voor en agter die coulisse, ‘n versinnebeelding van die ware lewe, wat hulle so rustig laat raad gee. Seker maar al ‘n klomp dinge aan eie bas ervaar.

Rots lag. Dis nou ‘n droom en ‘n half. Ek praat my hart uit. My geduldige man luister.

Net soos Blogland en Vuisboek en Kwetser (Twitter) en Instagram. Mense kruip agter skuilname, gemanupileerde foto’s wat ons na Barbiepoppe laat lyk, weg. Ons skuif die coulissse net so effe links of regs op die verhoog van ons lewe. Ons kyk in spieëls en dink ons sien iets, maar eintlik is dit niks.

Nou wonder ek of ek te platjan is vir die 170 mense wat my blog laaik- daar is maar so 10 wat rerig met my kommunikeer.

Is my relase eentonig? Is die pruimery oor my skryfstyl net ‘n goeie-maniere-coulisse, wat voorgehou word?

Rots skud sy kop: “As jy die skryf, gaan jy askies ook sê en jouself verduidelik. Dis die regte manier om jou hart skoon te kry kry.”

So hier gaan ek:

Dis seker die draai van die weer long allergie wat weer kom kuier het wat my so fyngevoelig en swartgallig maak. Byvoorbaat askies dat ek my nonsens op julle uithaal, maar iewers moet ek dit uitskreeu. Ek hoes my lam met niks om uit te hoes nie, my lyf is seer, my brein voel dof. Moenie jou moer strip nie. Ek sal annerdag weer beter voel. En ek sal al jou skrywes lees en gereeld inloer en jou aanmoedig.

En ja, ek het eers soos Sagmoedige Neelsie oor dié blog geslaap. Maar dis hoe die snoere wou ryg.

Dis ‘n les dat ek moet onthou my blog is vir myself en nie ander nie! Kapow. Blindesambok. Streepsuiker. Les geleer.

Ek is mos ‘n steenbok. So ek sal soos ‘n sterk ram of liewer ooi, die berg voor my uitklim en klippe uit die pad rol. Die is immer in die pad, al veroorsaak ek dit soms self.

Aanhou probeer gaan ek, en net miskien klim meer maats gereeld saam met my die moeilike woordsnoer berge uit. En as hulle nie wil nie? Dis ook reg, dan rol ek maar net klippe bergaf uit my pad. Ek is te lief vir woorde om sommer te stop.

Rots het klaar met my geraas. Ek moes die les met julle deel. Want almiskie is daar ander blogland mense wat ook soms so voel? Dat jy sommer daaroor droom?

My moetie maak my moeg, en die nag se gehoes ook. Ek gaan nou slaap.

Baai, hoop jy kom kuier maar so nou en dan.

———

Om te lees wat my blogmaats met vandeesmaand se woordsnoer uitdaging gemaak het, kom kuier hier. Daar is krieket gespeel, stories gespin dat jy wil lê van die lag! 😉

https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9