Hier is ons tweede #Woordsnoer-uitdaging se string. Tyd vlieg!

Hoe heerlik om een week per maand ‘n lys woorde (25), uit blokraaie wat ek voltooi het en ook annerlike sê goed vir julle op te tower, sodat ons lekker saam kan woordsnoer.

  • Triton  
    Triton het verskeie betekenisse en kan die rigting van jou relaas bepaal…gaan lees gerus – kliek op die skakel)
  • diereriem
  • ageer
  • skedonk
  • iris
  • ode
  • ruis
  • koukus
  • esoteries
  • moegoe
  • been
  • eina
  • lofrede
  • keur
  • brak
  • snipper
  • skelet
  • kompak
  • nimf
  • seer
  • neem
  • idealis
  • mollusk
  • gaffel
  • opkrop

Ekstra lof as jy die sêgoed ook inskrywe:

“Gaan reg deur die see” – wees eerlik (Bron: Wat Praat Jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings. Saamgestel deur Johanna de Wet. Protea Boekhuis Pretoria. 2014.)

Palielie (ww)- 1. Pareer, dws leun, steier, ‘n tree gee, met die hande ondersteun of iets dergeliks doen om nie te val nie of die ewewig te behou (Ceres, Clanwilliam, Kraaifontein, Malmesbury, Piketberg, Redelinghuys, Upington)  2. Paai, soebat of met oorleg of omsigtigheid hanteer (Namakwaland) Sinonieme:pampalielie, pelielie. (Bron: Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal. Anton F. Prinsloo. Protea Boekhuis. Pretoria. 2008.)

Heeltyd, terwyl ek hierdie voorberei het, maal hierdie deur my kop. Lees en luister en laat die #woordsnoer-muse jou lei…

“Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –

dis ‘n rots waarop my huisie staan.

H.A.Fagan (1889-1963)
“Ek het ‘n huisie by die see” uit Soos die windjie wat suis en ander gedigte, 1949

Laurika Rauch – Ek het ‘n huisie by die see

Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :

Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.

Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.

Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!

https://fresh.inlinkz.com/p/fc81e88db2e742a4bc7e4b37c8f99154

Speel en dink en verbeel en skryf met ons mooiste taal.

Lekker snoer.