Dankie Eskom. Die krag is af, midde in Fish Friday (op Donderdagaand) in die oond vir tien minute…. tjippies in die air fryer. Hier sit ek rustig met my merlotjie oppie stoep. Die nonnetjies uil tjier verbaas, was besig om in die stoeplig ‘n muis te jag, en kierts stikdonkerte.

Rots en Bab druk oral die kits led liggies in die deurkosyne aan, die verlengkoorde word uitgerol, en daar gaan die kragopwekker aan. Wêlakepêla….ons gaan nou rustig met die air fryer kossies klaarmaak, en ek gaan my tweede ( of derde) merlotjie skink. Oppie stoep, wonder wie maak die tarentale in die donkerte so kwaad.