Ons woordsnoer vandeesmaand uit  ʼn fotoblokraai  en ‘n klompie ekstra woorde wat ons nie sommer gebruik nie. Woorde wat met C begin.

Is julle reg?

Julle karakters is:

(As julle op die name kliek, sal julle by die manne se Wikepedia blaaie uitkom. Lekker lees oor die drie interessante mense.)

Jackie Chan

Jamie Oliver

Christian Bale

Julle blokraaiwoorde om ‘n avontuur vir die drie manne te snoer is:

  • versinnebeeld
  • aas
  • taai
  • noeste
  • lof
  • aansien
  • veeg
  • gawes
  • spaar
  • nietig
  • skerts
  • plan
  • styl
  • jeremieer
  • versigtig
  • roete
  • roemer (die woord het twee betekenisse – gebruik die een wat jou relaas pas, of albei. Nes jy wil)
  • vesel
  • eentonig
  • ram
  • vrees
  • streepsuiker
  • shandy
  • troetel
  • platjan

En nou vir die knopers wat begin met C

Causeur – vlot geselser, gesellige prater (Ek het dadelik aan Hester, Lewies, Toortsie en Maljan gedink. Eintlik het ek aan al die Towerinne en die ander causeur blogmaats ook gedink, maar daai vier – heel eerste!)

Coulisse –  beweegbare syskerm op ‘n verhoog. Bv. Om agter die coulisses te kyk = ontdek wat agteraf gekonkel word of dit was agter die coulisse = dit was agter die skerms.

Cloete-se-oor – sagte kraakbeenrand van die bladbeen van ‘n skaap  (Noordoos Vrystaat) Sinonieme: Bejaminsoor, jaapoortjie, oom-Paul-se-oor.

Chimera – hersenskim

Speel, dink,verbeel, skiet spek en skryf in ons mooiste taal.

‘n Vonk: ‘n Sjinees, ‘n sjef en Batman stap by die kroeg in…..

—————————————————————

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/0ad6b9588b9649c38b03c4859734bed9

Lekker snoer.