
Sy sit voor die spieël want Hester sê sy moet. Niks klagtes oor die ontboesemende ervaring wat so per uitdaging vanmore hier aangeland het nie. Nou ja Hester Sintester en al die maats, ek hoop julle en my blog oorleef wat volg.
Wie is ek?
Lank gelede is ek by die werk onderwerp aan ‘n Myers Briggs toets. Ek was in my laat dertigs. ENTJ – Commander kom die uitslag. Hierdie aanhaling in die kol:”I don’t care if you call me an insensitive b*****d, as long as I remain an efficient b*****d”.
Daar is dinge wat van my ‘n vegtende stekelrige kommandant in my jonger lewe gemaak het. Binne sewe jaar van my sewentiende jaar het ek ‘n pa se dood, verhuising, universiteitstudies, ma se selfmoord, eie huwelik en egskeiding beleef.
In die hoek ingeverf deur die lewe. Ontspoor, geheel en al roekeloos, reddeloos in die moddervoor beland. Ek kry my jonger self eindeloos jammer, maar bewonder haar ook. Sy het in die hoek ingeverf deur gebeure, geraas en geskreeu en warempel stil die muur agter haar oop gegrou om te ontsnap.
Wat het sy reggekry?
Sy het Rots gevind en haar liefste Bab. Maar waarvan sy weggevlug het was klomp bang, seer en onafgehandelde emosies. Haar verliese klippe in haar borskas wat haar saam met Prozac hol uitgekalwe het. Gedink as sy die heel beste is in alle wat sy aanpak, almal vir haar sal lief wees, mense haar nie sal teleurstel en haar verlaat nie.
Siestog. Hoe simpel. Sy moes harde bene kou, want prestasie het haar ‘n hoë boom gemaak. Lekker was die wind in h aar hare, maar ai, die gepis teen haar bene..branderig irriterend.
Wat het van haar geword?
Sy het ouer geword, die klippe van seer fisies gaan begrawe. Rêrig – twee spoelklippe wat my ouers en ander verliese verteenwoordig gaan koop, vir my sielkundige gevat. Sy vra my wat sy nou met my klippe moet maak, dis nie hare nie. Daai selfde dag het ek by my grootouers se graf met my kaal hande die harde grond oop gegrou en saam met ‘n ontstelde begraafplaas werker, my seer begrawe.
Goddank, dis meer as twintig jaar gelede. En ek was nie ‘n rasegte ‘commander’ nie – dit was wat nodig was om te oorleef. Want ek het bly soek, en my hertoets. Ek is eintlik ‘n volbloed Campaigner (ENFP-T) Nie binne die Myersbriiggs 16 persoonlikhede nie, so eenkanterig. Introverte ekstrovert, baie intuïtief, vol emosies en altyd op soek na iets.

Daar was nog lang paaie vorentoe, maar daar het ek begin leer dat jy na jouself moet kyk, moet liefhê sodat jy ander kan liefhê. Ek moes leer om met Bloubekruip die gemoedsbekak hond saam te leef. My liefie mense ook. Ek moes my ma vergewe, leer dat dit nie haar selfmoord was nie, maar my keuses hoe ek dit hanteer het, wat my wêreld na ‘n aardbewing in ‘n foutlyn laat lyk het.
It doesn’t interest me what you do for a living. I want to know what you ache for – and if you dare to dream of meeting your heart’s longing. It doesn’t interest me how old you are. I want to know if you will risk looking like a fool – for love – for your dreams – for the adventure of being alive.
Oriah Mountain Dreamer
Ek is uitgebrand aan mense en prestasies, ek dink dit het julle wat by my blog kom kuier al lankal uitgevind. Ek is kwaai, reguit, soms taktloos (maar nie om aspris seer te maak nie) net omdat die waarheid vir my baie saak maak. Omdat ek al soveel aan my eie bas ervaar het. Agter al die kwaai is daar ‘n groot hart weggesteek. Die verstotene, die swaarkry mens, sal ek altyd voor wil rasie lei.
Ek is oral besig met lees, en navors en oplees. Ek is nuuskierig, dié dat goeie joernalistiek my opgewonde maak. Ek glo ons lewe is ‘n ineengevlegde tapisserie en die swart drade van seerkry is nodig om die mooi en goeie dinge wat in volkleur geweef is te laat uitstaan. Mens moet soms terugstaan om die hele prentjie te sien. Diep kyk na alles.
Ek is baie dankbaar God het oneindige liefde en geduld – ek is ‘n woelige kind, altyd vraend, soekend. Hy met enigste Ware Noord. Nie konvensioneel in my uitoefening nie – kerk en roetine en mens reëls en dogma het ek ‘n broertjie dood aan. Ek bewonder mense wat binne gemeentes en groepe hulself en hulle geloof uitleef. Ek doen rêrig . Maar hoe my eie doop oor, en ook my Engelse pa se begrafnis in die Afrikaanse kerk oor gewroeg is, hoe my ma se selfmoord deur ‘n kerkraad hanteer is. Ek sukkel met pretensie, daarom is my Bybel van alleen- en in gesinsverband lees, eseloor en verkreukel. My Here my enigste ouer, ek klim graag op Sy skoot. Die wat saam met ons ekonomie pleeg se huise en kinders se nood my armsorg en tiende.
Goed waarvan ek nie baie hou nie
Ek kan bollie gou aanvoel en raaksien, en kan soms dinge verkeerd aanpak omdat ek impulsief, voor ek alles deurdink, tot aksie oorgaan. Ek gee nie om om moeilike take aan te pak nie. Sal jou met liefde en sorg deur krisisse help, maar o gonna, as jy simpel aanhou wees, dan het ons ‘n probleem. Dit kry ek swaar mee, en ek hou nie van die deel van my nie.
My humeur – omdat my traumas in ‘n redelike hormonale fase gebeur het, sit ek as sestigjarige met ‘n tiener se vreeslike woede. Vrek, dis snot en trane en bewerasies. Nie ‘n mooi gesig nie! Ek dink dis hoekom ek so heerlik op die plaas alleen bly. Die tiener humeurtjie vas aan die slaap. Lekker!
Ek is die koningin van uitstel op wat ek vir ‘n feit weet gedoen moet word. My stories in my kop. Ek leef al tien jaar saam met ‘n karakter, Sophia is haar naam, en dié se storie. Ek sal baie entoesiasties vertel, maar o griet, die storie klaar skryf ? Nee, ek bak beskuit, speel Bubble Witch, lees, blog, speel met die honde. Sophia is al moedeloos, sy besoek my in my drome.
Ek kan vertel hoe iets gedoen moet word tot in die fynste detail. Ek kan strategie beplan, maar as jy nou ‘n gemors wil sien, vra my om te liasseer, of om administratiewe werk te doen en agter ‘n lessenaar met ‘n rekeninge program.
As ek iemand bevriend, dan is jy verseker van ‘n klaagmuur, ‘n afsaal plek en dat jou groot geheim nooit by my hart sal uitstap nie. Dit breek my hart as verhoudings nie vlot nie.
Wat ander sê
Wat ander mense van my sê, skeel my nie meer nie. Opinies sal van bewondering tot uiterse haat wissel. Mens is mos nou nie elke mens wat jy teëkom se koppie tee nie. Elke diertjie sy plesiertjie.
Mense vertel ek lyk jonger as my 60 jaar, maar glo my dis van dik wees al van altyd af. Die vetjies hou die plooie weg. Ek hoor van my mooi vel en die vonkel in my oë. Maar ek was nog nooit die vrou wat mans in lamppale laat vasloop, of so nie. My een ydelheid -ek is dol op my “Knowing” parfuum. Selfs al loop ek in ‘n ou sweetpakbroek en t-hemp by die huis, ‘n spuitjie op my pols sal daar altyd wees. Glad nie lief vir swaar grimering nie.
Mense beny my wonderlike verhouding met my kind. Ek is geseën dat my eie beste vriendin onder my hart gegroei het. Die mooiste siel, pasgemaak met die bestendigste geaardheid spesiaal vir haar gek ma! En my Rots, wat vasstaan, met sy eie foute en nukke – my vriend wat alles van my weet, en steeds vir my lief is.
Die wat my liefhet, weet wat hulle aan my het. ‘n Bemoediger, lojaal en nie bang om te erken sy is verkeerd nie, maar ook nie bang om moeilike goed by die horings te pak nie. Quid pro quo – wat jy uitdeel, moet jy kan vat.
So om Vuurvliegie op te som, as jong volwassene Gordon Ramsey-kwaad, en jare later uitgekom by Robert Downey (Jr.) -rustigheid en dromery. Op die buiteveld en aan die loop op die maat van my eie unieke drom.
Halleluja dat mens voortdurend kan groei en ontwikkel in jou eie vel, sou ek sê. 😉
Hier is die Inlinkz-skakel vir die uitdaging wat vandag om 12:00 pm open:https://fresh.inlinkz.com/p/6061e1ded6fa403bb328f7fe5decfe6d
Bloggers wat nog nie voorheen deelgeneem het aan ons Lê-Jou-Eier bloguitdagings nie: Om raad te kry oor hoe om deel te neem en om elke week se aankondiging van die nuwe onderwerp te sien, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het aan verlede week se uitdaging. Wat dink julle van die nuwe InLinkz? Die veranderinge wat hulle ingebring het, is in lyn met die GDPR (General Data Protection Regulation) en daarop gemik om kuber-gebruikers se privaatheid ten alle tye te beskerm. Daar is nog ‘n paar probleme wat uitgestryk moet word (hulle praat nog nie die Taal so lekker nie, haha) maar andersins werk dit gaaf.
The post Lê-Jou-Eier: Eienskappe wat jou jý maak appeared first on Dis Ekke.
Aangename kennis mooi mens. Ek is dankbaar om in blogland onder jou vrinne genoem te word. Ek salueer jou vir die pad wat jy moes loop, en dat jy aanhou stap. Mag jy onder die swarigheid uitstap as die tyd reg is
LikeLiked by 1 person
My pad het immer nog ‘n draai in die pad, maar loop sal ek loop.😉
LikeLike
Ek weet jy sal en daar is n skare wat jou toe juig
LikeLike
Jy is ‘n dierbare maat. 🌻
LikeLike
❣
LikeLike
Nadat ek hierdie gelees het, wens ek dat ek jou persoonlik kan ontmoet. Jy klink na my soort mens!
LikeLike
Ons twee kliek mos al van ons eerste blogland avonture….birds of a feather. Julle klomp beteken vir my baie meer as wat julle kan raai.
LikeLiked by 1 person
Darem wonderlik dat mens so deur die lug ‘n aanklank kan vind. Sulke tye is ek bly dat ek nie té tegnologiesgestremd is nie..😄
LikeLike
Daar praat jy waar. 🤗
LikeLiked by 1 person
EK dink Hester het met hierdie uitdaging ‘n wonderlike nuwe wêreld laat oopgaan, want hierdie rou ware inkyk na jouself laat my voel ek kan ook maar…dis okay Dis veilig. Ek het jou so leer ken en ek laaik jou van dag een af…daar is nogal ‘n paar ooreenkomste, soos eerder Bubble witch speel as om my radioprogram aanmekaar te sit….
LikeLiked by 1 person
Woordnoot, die gevoel is wederkerig. My Bubble Witch naam is Ertjies.😉
LikeLike
Ek moet erken..ek het Bubble witch verruil vir Township….ek is die grootste tycoon op blogland…en die rykste!!!
LikeLike
Hehe…hulle sê ” creativity and procrastination go hand in hand”…
LikeLike
Vrekkit…dis die grootste slegte eienskap wat ek het….daai procrastination….ek dink ek het die hele pot gegryp toe dit die dag uitgedeel is.. het gedink dis nougat!!!
LikeLiked by 1 person
Ek en jy saam…
LikeLike
😂😂
LikeLike
Jy skryf sowaar trane in my oë in en dan vee jy sommer weer my nat wange af. Ek is baie bly ek het jou ontmoet en dat ek al so ‘n klein entjie saam met jou kon loop. Ek hou van jou siel, jou entoesiasme en jou krag.
LikeLiked by 1 person
Hester, survivor, vegter, voorloper, reguitprater. Ek is die geseënde ene hier.🤗
LikeLiked by 1 person
Mwah!
LikeLike
Ek is stil verstom. Vuurvliegie, en jy mag nie weer sê ek is ń rasie-leier nie, onthou ek is op ń fyngevoelige plek… Maar hierdie is uitstekend geskryf! Ek hou van jou hoor, en selfs al wil jy, sal jy my nie uit jou lewe kan wegjaag nie. Nooit nie.💖
LikeLiked by 1 person
🤗Ek laaik jou ook, baie.
LikeLike
🤗
LikeLike
Daai vrou in die spiel voor jou is pragtig en uniek en baie talentvol
LikeLike
Ai, vol draadwerk, maar baie dankie🤗
LikeLike
Jissie maar jy is mooi hoor!
Binne en buite. Al is jy kwaai voel ek jy is ‘n mamma-mens vir enige iemand. As dit sin maak. 🙂
LikeLiked by 1 person
Ek het klomp kinders van ander mammas wat my lewe vul en my opsoek – dis waar, kwaaigeid en al. 😉
LikeLiked by 1 person
Jy is so inspirasie vir my.
LikeLiked by 1 person
Wow tot teen die been vol afwagting en verwagting vir die vlg paragraaf. Mag ek sê ek ken jou miskien nie, maar ek dink ek KEN jou 😚
LikeLiked by 1 person
Spieëltjie, spieëltjie. Wat sien jy…😉
LikeLike
‘n Mens wat voorwaar betroubaar is met hope integriteit. Iemand wat ek sal vertrou xxx dit gebeur baie min noudat ek ouer word. So dit is ‘n groot kompliment 🤗
LikeLike
Soos Ellen deG sê:”Back at you “🤗
LikeLiked by 1 person
Ek het nie woorde gehad om vir jou iets te sê toe ek hier gelees het nie….en nou ‘n dag later en ek het nogsteeds geen woorde nie. Nie alle mense hou van “touch” nie….maar ek hou mense vas en gee hulle ‘n drukkie. Dis wat ek vir jou kan gee.
LikeLiked by 1 person
Dankie liewe Kameel. Ek is mal oor drukkies omdat ek op die pad soveel drukkies misgeloop het. 🤗
LikeLiked by 1 person