Hier is ons tweede #Woordsnoer-uitdaging se string. Tyd vlieg!
Hoe heerlik om een week per maand ‘n lys woorde (25), uit blokraaie wat ek voltooi het en ook annerlike sê goed vir julle op te tower, sodat ons lekker saam kan woordsnoer.
- Triton
Triton het verskeie betekenisse en kan die rigting van jou relaas bepaal…gaan lees gerus – kliek op die skakel) - diereriem
- ageer
- skedonk
- iris
- ode
- ruis
- koukus
- esoteries
- moegoe
- been
- eina
- lofrede
- keur
- brak
- snipper
- skelet
- kompak
- nimf
- seer
- neem
- idealis
- mollusk
- gaffel
- opkrop
Ekstra lof as jy die sêgoed ook inskrywe:
“Gaan reg deur die see” – wees eerlik (Bron: Wat Praat Jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings. Saamgestel deur Johanna de Wet. Protea Boekhuis Pretoria. 2014.)
Palielie (ww)- 1. Pareer, dws leun, steier, ‘n tree gee, met die hande ondersteun of iets dergeliks doen om nie te val nie of die ewewig te behou (Ceres, Clanwilliam, Kraaifontein, Malmesbury, Piketberg, Redelinghuys, Upington) 2. Paai, soebat of met oorleg of omsigtigheid hanteer (Namakwaland) Sinonieme:pampalielie, pelielie. (Bron: Annerlike Afrikaans. Woordeboek van Afrikaanse kontreitaal. Anton F. Prinsloo. Protea Boekhuis. Pretoria. 2008.)
Heeltyd, terwyl ek hierdie voorberei het, maal hierdie deur my kop. Lees en luister en laat die #woordsnoer-muse jou lei…
“Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –
dis ‘n rots waarop my huisie staan.
H.A.Fagan (1889-1963)
“Ek het ‘n huisie by die see” uit Soos die windjie wat suis en ander gedigte, 1949
Wil jy saam woordsnoer? So maak mens :
Jy kan ‘n enkele woord as inspirasie vonk gebruik of al die woorde – nes jy lus het.
Skryf dan jou blog. Maak seker om die woord (e) in vetdruk (bold) aan te dui in jou skrywe.
Onthou om die prentjie hierbo en ook die skakel hieronder in jou bydrae in te sluit. En moenie vergeet om jou bydrae op Inlinkz te gaan aanhaak nie!
https://fresh.inlinkz.com/p/fc81e88db2e742a4bc7e4b37c8f99154
Speel en dink en verbeel en skryf met ons mooiste taal.
Lekker snoer.
Dit klink sommer lekker Vuurvliegie. Woorde EN sêgoed. Ek willie-meer-werkie, ek wil liewer nou snoer. Te veel hooi op my vurk vandag en ek moet nog swem ook. Maar ek gaan hierdie een geniet.
LikeLiked by 2 people
Ek is bly! Werk en swem en dink solank snoere- ek kon nie die annerlike Afrikaans uitlos nie….
LikeLiked by 1 person
Jy weet daai woord “annerlike” kom ook uit my loopwêreld, nè! Ek laaik.
LikeLiked by 1 person
Ek weet! Dis ‘n wonderlike loopwêreld om te leer Afrikaans! Die woordeboek is ‘n fees – gaan solank ons snoer vir julle lekker uitdaag!
LikeLiked by 1 person
Klink na ‘n heerlike uitdaging!
LikeLiked by 2 people
Hallo Perdebytjie! Nou toe – ek wag! 😉
LikeLiked by 1 person
My oë rek alweer, hier is ñ paar woorde tussen-in wat ek nie ken nie…
LikeLiked by 1 person
Jy mag nie hiervoor nee sê nie! 😉
LikeLike
Nie bang vir ń uitdaging nie.💃
LikeLike
Whoohoo!
LikeLike
Joe! Jy was regtig ernstig toe jy gesê het jy gaan hom laai volgende keer!
LikeLiked by 2 people
Julle klomp is so kreatief, ek dink nie mens kan sommer iets bo julle vuurmaakplek uitdink nie.
LikeLiked by 1 person
O né?!
LikeLike
Ag nee man Vuurtjie, hierdie is nou n erge challenge….
LikeLiked by 1 person
Nou toe, ek het klaar gebabbel.
LikeLike
Skuus man, huishou en so het my van gesels weggehou.🤗
LikeLike
Niks ekskuus nie, ek wil maar net sê ek het geskryf.
LikeLike
Begeesterd of het Triton se vurk jou gepor?🤔😉
LikeLiked by 1 person
Enige iets om nie te doen wat ek nou MOET DOEN NIE.
LikeLiked by 1 person
🤣
LikeLike
Sjoe nou gaan ek hele naweek tob oor wat om te skryf en hoe. Gelukkig is daar genoeg woorde om te kan gebruik. Nou net n storie daarby inmeng.
LikeLiked by 1 person
Sjoe…en al hierdie mooie woorde en dit terwyl my muse nog steeds MIA is…..
LikeLike
Vra vir Toorts – Laurika en Triton se vurk werk wondere…hehe!
LikeLiked by 1 person