Genade.

Kry vanmore ‘n epos van iemand wat nie lus het om die hele prentjie te sien nie. Ek het maar eers asemgehaal en tien getel, en weer my kant van die saak op skrif gestel. Het ons tot ‘n vergelyk gekom? Nee. Ek is blameer vir mense indoen, blaam verplasing, en die kersie op die koek word die korrespondensie afgesluit met “die wiel draai.”

In my besigheid, as ek aan neuk en nie aan my kliënte se behoeftes en versoeke voldoen nie, stap hulle met hulle rande by die voordeur uit en al wat jy sal sien is hoe my onderneming se bloed in die pad afloop. Morsdood. Weg. Poegaai. Oor en uit.

Ek was baie lus om die jongman ‘n antwoord te stuur, maar mens, ek is al lank in die land. Hy ken my nie werklik nie, en sy “die wiel draai” moet maar daar bly, sy laaste sê.

Die wiel draai weliswaar vir ons almal. Ek kan maar net hoop dat dit vir almal insink dat as die wiel dan nou moet draai, dan is een soms onder, ‘n ander bo. Dis maar so.

Dis ‘n jong mens en die brief is deurspek met spel en taalfoute en as ek so kyk, skaamkwaad. Maar dis nie die saak nie. As jy belowe om iets te doen, dan doen jy dit. As jy diens lewer, dan lewer jy diens. Jou kliënt die persoon wat jou binne die ooreenkoms lei. Of is ek nou ou-wêrelds?

The Wheel has turned, for better or worse.
And it will keep on turning,
As lights die and forests dim,
Storms call and skies break.
Turn it will.
The Wheel is not hope,
And the Wheel does not care,
The Wheel simply is.
But so long as it turns,
Folk may hope, folk may care.

For with light that fades, another will eventually grow,
And each storm that rages must eventually die.
As long as the Wheel turns. As long as it turns…


Doreille Torghin, ‘n karakter in Robert Jordan se epiese reeks The Wheel of Time

O, ja, van goete wat draai gepraat. Al hou ‘n horlosie se wiele op draai – selfs in sy stukkendheid, is hy een keer bedags reg. Sela.