
Ons woordsnoer vandeesmaand uit ʼn fotoblokraai en ‘n klompie ekstra woorde wat ons nie sommer gebruik nie. Woorde wat met C begin.
Is julle reg?
Julle karakters is:
(As julle op die name kliek, sal julle by die manne se Wikepedia blaaie uitkom. Lekker lees oor die drie interessante mense.)
Julle blokraaiwoorde om ‘n avontuur vir die drie manne te snoer is:
- versinnebeeld
- aas
- taai
- noeste
- lof
- aansien
- veeg
- gawes
- spaar
- nietig
- skerts
- plan
- styl
- jeremieer
- versigtig
- roete
- roemer (die woord het twee betekenisse – gebruik die een wat jou relaas pas, of albei. Nes jy wil)
- vesel
- eentonig
- ram
- vrees
- streepsuiker
- shandy
- troetel
- platjan
En nou vir die knopers wat begin met C
Causeur – vlot geselser, gesellige prater (Ek het dadelik aan Hester, Lewies, Toortsie en Maljan gedink. Eintlik het ek aan al die Towerinne en die ander causeur blogmaats ook gedink, maar daai vier – heel eerste!)
Coulisse – beweegbare syskerm op ‘n verhoog. Bv. Om agter die coulisses te kyk = ontdek wat agteraf gekonkel word of dit was agter die coulisse = dit was agter die skerms.
Cloete-se-oor – sagte kraakbeenrand van die bladbeen van ‘n skaap (Noordoos Vrystaat) Sinonieme: Bejaminsoor, jaapoortjie, oom-Paul-se-oor.
Chimera – hersenskim
Speel, dink,verbeel, skiet spek en skryf in ons mooiste taal.
‘n Vonk: ‘n Sjinees, ‘n sjef en Batman stap by die kroeg in…..
—————————————————————
Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9
Lekker snoer.
😳 🤔 😱
LikeLike
Aweh! Wat?
LikeLike
Ek’sh innie bar. Het ‘n vershterkinkie nodig. Ek’sh net een een van die good time girlsh – moenie my shkiet, shkop of donnôr nie.
LikeLiked by 1 person
Whaha! Jy moet nou nie uitwissers drink nie en onthou om lekker te shrywe en shpin ook!
LikeLiked by 2 people
Vuurvliegie, jou vuur brand hoog en ons arme klomp gaan les opse met hietdie een!!!
LikeLike
Nee man. Benader dit lig. 😉🤗
LikeLiked by 1 person
Ek maak spelfoute van pure skok!
LikeLiked by 1 person
😉😂
LikeLiked by 1 person
Dina jy laat my lag. Ek is ook sprakeloos….tussen wie en wat het ek my begewe toe ek hier betrokke geraak het?
LikeLiked by 1 person
Haal vir Camilla uit – sy sal die drie ‘n les leer en woerts warts deur die woorde flamenco!
LikeLiked by 1 person
Dis seker nie so moeilik nie. Ek is net bang ek moet te hard en veel dink…sleg vir my op hierdie ouderdom! Pensioenarisse moet ontspan…dokters sê so.
LikeLiked by 2 people
Moenie dink nie doen, Perdebytjie – verslaggewer styl….
LikeLiked by 1 person
Ek is hopeloos met die tipe uitdagings… sal maar die leeswerk doen 😉
LikeLike
Ek is baie dankbaar mense lees.😉
LikeLike
😊 ek lief die lees slag meer as die skryf slag. Al wanneer ek op die beste v tye skryf is om my bearings bymekaar te bring.
LikeLiked by 1 person
Shit.
LikeLiked by 1 person
😶🤔📚
LikeLike
No shit suster, net spekskiet en verbeel 😂
LikeLike
Ek dink ek bly sommer lê vandag.
LikeLike
Elke diertjie sy plesiertjie
LikeLiked by 1 person
Ek kan maar net wens.
LikeLike
O, dankie vir daai mooi woord waarby jy my ook ingesluit het.
LikeLike
Bly jy het gelees.
LikeLiked by 1 person
Nou kan ek maar net soos Hester sê Waddehel. Jy mik hoog Vuurvliegie….baie, baie hoog.
LikeLike
Julle is mos Towerinne – en julle het die vorige twee lag lag afgeransel. Gaan lees oor die ouens, lees die woorde – ek weeeeeet julle kan! Ons is mos nou almal ontklotter, ontbloot en uitgesorteer – dit was ernstige sake – kom ons speel-speel nou net, toe!
LikeLike
Una het gevloek…dit sê alles!😂😂
LikeLike
MFU – ek het dit nie eens besef nie! 😉
LikeLiked by 1 person
Wat is ‘n platjan….my woordeboek sê niks.
LikeLike
Kameel – dis blokraai antwoord vir grapmaker – ek kry self ook net Janklaas vir grapmaker
LikeLike
Ek si begeesterd voor my rekenaar. Raai wat? Die vervlakste ding reageer so stadig op wat ek tik dat ek n ekstra week sal nodig he om my storie te voltooi. Voel sommer afgehaal met die ou ding se reaksie!
LikeLike
Haal asem, daar is tyd tot Donderdsg. Verheug dat jy begeesterd is.🤗
LikeLike
Ja jong ek loop al van jy dit opgesit en redeneer met Jamie, Jackie en Christian wie ek nog nie goed ken nie. Het gou gegoogle en sien my storie begin vlam vat.
LikeLiked by 1 person