Toe Elvin Bishop in 1976 vir die mooie Jennifer Villarin ontmoet het hy halsoorkop verlief geraak. Die trefferliedjie hierbo is vir haar geskrywe en uit die twee se verhouding is ‘n pragtige dogter gebore, Selina Bishop.

Min het hulle geweet dat dit nie die liedjie sou wees wat hulle in nuusblaaie sou laat beland nie.

In Augustus 2000, word Jennifer en haar minnaar dood aangetref in haar tuinwoonstel. Albei doodgeskiet. Die polisie sukkel om Selina in die hande te kry. Daar word naderhand ‘n vermiste persoon bulletin uitgestuur.

Terselfdertyd, in ‘n naburige dorp, kom ‘n middeljarige dogter by haar ouerhuis aan. Daar lê vier dae se koerante in hulle sakkies op die voordeur matjie. Sy gaan huiwerig die huis binne en merk dadelik dat iets sinister hier gebeur het. Haar ouers nêrens, net haar pa se goue horlosie met gebreekte band tussen die sofa se kussings. Sy kontak die polisie dadelik.

Dit neem die polisie ‘n wyle om agter te kom die verdwynings en die moorde is een saak. Wat volg is afgryslik.

Laat ek nou twee broers, Glenn Taylor en Justin Helzer voorstel. Hulle het in ‘n uiters godsdienstige huis groot geword. Taylor word deur die LDS kerk na Brasilië gestuur en daar is net lof vir die werwing wat hy daar gedoen het.

Dis nie duidelik wanneer nie, maar die tyd in Brasilië het tot gevolg dat Taylot hom as uitverkorene van God beskou. Hy noem homself No. 1, en gou het hy sy broer (‘n versekeringsmakelaar) ‘n lid van hulle kerk, en verstoteling, Dawn Goodman indoktineer. Hulle het hulleself Children of Thunder genoem.

Hulle doel op aarde: om $1 miljoen dollar te bekom, Brasiliaanse wesies op te lei, hulle na Salt Lake City te bring, waar die Mormoonse Kerk aangeval sal word om al die leiers van die kerk om die lewe te bring, en dat Taylor dan as leier aangestel sal word sodat hy “Amerika kan red, en die koms van Jesus kan vervroeg.”

So waar begin mens met so taak? By die geld natuurlik. Danksy Justin se werk as makelaar, kan hulle mens met geld eien. So word die bejaarde Stineman egpaar hulle teiken. Die twee jongmans ontvoer hulle en martel hulle totdat die arme twee mense tjeks ter waarde van R100 000 onderteken.

Dawn Goodman word bank toe gestuur om die tjek te wissel, maar ‘n bankbestuurder wat die Stineman egpaar ken, weier om die geld in ‘n rekening in die naam van Selina Bishop (die sanger Elvin Bishop se dogter) oor te plaas. Die plan word net daar gefnuik. En dit hou geen goeie einde in nie.

Selina het met Glenn Taylor Helzer uitgegaan. Toe die polisie die legkaartstukke bymekaar begin sit, en Selina se ma en minnaar ook vermoor is, is daar vermoed dat Selina self deel van die groep misdadigers was.

Later het dit geblyk dat Selina net ‘n onwetende naïewe pion in die boosaardige spel was. Haar ma en minnaar is doodgemaak, omdat Taylor bang was haar ma kontak die polisie omdat hy haar ontmoet het.

‘n Jetski entoesias wat ‘n swart drasak in ‘n rivier opgetel het, het die saak se bisarre en bloedige einde ingehuldig. Polisie duikers het op die ou einde 9 sakke uitgediep. Die inhoud: Selina en die Stineamn egbaar se opgekapte liggame. Grusaam.

Die broers is ter dood veroordeel, en Goodman vir meer as 30 jaar tronk toe gestuur. Justin het in 2005 selfmoord in sy sel gepleeg.

Tragies en bisar. Mense se lewens verwoes en uitmekaar geruk oor ‘n narsis se ydelheid en waansin.

Elvin Bishop, wat intussen met iemand anders getroud is en ‘n tweede dogter Emily verwek het, is deur hel. Hy het geweier om met die media te praat. Nie dat dit die stroom van stories kon keer nie.

Op sy plaas, eenkant staan sy studio – Hog Heaven. In die donker dae na die moorde en die verhore het hy hier ‘n veilige hawe gevind. verswelg deur skok en seer, en so word sy volgende album gebore.

Dis ‘n string hartseer wat in hierdie tyd uitryg. Sy ma sterf, sy dogter en eerste liefde word vermoor, sy liefling oom sterf. En asof die mense om hom se dood nie al klaar genoeg is nie, sterf Kirby sy viervoet wagter. In ‘n rare onderhoud sê Bishop “daar was ‘n klomp dinge om te oorkom.”

Hy dra ‘n lied “He’s a Dog,” aan Kirby, wie se foto ook op die agterkant van die album verskyn. “What the Hell Is Going On” is ver verwyder van die ligte, ontspanne “Fooled around and fell in love.”

Die seer en blouer as blou Blues en sy rasper stem beklemtoon woorde soos: “Bombing and shooting … raping and killing … bloody murder … molesting … running airplanes into buildings … what the hell is going on?”

Ek lees in ‘n onderhoud hy verduidelik dit so: “I had to get the s — out of my system,” he said. “So this was pure therapy. I’m usually an upbeat person. But once in awhile, the s — gets so heavy you can’t smile about it.”

Inderdaad, hoe kan mens anders?

Sy musiek was sy terapie. Sy eie woorde: “I think that’s what blues is all about, is recycling bad feelings. It was invented by people who lived in impossible circumstances, and it was part of their way of dealing with it.”

Ek verstout my om te sê dat sy oorlewende kind en gesin ook sy wil om aan te gaan, aan sou gevuur het.


This is a deeply personal song for Bishop, who is popular Blues musician known for his energetic live performances. Says Bishop: “It was written after the murder of my daughter. She disappeared, and for a couple of weeks – it was a really terrible experience – nobody knew where she was, kind of suspected the worst but didn’t really know. And then I picked up a newspaper on the street one day out of a box, and I read that she had been found cut up in pieces.”

Die musiek wat ons luister is meer as net musiek, dis lewensverhale. Hierdie verhaal tussen twee uiteenlopende snitte tragies en grusaam.

NS. Ek moes net die storie vertel, het dit op Crime Channel raakgeloop. Die ware lewe altyd vreemder as fiksie.