Ek is gek oor beet. Heel, in blokkies, in skywe. Vervreet my as ek die sappige purper rooi gekookte sfere afskil. My hande is gekleur want daar is niks lekkerder as om so beet in jou hand vas te vat en die skilletjie kom so los en juweel mooi kom lê die kaal blink knol in die bak. Kyk hoe mooi lê my kooksel in die erdeskottel met die lieflike sonskyn lig besprinkel!
My gunsteling manier van beet kook is met baie sout, steranys sommer so handvol, wonderpeper korrels en kardemom sade wat gekneus is. O, en gooi so lepel canola olie ook by, anders kook die spulletjie lekker morsig persroooi op die stoofblad oor. Daai moet nie veregete bly nie.
Terwyl die beet lekker op die stoof kook en hemelse geure die huis oorspoel, sny ek met die mandolien dun, dun uie in ringe, en maak hulle los en lê dit in appelasyn, net so dat hulle bedek is om te ‘macerate‘ (sag maak) soos die foodies ons leer.
Terwyl ek so berei, hoor ek my Bab as kleuter bid aan tafel: “Hier is my kossies voor my Heer…(ek vergeet hoe die gebedjie gaan) ..vir koek en eier, bloedrooi beet, perske, peer, dankie Vader sê ek weer. Amen“
Haar klokhelder kinderstemmetjie bid so deur my gedagtes by die beet bak. Ek is seker God onthou elke woordjie wat sy so geprewel het, en Hy ken my gehakkel met die frases wat ek onthou. Dis vir my lekker om so te stamel bid terwyl ek die beet skil en dan ook papierdun ronde skywe mandolien.
Dan word die uie en asyn so bo-oor gestrooi en ligweg deur gemeng, om dan vir so dag of wat stil in die yskas bly tot die uie verdwyn in die purperrooi. Lekker, lekkerte. So oud soos die aarde self.
Beet was aanvanklik ‘n plant wat aan die kus gegroei het. Dis een van die oudste voedselsoorte vir menslike gebruik. Assiriesse skrywes circa 800vC vertel dat beet in die Hangende Tuine van Babilon verbou is. Dis egter die ou Romeine wat beet behoorlik op ‘n troontjie geplaas het.
Ken jy die storie van Aphrodite en beet? Daar is nogal wilde getuienis oor die sensuele kragte van beskeie beet gevind op muurskilderye in die ruïnes van Pompeii!
Die storie is dat Aphrodite, godin van die liefde, beet verorber het om haarself nog meer onweerstaanbaar te maak. Kos-geskiedskrywer, Tori Avey, vertel dat die ou Romeine, beetsap as opkikker gebruik het! Nou ja toe, wie het viagra nodig, as die ou beskawings al reeds ‘n antwoord gehad het, wonder ek.
Beet het hoë inhoud aan boor, ‘n mineraal wat hormone help produseer en ook die immuunstelsel verbeter. Dit bevat blykbaar ook isobutyl methoxy pyrazine. Ons mens neuse ruik klaarblyklik konsentrasies van die unieke molekule onder die gedeelte per triljoen vlak – een van die mees stimulerende reuk samestellings op aarde. Dit is ook wat Bell pepers hulle unieke reuk gee. Bedwelmend!
Ek lees dat Aphrodite dan ook nie-amptelik die godin van beet is. Die Orakel van Delphi het blykbaar verklaar dat beet hulle gewig in silwer werd is. Dis nou naas radyse (horseradish), voorloper stimulant in mistieke vrugbaarheid.
Daar is ook bygelowe dat as sou ‘n man en vrou saam ‘n beet eet, hulle op mekaar verlief sal raak. Mmm, almiskie moet daar liewer beet op Vaaltyndag uitgeruil word…
Die geloof kom van die legende rondom Aphrodite, en dat die beetknol nogal na ‘n hart, die universele simbool van liefde, lyk.
Wonder ek nou, is my en Rots se gesamentlike liefde vir beet die rede vir ons 34-jaar vir botter of wors lewe saam? Ek weet nie van die vurige doepa deel wat aan beet toegeskrywe word nie, ek weet net ons harte is al lankal een!
Robuust soos Russe wat borscht verorber, of Nore wat glo beetsap maak hulle so wys en geïnspireerd soos hulle god Kvasir of die mitologie wat vertel beet maak jou so wulps soos Aphrodite. Wat ookal, elke diertjie sy plesiertjie.
Ek lief beet – ek proe die goedheid en rykheid van ons skepping in elke hap. Aards, vol smaak en geur. Goedheid vir jou hart, bloeddruk, ryk aan vesel, vir stamina en energie, om inflammasie te beveg. Dis net pleinweg njammies. Gekombineer met die reuk van steranys, kardemom en sagte uie – hemels.
Hopelik jy voel ook so oor beet, of kyk met nuwe oge na die knolletjie, oral op aarde in mense se dieet!
Gaan lees self meer: https://en.wikipedia.org/wiki/Beetroot
NS. Sou jy vergeet van die beet oordaad vandag, volg daai aaklige skrik more-oggend as jy die troonkamer besoek!
Lief beet maar is nou bederf soos my dogter dit maak….en sy gee nie meer vir haar ma bottels vol beet vandat haar kleingoed haar so besig hou nie.
LikeLiked by 2 people
Ek vrek oor beet, maar as ek dit self gaarmaak, kom ons nooit by die opsny of rasper uit nie. Ek loop en eet hulle soos wat ander mense Smarties eet. Gelukkig lê my bure se dogter heerlike beet in en ek kry altyd ‘n bottel in ruil vir my sauerkraut. Daar is altyd beet in my yskas. Steranys, wonderpeperkorrels en kardemom sê jy? Ek sal onthou.
LikeLiked by 1 person
Oe wow vuurtjie ek ke nie jou resep nie jy sal moet deel. Ek is ook laf oor beet. Sommer so warm en heel uit die pot. Of in so soetsuur mazina sousie, enige manier. Al wat ek pes is as die sous my ander kos verkleur. So ek skep dit in aparte bord. ..
LikeLiked by 2 people
Jy en Rots sal lekker saam eet. Hy maak ook so.
LikeLike
🤗
LikeLike
Jy het hierdie nou so mooi geskryf! Tannie Beet kan haar ou skoene agterna gooi, dat sy so pragtig besing is. Ai, Vuurvliegie, jy kan pragtig skryf vriendin!
Ek vergeet skoon om te sê ek hou ook van ‘n warm beet so uit die pot.
My ma het eendag vir my dogtertjie, toe sy nog klein was, gesê sy moet fynkou aan die beet. Toe sy klaar is, vra sy vir nóg fynkou. Van daardie dag af is “fynkou” die amptelike naam in ons huis vir beet!
LikeLiked by 2 people
Dis nou kosbaar. Dankie dat jy deel.💖
LikeLiked by 1 person
En hier skryf jy in die laaste sin wat ek die hele tyd aan dink, die skok die volgende dag nadat ek amper die kastrol beet stokalleen verorber het!
Ai ek is ook mal oor beet. Ongelukkig is dit vir my verbode deesdae. 🙁😢 Ek mis nie sommer ‘n aartappel nie, maar ‘n vars gekookte beet net so? Ai toggie.
LikeLiked by 1 person
🤗
LikeLiked by 1 person
Wanneer gaan ons slaap? 😊
LikeLike
Ek sit slaap , hoop en bid my longe kom oor die bult. Slaap is maar deurmekaar op die oomblik. Probeer lees , dan piep die WP kennisgewing. Lekker rus.
LikeLiked by 1 person
Ai ek hoop ook jou longe kom gesond.
LikeLike
Ek sê nou net vir Seegogga, ek is nou te vaak om te gaan slaap. Ek dink ek moet net omdraai en kry klaar. Sues tog moet jy nou regop sit ter wille van jou longe?
LikeLike
Ek hoop jy rus ook goed.
LikeLike
https://toortsie.com/2011/11/03/heerlike-somerslaaie/
LikeLike
Ek vreet beet…..skuus vir die banale woord. Ek het ontdek (danksy Woollies) hoe lekker rou fyngerasperde beet kan wees….so ek eet dit soos dit kom, maar jou resep klink vir my na die ultimate beet sous!
LikeLiked by 2 people
Nou is ek bly ek het beet gerelaas!
LikeLike
Hand op, ek Mal oor beet. En dis wonderlike vir jou lewer
LikeLike
Mensig daar steek toe meer in beet as wat ek gedink het. Was ń lekker lees en my slimmer gemaak. Ek lief, lief, lief beet. Nou is ek spyt ek het vandag by die mark die bottel beet gelos vir kerriebone, my gunsteling.
LikeLiked by 1 person
Dit is baie interesant, jy het my nou geinspireer om beet te koop.
LikeLike