
As jy fyn van nerf is moenie lees nie.
Vroegmore skrik ek natgesweet wakker. Rots lag oor ek so vervaard opvlieg. “Jy sal nie glo wat ek nou gedroom het nie.”
Hy sit my beker koffie op die bedkassie neer. “Vertel,” sê hy.
Ek vertel:
Dis ‘n klein donker kroegie in ‘n vreemde dorp. Dis rokerig, en raserig. Ek sit by die toonbank en drie ouens sit koppe omlaag na my en luister. Regtig luister, soos goeie net kroegvlieë kan.
“Die Towerinne is sedert die Groenbus Safari roete deur Suid-Afrika soos mense sonder plan. Jeremieer oor skryf aas wat vir hulle uitnooi om pret te hê. ‘Dis taai, skerts hulle. ‘Ons skryfgawes is nietig, vertel hulle. Hulle dryf my na roemers vol whiskey, newwermaaind Shandy.”
Ek sit en troetel my hartseer en vrees oor die afwesigheid van my noeste blog causeurs op my blog, nie net met die Woorsnoer-uitdaging nie, by Jacky Chan, Jamie Oliver en Christain Bale.
“Nee wat, drank is nie die oplossing nie” sê Jackie. “Gee hulle net een veeg streepsuiker. Spaar hulle niks, so met jou eie styl.”
“Nee, Jackie, mens skop, skiet en donder nie sommer net onder jou maats nie. Jy moet hulle met lof en aansien versigtig benader. Verhoudings is nietig en broos soos Cloete-se-oor. Mense verstaan so maklik verkeerd. Van die fynste vesel is ons aan mekaar verbind, soos ‘n dun spinnedraad,” waarsku kos-towenaar, Jamie.
Christian Bale sit en knik sy kop. ‘n Man van min woorde. ‘n Chimera wat jou oortuig hy is die rol wat hy vertolk. Beste Batman in my boek. Hy skroom nie om moeilike rolle aan te pak nie. Het sy lyf aan kos en slaap ontneem om ‘n rol werklik te laat lyk! Dis toewyding. As jy besluit om iets te doen, doen dit voluit.
Ek huil in my roemer. Die drie manne is geen roemers nie. Hulle is opreg, maar wys. Dis seker die lewe voor en agter die coulisse, ‘n versinnebeelding van die ware lewe, wat hulle so rustig laat raad gee. Seker maar al ‘n klomp dinge aan eie bas ervaar.
Rots lag. Dis nou ‘n droom en ‘n half. Ek praat my hart uit. My geduldige man luister.
Net soos Blogland en Vuisboek en Kwetser (Twitter) en Instagram. Mense kruip agter skuilname, gemanupileerde foto’s wat ons na Barbiepoppe laat lyk, weg. Ons skuif die coulissse net so effe links of regs op die verhoog van ons lewe. Ons kyk in spieëls en dink ons sien iets, maar eintlik is dit niks.
Nou wonder ek of ek te platjan is vir die 170 mense wat my blog laaik- daar is maar so 10 wat rerig met my kommunikeer.
Is my relase eentonig? Is die pruimery oor my skryfstyl net ‘n goeie-maniere-coulisse, wat voorgehou word?
Rots skud sy kop: “As jy die skryf, gaan jy askies ook sê en jouself verduidelik. Dis die regte manier om jou hart skoon te kry kry.”
So hier gaan ek:
Dis seker die draai van die weer long allergie wat weer kom kuier het wat my so fyngevoelig en swartgallig maak. Byvoorbaat askies dat ek my nonsens op julle uithaal, maar iewers moet ek dit uitskreeu. Ek hoes my lam met niks om uit te hoes nie, my lyf is seer, my brein voel dof. Moenie jou moer strip nie. Ek sal annerdag weer beter voel. En ek sal al jou skrywes lees en gereeld inloer en jou aanmoedig.
En ja, ek het eers soos Sagmoedige Neelsie oor dié blog geslaap. Maar dis hoe die snoere wou ryg.
Dis ‘n les dat ek moet onthou my blog is vir myself en nie ander nie! Kapow. Blindesambok. Streepsuiker. Les geleer.
Ek is mos ‘n steenbok. So ek sal soos ‘n sterk ram of liewer ooi, die berg voor my uitklim en klippe uit die pad rol. Die is immer in die pad, al veroorsaak ek dit soms self.
Aanhou probeer gaan ek, en net miskien klim meer maats gereeld saam met my die moeilike woordsnoer berge uit. En as hulle nie wil nie? Dis ook reg, dan rol ek maar net klippe bergaf uit my pad. Ek is te lief vir woorde om sommer te stop.
Rots het klaar met my geraas. Ek moes die les met julle deel. Want almiskie is daar ander blogland mense wat ook soms so voel? Dat jy sommer daaroor droom?
My moetie maak my moeg, en die nag se gehoes ook. Ek gaan nou slaap.
Baai, hoop jy kom kuier maar so nou en dan.
———
Om te lees wat my blogmaats met vandeesmaand se woordsnoer uitdaging gemaak het, kom kuier hier. Daar is krieket gespeel, stories gespin dat jy wil lê van die lag! 😉
https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9
Ek is mal oor die woordsnoere, het net nie altyd tyd om self te skryf nie. Ek geniet jou blog, leer elke keer nuwe woorde, maniere om woorde te snoer (nie net op die woorsnoer-uitdagings nie), geniet jou fyn raaksê en raakskryf vermoë.
LikeLiked by 1 person
Maat, onthou julle is my regulars…en ek het nou by Bondels ook geantwoord. Ek geniet jou manier van skryf net so, dis rerig. Ek dink dis ‘n ding wat Rondomtalie gister geplaas het ” all followers are not your friends” wat my die kranse af laat voeter het…
LikeLike
Liewe Vuurtjie, kom ek help jou gou. Kom, ek vat hier onner die elmboog dan help ek jou omrol op jou maag en ek klomp so tjop tjop daai longe skoon. Net eers ‘n handoek oor sit dat ek jou nie seer maak nie.
Sulke infeksies kan mens broos en miserabel laat voel. Nou aangesien jy nie juis kan praat terwyl ek klop nie, kan jy luister…
Bondels geniet jou blog vreeslik baie. En selfs jou uitdagings. Sy het net ‘n paar tegniese probleme gehad (en ongoing)wat haar deelnames beperk. So sy moet van onverwagte geleenthede gebruik maak alvorens sy iets kan doen.
Jy skryf puik en stretch bondels en al sou sy ook nou en dan n hoesie of proesie of kreun uiter, ontneem dit geensins van die plesieriggeite wat sy uit jou blog put nie…sela. hoe voel die longe nou?
LikeLiked by 1 person
😋🤗
LikeLike
Onthou mens preek altyd vir die bekeerdes…. jy het my uitgeslaan vir ‘n ses, soos in Kameel se relaas, en ek voel soos Perdebytjie se Jakkie. Ek gaan rerig slaap en oor lyf en siel probeer kom.
LikeLike
Vuurtjie ek laaik jou en my blogmaats kwaai. Ek het aan die begin gewonder of mense my skryfgoed regtig lees en geniet. En of die kommentaar net is om nog bloggers te kry en of dit rerig bedoel word. Maar mens kom agter wie lees rerig en wie leef saam met jou. Ek glo jy staan hoog aangeskrewe by die mense wat by my ook kom inloer.
Hoop nie my liefdevolle kloppery het seer gemaak nie. Word asb gou beter
LikeLiked by 2 people
📚🤗🌻
LikeLike
Ek kan regtig mense klop wat sukkel om slym uit te kry, doen dit gereeld vir iemand…. die dat ek nou die so beduie…
LikeLike
Vuurvliegie ons moet eers ‘n bietjie jeremieer wanneer ons daardie lys woorde sien….dis deel van die pret. Jy streeéeeeeek ons en dis goed so. Ek persoonlik geniet jou Woordsnoere baie….al krap ek omtrent kop. Word jy nounet gesond, en weet net ons geniet jou.
LikeLiked by 1 person
💝📚😞
LikeLike
Mynw is allergie droë hoes. Jou brein en longe lieg vir mekaar. Jy is uitgehoes en lam agv die spul kortisoon, antihistamien en asmapomp is die pad. Maak my mal. Wens dit was net slym wat uit kan klop. Het verlede jaar begin toe die winter begin loer, en nou wraggies weer.
LikeLike
Ek hoor jou en raak ook moedeloos as die blog nie groei nie en wonder ook of ek eentonig word.
Die afgelope ruk is die skryfinspirasie maar eil gesaai.
Ek geniet altyd jou skrywe 🤗
LikeLike
Soos ek sê. Hierdie is die dominee wat vir die teenwoordiges uittrap oor die afwesiges. 😉
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan 😉
LikeLiked by 1 person
Ny diagnose: winterdepressie. Ek ly al jare daaraan hoewel my dokter my uitlag. As dit te koud raak om met minder klere rond te loop, kan ek voel hoe my siel begin krimp. Jammer om te hoor die winter mors met jou ook. Ek geniet jou skrywes en jou uitdagings – maar ek hoef jou nie te vertel nie, jy weet dit. Dis net dat dit op die oomblik nog lekker weer is hier en dat my stertbeentjie onverklaarbaar seer raak as ek voor die rekenaar sit terwyl die son skyn en die branders klap. Kyk uit vir my bydrae. Daar gaan ‘n twist in the tail wees …
LikeLike
💝🌻🤗
LikeLiked by 1 person
Eina pyn, kry ek nou sommer so ñ skuinsklap op die boud! Moet sê, my bors karring ook op die oomblik, so ñ regte patetiese rokers-hoesie, maar ek rook nie. So nou wonder ek oor jou siekheid. Is dit hoe hierdie jaar se gogga lyk? Asseblief tog nie, net nie weer die aanmekaar siekbly wat ons verlede jaar moes deurgaan nie.. Ai, sterkte. En as jou grootste rasie leier, we really LOVE you!
LikeLike
💝📚
LikeLiked by 1 person
Lyk my ons twee hoes saam ons longe uit! Suster in verdrukking, jy het al my simpatie.
Nietemin, jou skryfsels is uitstekend en ek het dit al gesê, maar jy kan maar weer luister.
As die blou monster loer, gaan kook ‘n pot beet en skryf vir ons ‘n stuk.😄🌺🌺
LikeLiked by 1 person
Genotuleer😉
LikeLiked by 1 person
Kug-kug…hegge-hegge!😵
LikeLike
Dis aaklig nè. Verlede jaar het dit my byna ses weke geneem om reg te kom, ek trek nou by week twee. Ek is soos ‘n weervoorspeller, as die temperatuur kouer word, vertel my borskas die storie. Hegege, kug- kug. 😵😷 Pas jouself op. Sterkte.
LikeLiked by 1 person
Voor ek die ander kommentare lees, wil ek eers gesels. Ons voel maar almal so. Ek weet nie hoe baie van die mense wat ingeskryf is op my blog dit lees nie, ek twyfel sterk of selfs 10 persent van hulle my blog gereeld lees. Ek kry daagliks baie besoeke, maar vermoed dis meesal Google wat mense toevallig by my laat beland. Ek het ook maar die ou kleine groepie wat ek weet, gereeld lees.
En dan, net wanneer ek vra waarmee ek besig is, kom daar ‘n dankie van iemand vir wie een of ander ou storietjie van my dalk iets beteken het.
Genoeg oor my. Nou is dit Lekkervurig se beurt. Ek voel dat Lekkervurig se blogs van die beste is. Jy is ingelig, doen navorsing, skryf nie sommer net nie, skryf regtig uitstekend. ‘n Mens lees lekker by jou.
Hou aan skryf. Mense is besig. Baie besig. Hulle het nie tyd om elke dag oral te lees nie, maar dit maak nie saak nie, want iemand kees en dit beteken vir daardie iemand iets.
En tussen ons klompie bliggers gesels ons lekker, beur mekaar op, gee mekaar moed.
Sterkte. Ons is baie lief vir ons lekkervurige een.
LikeLiked by 1 person
Dankie Toorts. Dankie. Die blindesambok het al in my skrywe my bygekom. Kom ons blameer my geblaf aan die chroniese longgogga.😉
LikeLiked by 1 person
Nee man ons is lief vir jou en dis goed om soms die dinge wat pla, bietjie uit te blaf.
LikeLike
Ek n jy moet ook onthou, baaaaie mense lees, maar knip nie ‘n oog of reageer of like of watookal nie. Ai toggie.
LikeLike
O, en die kamtige gekerm is deel van die speletjie. 😁 Maar, jy gooi ons elke keer plat, hoor. Nou kom ons al so amper reg, nuwe ouens is nou bang om in te val.
LikeLiked by 1 person
Hier kom ek mostert na die maal by jou uit. Jy moenie alleen voel oor die”hoekom antwoord niemand nie” Ek is al jare besig en my volgers is nog nie eers duisend nie. Ek gee nie n hel om nie. Dis vir jouself wat jy skryf omdat dit lekker is. Daar kom telkens droogtes/siektes/of ander dinge tussenin wat maak dat daar nie geskryf word nie. Dis steeds jou eie werk. Jy het die vermoe om baie lekker te skryf as ek dit so mag noem. Ek beny jou eintlik omdat my skrywes baie eenvoudig is in vergelyking met joune. Moedhou, aanhou en uithou. Ek droom ook oor die skryfsels wat ek wil skryf. Loop ook dae en dagdroom totdat baie kere te laat is om te skryf.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Scrapy. Mwah. My gemoed is al baie beter en ja, dis vir onsself eerste en da vir ander. Ko ons sê dis ou Bloubekruip en griep se skuld dat ek so gevloermoer het. 🙈
LikeLike
Dis goed om uiting te gee aan jou gevoel. Dis daardie inner critique wat so mislik met n mens is. Jy is en bly uniek.
LikeLiked by 1 person
💖🤗😇
LikeLike