
Die foto hierbo is om 16h00 Dinsdag 12 Februarie 2018. Dit is die Savannah Mall in Polokwane. Al 87 die winkels buiten Woolworths, hulle het hulle eie kragopwekker, was toe. Twee ure voor amptelike sluitingstyd. 87 besighede en al die banke se personeel, wat betaling moet kry, huur wat betaal moet word, kragtoevoer wat betaal moet word…is gedwing om te sluit. Dis nou die reuse plek hieronder, toe verlate, net Woolworths se kragopwekker so eensaam soos Lisa se klavier wat in die gange eggo.

Want ESKOM.
Want die Guptas.
Want ons leierskap.
Want korrupsie.
Cosatu verf strate rooi oor werkskepping, korrupsie en armoede. Waar sal hulle kruisies getrek word op die stembriewe op 8 Mei 2019?
Het julle gehoor wat die week uit Julius Malema se mond gebraak is? Ek stem saam met Herman Funk van die SA First Forum. Hierdie man is gevaarlik.
“If anyone still doubted that Malema is a dangerous demagogue needs to listen to his speech from last night. He stated that the ANC sold its sole to white racists because of Bosasa, ignoring VBS, PIC, the Gupta scandal, the SOE debacle and many more. He is a typical power hungry politician who couldn’t give a shyte about the poor.” – Hermann Funk (in group SA First Forum)
Wat is die uiteinde vir Suid-Afrika. Wat is die plan van die politici of toutrekkers van die marionette wat politiek bedryf?
Dit gaan so in die meer as 82 groter metros en dorpe van ons land, al van Sondag af. Dit was skielik, onverwags, tot die Prez is geskok (skuus die sarkasme)
82 burgemeesters, 9 provinsiale regerings, 400 plus parlementslede – almal verdien salarisse, want ons laat hulle toe. Meneer Malema sit ook daar, betaald.
Op 13 Februarie berig die Verenigde Nasies hulle beraam daar is 57 810 656 mense in Suid-Afrika. Net oor 5 miljoen daarvan Afrikaanse, Engelse en Europese herkoms. Meeste Afrikaners is ‘n Afrika hibried, uniek, klaarblyklik ongewens as mens so luister na die modder slingery oor alles wat verkeerd is. Want Apartheid. Maar kom ons laat dit daar.
Volgens die Onafhanklike Verkiesing Kommissie (OVK) is 26.1 miljoen mense van die ouderdom 16 en op stemgeregtig. In 2016 het net 57,6% kiesers hul kruisies getrek.
Die werkloosheidsyfer staan op 27,1%, meer as 15 miljoen mense wat spartel om te lewe. Baie van hulle kan stem. Dis hulle wat mislei word, wat kwaad gemaak word. Dis oor hulle, wat ons wat kan, moet doen wat ons kan. Wat soos Nehemia en sy mense moet werk om dit wat voor jou is op te bou. Want aan groot prentjies kan gewone mense min doen, maar ek weet ook gewone mense kan groot dinge vermag. Mits hulle wil.
Beskou suid-Afrika. Lees die plekname:
Alice, Butterworth, East London, Graaff-Reinet, Grahamstown, King William’s Town, Mthatha,, Port Elizabeth, Queenstown,Uitenhage, Zwelitsha, Bethlehem, Bloemfontein, Jagersfontein, Kroonstad, Odendaalsrus, Parys, Phuthaditjhaba, Sasolburg, Virginia, Welkom, Benoni, Boksburg, Brakpan, Carletonville, Germiston, Johannesburg, Krugersdorp, Pretoria, Randburg, Randfontein, Roodepoort, Soweto, Springs, Vanderbijlpark, Vereeniging, KwaZulu-Natal, Durban, Empangeni, Ladysmith, Newcastle, Pietermaritzburg, Pinetown, Ulundi, Umlazi, Giyani, Lebowakgomo, Musina, Phalaborwa, Polokwane, Seshego, Sibasa, Thabazimbi, Mpumalanga, Emalahleni, Nelspruit, Secunda, Klerksdorp, Mahikeng, Mmabatho, Potchefstroom, Rustenburg, Kimberley, Kuruman, Port Nolloth, Bellville, Cape Town, Constantia, George, Hopefield, Oudtshoorn, Paarl, Simon’s Town, Stellenbosch, Swellendam, Worcester.
Die ekonomie van ons land word hier gepleeg, mense leef hier. Dan is daar belangrik ook die landelike gebiede van ons land – mense in armoede, sonder water, krag en ander basiese dienste. Maar dit weet ons almal.
Daar word meer as 22000 stembusse beplan vir Mei se verkiesing om weer 82 burgemeesters, 9 provinsiale regerings en 400 plus parlementslede te verkies.
Ek sal ook benoud wees as my salaris op die spel is. Maar wragtig, ek bid die mense praat hard en duidelik met hulle kruisies. Ek bid dat elke stemgeregtigde sal stem. Ons land is in die mis – kniediep. Ons moet almal nou moue oprol.
President Ramaphosa het gister op die Vaaltyndag rose uitgedeel vir die vroue (ons is die meerderheid van die bevolking het julle geweet.) Was vir my nogal insiggewend die overture van CR. Maar die rose wat hy uitdeel het dorings, dit laat ons bloei.
Tyd om dorings te stroop is hier. As vroue – ouma, ma, ega, beminde van mans wat meestal regeer – besiel almal om jou, ry hulle aan as jy kan. Gaan stem en stem met wysheid en ons kinders se kinders se kinders in die oog.
Ondersoek die manifeste van die ANC, DA, EFF, COPE, VFPlus. Kyk na die nuwe spelers BLF, Hope, ATM. Flippit maak Google jou navors vennoot en pasop vir bangmaakstories en fopnuus. Vergewis jou van wie, wat, waar, hoekom.
As die pres Eskom wil red deur kundiges wat die land verlaat het te laat terugkom en hy roep Thuma Mina, kom ons maak so. Vorentoe die opdraand op na ‘n beter Suid-Afrika. Gaan trek daai blerrie kruisie, en sorg dat jy ander inspireer om dieselfde te doen.
Jou kruisie gee jou ‘n sê. Jy mag dan opinies lug. Indien nie – hou dan voort aan jou mondjie bot toe en die vingertjies in gebed gevou pleks van via Vuisboek en Twitter kommentaar wil braak.
Verskille word deur daadwerklike aksies gemaak. Laat ons die regte burgemeesters, provinsiale regeerders en parlement in die stoel kry. Laat hulle werk vir daai eer en vergoeding. Laat die wil van die mense praat. As jy jou wip hieroor: Kry ‘n chomp ou grootbek. Kry ‘n chomp en kou daar aan. En as jy klaar is, bid vir ons land en al sy mense. Gister is hoeka verby.

Netso…ek kon dit nie beter verwoord nie!
LikeLiked by 1 person
Ek kan nie meer stilbly nie. Wag maar vir die onvermydelike hamerhoue en woede, want ons verskil almal so vreeslik.
LikeLiked by 1 person
Die waarheid is die waarheid…politike korrektheid het ons net mooi nêrens gebring nie!
LikeLiked by 1 person
Jip. Dis ons verantwoordelikheid om te gaan stem.
LikeLiked by 1 person
Viva! Lekkervurig vir president!
LikeLike
Jinne nee. Daar sal vol tronke wees. 😉
LikeLiked by 1 person
Juis! 😂
LikeLike
EK bewonder jou vuur. EK moet bieg. EK is al halfpad na gelate.
LikeLike
Kom. Draai om.🤗
LikeLike
😕😔😔😔😔
LikeLike
As n jong Suid-Afrikaner is ek so moeg dat apartheid die skuld vir onbevoegheid en die wreede moorde kry
LikeLike
Dis erg. Politiek is ‘n vuil spel. Hulle onthuts mens om op die agtervoet te hou, sodat korrupsie en al daai dinge verdoesel kan word. Dis maar wat ek ervaar. Ons land het baie werk verseker.
LikeLike
Ja en ontken die moorde dit maak my die kwaadste
LikeLike
Vurig so reg na my hart! Dit maak my ook woedend as mense oogklappe aan het en dan maak asof daar niks verkeerd is nie. Ek besef dit help nie om te kla nie maar man as almal net wil saamstaan. Soos jy sê, gaan stem net, al stem jy dan ook al vir wie ook al, elke stem is belangrik. As jy so van daardie Malema mannetjie praat sien ek die ou wat saam met my in bib gewerk het. Hy is familie van Malema en het dieselfde mentaliteit gehad in sy werk. Ek voel sommer om moord te pleeg as ek net daaraan dink. Dis so onregverdig teenoor die opkomende jeug. Die ou indoenas moet hul koppe laat lees en hul geld oorgee aan plekke waar dit hoort.
LikeLiked by 1 person
Dit is baie goed geskryf. 💕
LikeLiked by 1 person
En weer, as jy nie stem nie het jy nie ‘n stem as dinge malraak nie – dan MOET jy nes jou geen stem ook geen klank hê nie!
LikeLiked by 1 person
Net so.
LikeLike