Ontmoet vir Chad. Ons eie swemkampioen wat saam met vier honde en drie mense heerlik op Waterval bly. Bedags is hy tjoepstil onder die wynkas. Sal so nou en dan die vrou van die huis haar jis laat afskrik as hy keel skoonmaak.
Chad is baie lief vir swem en water. Uiteraard. Hy is amfibies. Hoort by of in water. Nou sy enigste konstante bron van water is die brakanjanne se kombuiswaterbak.
Gisteraand sien Milo en ek vir Chad om die hoekie loer. Swemtyd. Hy is so tuis. Gou is hy met sy wateroefening en bad besig. Koda, my slangvanger van formaat, het egter arme Chad vies gehad toe hy midde-in Chad se onderwater asem oefening kom dors les.
Gewip is ou Chad agterdeur toe, waar hy ewe kontant wag dat jy oopsluit en dan hop hy uit goggavanger se kant toe vir ete.
Laat aand merk jy hom so uit die hoek van jou oog op. Weet nie watter muur of veiligheidsdeur hy uitklim om huis in te kom nie, maar terug kom hy om onder die wynkas in te klim.
Luilekker lewe. Kwaak.
O wereld ek sal ook nie van n padda in my drink water hou nie, eeeuw
LikeLike
Die brakke en Chad leef vredig, hulle weet nie dis eeeuw nie.😂
LikeLike
Mmmmm die wonderwereld van diereryk…
As ons mense maar meer so kon wees nê?
LikeLiked by 2 people
Daar slaat jy nou die spyker op die kop, vreedsaam word wreedsaam as mense vetrokke is.
LikeLike
Ag dis te dierbaar! Ek hoop nie hy piepie in die water en jou honde moet dit drink nie!😵
LikeLike
As hy so geswem het, word die water uitgegooi….dit lyk egter nie of my honde skurwe vel groei of kwakerig raak nie….😂🤣
LikeLiked by 1 person
Hulle kry dalk vratjies…hou dop!😄
LikeLike
😉🤔🙄o gaats!
LikeLiked by 1 person
Ek sal my ook wip as iemand my swemwater kom opdrink. Die hond moet beter geleer word 🤣🤣🤣 Kostelik.
LikeLike
😀
LikeLiked by 1 person
Chad is ń slimme klong wat sy brood aan albei kante daar by julle gebotter kry.
LikeLiked by 1 person
🐸
LikeLike
Ek hou van Chad. hierby ons was hulle voorheen volop maar met al die ontwikkeling om ons dink ek is hulle uitgeroei. As kind was ek absoluut mal oor die goed en het ek vir ure na hulle gekyk en gedagdroom nou is dit net iets wat ek bv hier sien by jou… en nooit ooit meer eers hoor nie. Pas Chad mooi op 😉
LikeLiked by 1 person
Kwaak hy nie in die nag nie? Oulik maar ek verkies Nikodemus die akkedis wat sy intrek hier geneem het. Hopenlik trou Chad nie en bring vroulief en later hele kroos binneshuis nie.
LikeLiked by 1 person
Chad het vanoggend na my slaapkamer toe verwaal, sy honde familie het hom verwilder – sy plek moet hy ken – onder die wynkas in die sitkamer, in die drinkbak, hop-hop agterdeur toe. Nêrens ander nie. Ons het so gelag. Hy het homslef maar platgetrek dat ek hom kon weghelp so ewe. As daar familie kom, sal ek maar ‘n vywer buite moet prakseer vir hulle. Dit lyk of hy enkellopend is of rondlopend? Hoe sal ons nou weet? Miskien vlug hy weg van die gesin. 😉
LikeLiked by 1 person
Die padda kwaak… en swem… en bly onder die wynkas!
Nou wonder ek… wag hy dat ‘n bottel lek? 😉
LikeLike
😉🤣🤣
LikeLiked by 1 person
Ma het nou omtrent lekker gelag en dink dis dierbaar dat daar nog mense is wat so lief is vir paddas. Ons het ook ‘n paar hier maar hulle is te lui om die trappe op te klim waar ons waterbakke is, toe gee ma maar vir hul ‘n waterbak in die tuin. 🙂
Pragtige foto’s van die padda avontuur. Groete vir Koda. 🙂
LikeLiked by 1 person
Hallo Rambo. Koda en span waai stert terug.. Hoop julle week is heerlik vol avontuur en blou see en sonskyn.🐶
LikeLiked by 1 person
Baie dankie en ons wens vir julle dieselfde toe. 😀 xxx
LikeLike