Ontmoet vir Chad. Ons eie swemkampioen wat saam met vier honde en drie mense heerlik op Waterval bly. Bedags is hy tjoepstil onder die wynkas. Sal so nou en dan die vrou van die huis haar jis laat afskrik as hy keel skoonmaak.

Chad is baie lief vir swem en water. Uiteraard. Hy is amfibies. Hoort by of in water. Nou sy enigste konstante bron van water is die brakanjanne se kombuiswaterbak.

Gisteraand sien Milo en ek vir Chad om die hoekie loer. Swemtyd. Hy is so tuis. Gou is hy met sy wateroefening en bad besig. Koda, my slangvanger van formaat, het egter arme Chad vies gehad toe hy midde-in Chad se onderwater asem oefening kom dors les.

Gewip is ou Chad agterdeur toe, waar hy ewe kontant wag dat jy oopsluit en dan hop hy uit goggavanger se kant toe vir ete.

Laat aand merk jy hom so uit die hoek van jou oog op. Weet nie watter muur of veiligheidsdeur hy uitklim om huis in te kom nie, maar terug kom hy om onder die wynkas in te klim.

Luilekker lewe. Kwaak.